LEVÍTIKUS 23

Wette oor die groot feeste.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle:Die feestye van dieHerewat jullemoet uitroep as heilige samekomste — dit is my feestye.

3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ’n dag van volkome rus,’n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie — dit is ’n sabbat van dieHerein al julle woonplekke.

4 Dit is die feestye van dieHere,die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.

5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van dieHere;

6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van dieHere; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.

7 Op die eerste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

8 Maar julle moet sewe dae lank aan dieHere’n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

9 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle:As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.

11 En hy moet die gerf voor die aangesig van dieHerebeweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester ditbeweeg.

12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ’n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan dieHereberei,

13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee-tiendesvan ’n efafynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan dieHere, ’n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, ’n kwart hin.

14 En julle mag geen brood ofgebraaide koring ofvars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

15 Dan moetjulle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring — sewe volle weke moet dit wees;

16 tot die dag ná die sewende sabbat moet jullevyftig dae tel; dan moet julle’n nuwe spysoffer aan dieHerebring.

17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendesvan ’n efafynmeel wees; gesuurd moet dit gebak wordas eerstelinge aan dieHere.

18 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ’n brandoffer aan dieHerewees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

19 En julle moeteen bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers asdankoffer,

20 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood asbeweegoffer voor die aangesig van dieHerebeweeg saam met die twee lammers; dié moet aan dieHereheilig wees, ten voordele van die priester.

21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ’n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ’n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.

22 Enas julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is dieHerejulle God.

23 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In diesewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ’n rusdag wees,’n gedenkdag deurbasuingeklank, ’n heilige vierdag.

25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan dieHere’n vuuroffer bring.

26 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ’n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan dieHere’n vuuroffer bring.

28 En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ’n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van dieHerejulle God.

29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

30 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen,dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit.

31 Julle mag géén werk doen nie; dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

32 ’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.

33 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

34 Spreek met die kinders van Israel en sê:Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir dieHere.

35 Op die eerste dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

36 Sewe dae lank moet julle aan dieHere’n vuuroffer bring.Op die agtste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees, en julle moet aan dieHere’n vuuroffer bring. Dit is ’n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.

37 Dit is die feestye van dieHerewat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan dieHere’n vuuroffer te bring: ’n brandoffer en spysoffer, ’n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;

38 behalwe die sabbatte van dieHereen behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan dieHeregee.

39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julledie opbrings van die land insamel, moet julle die fees van dieHeresewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.

40 Enop die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, ensewe dae lank voor die aangesig van dieHerejulle God vrolik wees.

41 En julle moet dit as fees van dieHeresewe dae in die jaar vier. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.

42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon,

43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is dieHerejulle God.

44 Sohet Moses dan die feestye van dieHereaan die kinders van Israel bekend gemaak.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve + sixteen =