LEVÍTIKUS 26

Belofte en bedreiging.

1 JULLE mag vir julle geenafgode maak nie;en ’n gesnede beeld of ’n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is dieHerejulle God.

2 My sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is dieHere.

3 As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,

4 sal Ek jullereëns gee op die regte tyd, endie land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.

5 Endie dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, enjulle sal jul brood volop eet enveilig in julle land woon.

6 Ook sal Ek vrede gee in die land, sodatjulle sal lê en rus sonderdat iemand julle skrikmaak; en Eksal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geenswaard sal deur julle land trek nie.

7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.

8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.

9 En Ek salMy na julle wend enjulle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.

10 Julle salou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe.

11 En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.

12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My ’n volk wees.

13 Ek is dieHerejulle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.

14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;

15 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek —

16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik:die tering en die koors watdie oë verteer en die lewe laat versmag;julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.

17 EnEk sal my aangesig teen julle rig, sodatjulle voor jul vyande verslaan word; enjulle haters sal oor julle heers, enjulle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.

18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om jullesewevoudig weens julle sondes te tugtig.

19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, ensal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.

20 En jullekrag sal tevergeefs verbruik word, wantjulle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.

21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.

22 En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodatjulle paaie verlate sal wees.

23 Enas julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit,

24 sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.

25 EnEk sal ’n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, salEk pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.

26 As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee;en julle sal eet, maar nie versadig word nie.

27 As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,

28 sal Ek Myin grimmigheid teen julle versit, en Ék sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.

29 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.

30 EnEk sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg enjulle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal ’n afsku van julle hê.

31 En Ek sal julle stede puinhope maak enjulle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.

32 Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon,daaroor verstom sal staan.

33 EnEk sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ’n wildernis en julle stede puinhope word.

34 Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.

35 Al die dae van sy verwoesting sal dit rus — die rus wat dit nie gehad het in jullesabbatte toe julle daarin gewoon het nie.

36 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het —Ek sal in hulle hart ’n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodatdie geruis van ’n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos ’n mens vir ’n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.

37 Enhulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; enjulle sal voor julle vyande nie kan standhou nie.

38 Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.

39 En die wat onder julle oorgebly het,sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.

40 Dan sal hulle hul ongeregtigheidbely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,

41 sodatÉk My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of,as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,

42 sal Ekdink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.

43 Maar die land moeteersvan hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en húlle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeningeverwerp en hulle siel van my insettinge ’n afsku gehad het.

44 Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is,verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n einde aan hulle sou maak enmy verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is dieHerehulle God.

45 Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaderswat Ek uit Egiptelandvoor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ’n God te wees. Ek is dieHere.

46 Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat dieHeretussen Hom en die kinders van Israelby die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 + 17 =