ESÉGIËL 8

Afskuwelikhede in die heiligdom bedrywe.

1 EN in die sesde jaar, in die sesdemaand,op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit endie oudstes van Juda voor my sit,het die hand van die HereHeredaar op my geval.

2 Ek kyk toe —en daar was ’n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos ’n hemelglans watsoos blinkende metaal geskyn het.

3 Toe steek Hy iets uit watdie vorm van ’n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof;en die Gees het my opgeheftussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk,waar die plek wasvan die afgodsbeeld van ywer watywer verwek.

4 En kyk,die heerlikheid van die God van Israel was daar, ooreenkomstig die verskyning wat ekin die laagte gesien het.

5 En Hy sê vir my: Mensekind, slaan tog jou oë op in die rigting van die noorde; en ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde — en daar was aan die noordekant van die altaarpoortdaardie afgodsbeeld van ywer by die ingang!

6 En Hy sê vir my: Mensekind, sien jy wat hulle doen, die groot gruwels wat die huis van Israel hier aanrig, dat Ek ver van my heiligdom af moet weggaan? Maar jy sal nog ander groot gruwels sien.

7 Daarop bring Hy my by die ingang van die voorhof. Ek kyk toe — en daar was ’n gat in die muur.

8 En Hy sê vir my: Mensekind, breek tog deur die muur heen. En ek het deur die muur heen gebreek, en kyk, daar was ’n deur.

9 Daarop sê Hy vir my: Gaan in, en kyk na die growwe gruwels wat hulle hier doen.

10 Ek gaan toe in en kyk — en daar was allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die huis van Israel wat al rondom op die muur uitgesny was.

11 En sewentig manne uitdie oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Jaäsánja, die seun vanSafan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan.

12 Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers metbeeldwerk? Want hulle dink: DieHeresien ons nie;dieHerehet die land verlaat.

13 En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen.

14 Hy het my toe gebring nadie noordelike ingang van die poort by die huis van dieHere, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.

15 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.

16 Toe bring Hy my nadie binneste voorhof van die huis van dieHere; en kyk, by die ingang van die tempel van dieHere, tussendie voorportaal endie altaar,was omtrent vyf-en-twintig man,met hulle rug na die tempel van dieHereen hulle gesig na die ooste,en hulle het hul voordie son neergebuig na die ooste.

17 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulledie druiwetak by hulle neus hou!

18 Daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie;en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve + 13 =