LEVÍTIKUS 22

Wette oor die reinheid van die priesters as hulle die geheiligde gawes wil eet.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met Aäron en sy seunsdat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel — wat hulleaan My heilig — sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is dieHere.

3 Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan dieHereheilig,terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is dieHere.

4 Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of ’n vloeiing het, mag van die heilige gawes eetvoordat hy rein is nie. En hywat aan iemand raak wat deur ’n lyk onrein is, ofvan wie ’n saadvloeiing uitgaan,

5 ofiemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan’n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge van watter onreinheid ook al —

6 die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die heilige gawes nie eet nie tensy dat hysy liggaam in die water gebad het.

7 Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, wantdit is sy voedsel.

8 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is dieHere.

9 Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens dieheilige gawesgeen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is dieHerewat hulle heilig.

10 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. ’n Bywoner van ’n priester en ’n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.

11 Maar as ’n priester iemand met sy geld koop, mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is;húlle mag van sy voedsel eet.

12 Maar as die dogter van ’n priester aan ’n vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.

13 Maar as die dogter van ’n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is enin die huis van haar vader terugkomsoos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.

14 En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en só wat heilig is, aan die priester teruggee.

15 Somoet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan dieHereafgee, nie ontheilig

16 en op húllegeen strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is dieHerewat hulle heilig.

Bepalinge omtrent die aard van die vrywillige offers.

17 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

18 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle:Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring — volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan dieHereas brandoffer bring —

19 moet dit so bring,dat julle welgevalle vind: ’n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.

20 Julle mag nie iets bring waar ’n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie.

21 Enas iemand ’n dankoffer aan dieHereofferom ’n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.

22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het ofswere of skurfte of uitslag — dit moet julle aan dieHerenie bring nie, en daarvan mag julle vir dieHeregeen vuuroffer op die altaar lê nie.

23 Maar ’n bees of stuk kleinvee waarvan ’n liggaamsdeelte lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer berei; maar as gelofte-offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.

24 ’n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan dieHerenie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,

25 en uit die hand van ’n uitlander mag julle van al hierdiediereaan julle Godgeen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ’n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.

26 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

27 As ’n bees of ’n lam of ’n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as ’n vuuroffergawe aan dieHere.

28 ’n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam metsy kleintjie op een dag slag nie.

29 En as julle’n lofoffer aan dieHerebring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvanniks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is dieHere.

31 Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is dieHere.

32 En ontheilig my heilige Naam nie, sodatEk geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is dieHerewat julle heilig,

33 wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ’n God te wees. Ek is dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty + 6 =