ESÉGIËL 6

Profesie teen die berge van Israel.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind,rig jou aangesig teen dieberge van Israel, en profeteer teen hulle

3 en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die HereHere! So sê die HereHerevir die berge en virdie heuwels en vir die klowe en virdie dale: Kyk, Ek bring ’n swaard oor julle, enEk sal julle hoogtes vernietig;

4 en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word;en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode;

5 en Ek sal die lyke van die kinders van Israel voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi.

6 In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes ’n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word.

7 En die wat verslaan is, sal onder julle lê,sodat julle kan weet dat Ek dieHereis.

8 Maar Ek sal ’n oorblyfsel bewaar deurdat daar vir jullesommige sal wees wat onder die nasies die swaard ontvlug, as julle verstrooi is in die lande.

9 Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek hulle ontugtige hart wat van My afgewyk het,en hulle oëwat agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het volgens al hulle gruwels.

10 En hulle sal weet dat Ek dieHereis; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.

11 So sê die HereHere:Slaan in jou hand,en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val.

12 Hy wat ver is, sal deur die pes sterwe; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en gespaar is, sal deur die hongersnood sterwe. So sal Ek dan my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

13 En julle sal weet dat Ek dieHereis, as diewat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altareop elke hoë heuwel,op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digteterpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode ’n lieflike offergeur gebring het.

14 En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land ’n wildernis maak en ’n woesteny, van die Woestyn af tot byRibla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek dieHereis.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight − three =