LEVÍTIKUS 24

Wette omtrent die olie vir die lampe van die tabernakel en die toonbrode.

1 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.

3 Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaakom te brandvan die aand tot die môre voor die aangesig van dieHere, gedurigdeur. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte.

4 Hy moet opdie rein kandelaar die lampe regmaakom te brandvoor die aangesig van dieHere, gedurigdeur.

5 Jy moet ook fynmeel neem en twaalfkoeke daarvan bak, twee-tiendesvan ’n efamoet elke koek wees;

6 en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ’n stapel,op die rein tafel voor die aangesig van dieHere.

7 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan dieHere.

8 Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van dieHereregsit, van die kant van die kinders van Israel as ’n ewige insetting.

9 Endit moet aan Aäron en sy seuns toekom:hulle moet dit in ’n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van dieHere— ’n ewige insetting.

Straf vir die godslasteraar en ander misdadigers.

10 EN die seun van ’n Israelitiese vrou — maar hy was die seun van ’n Egiptiese man — het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en ’n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.

11 Toe het die seun van die Israelitiese vrou dieNaamgelaster en gevloek. Daaromhet hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Selómit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.

12 En hullehet hom in die gevangenis gesit, dat hulle ’n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van dieHere.

13 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

14 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het,moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.

15 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek,sal hy sy sonde dra.

16 Enwie die Naam van dieHerelaster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land — as hy dieNaamlaster, moet hy gedood word.

17 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.

18 Maar hy wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.

19 En as iemand aan sy naaste ’n liggaamsgebrek toebring —soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:

20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand — dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan ’n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.

21 Hy dan wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee;maar hy wat ’n mens doodslaan, moet gedood word.

22 Neteen wet moet daar vir julle wees — die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is dieHerejulle God.

23 Moses het toe met die kinders van Israel gespreek,en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos dieHereMoses beveel het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × four =