LEVÍTIKUS 19

Verskeie skaduagtige en sedewette insake die godsdiens.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle:Heilig moet julle wees, want Ek, dieHerejulle God, is heilig.

3 Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, enmy sabbatte hou. Ek is dieHerejulle God.

4 Begeef julle nie totdie afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is dieHerejulle God.

5 Enas julle ’n dankoffer aan dieHereslag, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

6 Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.

7 En as dit tog op die derde dag geëet word, sal dit ’n onrein ding wees; dit sal nie met welgevalle aangeneem word nie.

8 En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan dieHere, het hy ontheilig. Daarom moet dié siel uit sy volksgenote uitgeroei word.

9 Enas julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.

10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is dieHerejulle God.

11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.

12 En julle mag nievals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is dieHere.

13 Jy mag jou naaste nieverdruk of beroof nie.Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.

14 Jy mag ’n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is dieHere.

15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.

16 Jy mag nie as ’n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is dieHere.

17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie.Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.

18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maarjy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is dieHere.

19 Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie.Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie.En ’n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.

20 En as ’n man vleeslike gemeenskap het met ’n vrou wat ’n slavin is, vir ’n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie.

21 Enhy moet sy skuldoffer aan dieHerebring by die ingang van die tent van samekoms — ’n ram as skuldoffer;

22 en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van dieHereweens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.

23 En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees; daar mag nie van geëet word nie.

24 Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte ’n heilige feesgawe aan dieHerewees;

25 en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet —dit allesom hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is dieHerejulle God.

26 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Jullemag nie met verklaring van voortekens ofgoëlery omgaan nie.

27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.

28 Jullemag ook ter wille van ’n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in jullevelmaak nie. Ek is dieHere.

29 Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.

30 Julle moet my sabbatte hou enmy heiligdom ontsien. Ek is dieHere.

31 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is dieHerejulle God.

32 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ’n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is dieHere.

33 Enas ’n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie.

34 Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ’n kind van die land wat onder julle is.En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is dieHerejulle God.

35 Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie.

36 Julle moet ’n regte weegskaal hê, regte weegstene, ’n regte efa en ’n regte hin. Ek is dieHerejulle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.

37 Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

thirteen − five =