ESÉGIËL 10

Die tweede gesig van die gérubs.

1 DAARNA het ek gekyk —en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs,iets soos ’n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van ’n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.

2 En Hy hetdie man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande metgloeiende kole tussen die gérubs vandaan, enstrooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.

3 En die gérubs hetaan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.

4 Toe het die heerlikheid van dieHerevan die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis;en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van dieHerese heerlikheid.

5 Endie geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.

6 En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.

7 Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neemdaarvanen gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan.

8 En daar is aan die gérubs gesiendie vorm van ’n mens se hand onder hulle vlerke.

9 Toe het ek gekyk — en daar was vier wiele langs die gérubs, telkens een wiel langs elke gérub;en die voorkoms van die wiele was soos dié van chrisoliet.

10 En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel was:

11 as hulle gaan, het hullena al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.

12 En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele wasvol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle.

13 Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.

14 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van ’n gérub endie tweede aangesig die aangesig van ’n mens en die derde die aangesig van ’n leeu en die vierde die aangesig van ’n arend.

15 En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek bydie Kebarrivier gesien het.

16 En as die gérubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die gérubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie.

17 As dié bly staan, staan hulle; en as dié opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle.

18 Endie heerlikheid van dieHerehet van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die gérubs gaan staan.

19 En die gérubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van dieHere, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.

20 Dit is die wese wat ekonder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit gérubs was.

21 Elkeen het vier aangesigte en elkeen vier vlerke gehad; en iets in die vorm van mensehande was onder hulle vlerke.

22 En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self;hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 3 =