ESÉGIËL 2

Roeping van Eségiël.

1 EN Hy het vir my gesê:Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.

2 En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.

3 Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.

4 Endie kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die HereHere!

5 Maar of hulle nou al luister of nie — want hulle is ’n wederstrewige huis —hulle sal moet erken dat daar ’n profeet in hulle midde gewees het.

6 En jy, mensekind,wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is ’n wederstrewige huis.

7 Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.

8 Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop,en eet wat Ek jou gee.

9 Toe kyk ek, en daar was’n hand na my toe uitgesteek,en daarin ’n boekrol!

10 En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe opdie voor- en agterkant,en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve − twelve =