RIGTERS 4

Debóra en Barak verlos Israel van Jabin, ’n Kanaänitiese koning.

1 MAAR ná die dood van Ehudhet die kinders van Israel weer gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere.

2 Daarom het dieHerehulleverkoop in die hand vanJabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was Sísera, ’n inwoner van Haróset van die heidene.

3 En die kinders van Israel het dieHereaangeroep; want hy het negehonderdysterwaens gehad endie kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk.

4 En Debóra, ’n profetes, die vrou van Láppidot, het in dié tyd Israel gerig;

5 en sy het gesit onder die palm van Debóra, tussenRama en Bet-el, opdie gebergte van Efraim; en die kinders van Israel het na haar opgegaan vir regspraak.

6 Toe laat sy Barak, die seun van Abinóam, uitKedes in Náftali, roep en sê vir hom: Het dieHere, die God van Israel, nie bevel gegee nie: Gaan, trek na die bergTabor, en neem tienduisend man van die kinders van Náftali en van die kinders van Sébulon met jou saam?

7 dan sal Ek Sísera, die leërowerste van Jabin, met sy strydwaens en sy menigte na jou, na diespruit Kison trek, en Ek sal hom in jou hand gee.

8 Maar Barak sê vir haar: As u met my saamtrek, sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie.

9 Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want dieHeresal Sísera in die hand van ’n vrou verkoop; en Debóra het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek.

10 Daarop het BarakSébulon en Náftali bymekaargeroep na Kedes toe, en tienduisend man het op sy voetspore opgetrek, en Debóra het saam met hom opgetrek.

11 En Heber,die Keniet, het hom afgeskei van Kain, van die kinders vanHobab, die swaer van Moses, en het sy tente opgeslaan tot by die terpentynboom by Saänáim, naby Kedes.

12 En toe hulle aan Sísera berig bring dat Barak, die seun van Abinóam, na die berg Tabor opgetrek het,

13 het Sísera al sy strydwaens, negehonderd ysterwaens, en al die manskappe wat by hom was, uit Haróset van die heidene na die spruit Kison bymekaargeroep.

14 Daarop sê Debóra vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop dieHereSísera in jou hand gee.Trek dieHerenie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tienduisend man agter hom aan.

15 En dieHerehet Sísera met al die waens en die hele leër deur die skerpte van die swaard in verwarring gebring voor Barak uit, en Sísera het van sy wa afgeklim en te voet gevlug.

16 Maar Barak het die waens en die leër agternagejaag tot by Haróset van die heidene, en die hele leër van Sísera het deur die skerpte van die swaard geval; daar het selfs nie een oorgebly nie.

17 Toe vlug Sísera te voet na die tent van Jael, die vrou van Heber, die Keniet; want daar was vrede tussen Jabin, die koning van Hasor, en die huis van Heber, die Keniet.

18 En Jael het uitgegaan Sísera tegemoet en vir hom gesê: Draai uit, my heer, draai uit na my! Moenie bang wees nie! En hy het na haar uitgedraai, na die tent, en sy het hom met ’n kombers toegemaak.

19 Daarop sê hy vir haar: Gee my tog ’n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat homdaaruitdrink en maak hom weer toe.

20 En hy sê vir haar: Gaan staan by die tentdeur, en as iemand kom en jou vra en sê: Is hier iemand? antwoord dan: Nee.

21 Toe neem Jael, die vrou van Heber, ’n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe.

22 En kyk, terwyl Barak Sísera agtervolg, gaan Jael uit hom tegemoet en sê vir hom: Kom, en ek sal u die man wys wat u soek; en toe hy by haar inkom, lê Sísera daar dood, met die pen deur die slaap van sy hoof!

23 Sohet God dan op dié dag Jabin, die koning van Kanaän, voor die kinders van Israel onderwerp.

24 En die hand van die kinders van Israel het al swaarder gaan druk op Jabin, die koning van Kanaän, totdat hulle Jabin, die koning van Kanaän, uitgeroei het.

RIGTERS 5

Lofsang van Debóra.

1 OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam,gesing en gesê:

2 Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel,omdat die volk hom gewillig getoon het — prys dieHere!

3 Hoor, o konings! Luister,o vorste! Ek, tot eer van dieHerewil ek sing, tot eer van dieHere, die God van Israel, wil ek psalmsing.

4 Here,toe U uitgetrek het uit Seïr,toe U voortgestap het uit die veld van Edom,het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.

5 Berge het gewankel voor die aangesig van dieHereuit, hierdie Sinai voor die aangesig van dieHere, die God van Israel.

6 In die dae vanSamgar, die seun van Anat, in die dae van Jael,was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.

7 Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, ’n moeder in Israel, opgestaan het.

8 Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte;was daar skild of spies te sien onder veertigduisend in Israel?

9 My hart is vir die aanvoerders van Israelwat hulle gewillig betoon het onder die volk — prys dieHere!

10 Jullewat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!

11 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van dieHere, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van dieHereafgetrek na die poorte toe.

12 Word wakker, word wakker, Debóra! Word wakker, word wakker, hef ’n lied aan! Staan op, Barak!en voer jou gevangenes weg, seun van Abinóam!

13 Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het dieHerevir my afgetrek onder die helde.

14 UitEfraim, die wat hulle wortel inÁmalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uitMagir trek dieaanvoerders af, en uit Sébulon die wat met die werwerstaf uittrek;

15 en vorste in Íssaskar met Debóra saam; en Íssaskar soosBarak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

16 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

17 Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; enDan, waarom vertoef hy by die skepe?Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.

18 Sébulon is ’n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.

19 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg byTáänag, by die waters vanMegíddo —geen stuk silwer het hulle geneem nie.

20 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;

21 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!

22 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.

23 Vloek Meros, sê die Engel van dieHere; ja, vervloek sy inwoners,omdat hulle dieHerenie tot hulp gekom het nie, dieHeretot hulp onder die helde.

24 Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!

25 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in ’n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.

26 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.

27 Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy — morsdood.

28 Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?

29 Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:

30 Hulle het seker buit gevindenverdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; ’n buit van bont klere vir Sísera, ’n buit van bont klere, veelkleurige; ’n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.

31 So moet al u vyande,Here, omkom! Maar die wat Hom liefhet, issoos die opgang van die son in sy krag.En die land het veertig jaar lank gerus.

RIGTERS 6

Gídeon word deur God gestuur om Israel van die Midianiete te verlos.

1 MAAR toe die kinders van Israelgedoen het wat verkeerd was in die oë van dieHere, het dieHerehulle oorgegee in die handvan die Midianiete, sewe jaar lank.

2 En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.

3 Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianieteen Amalekieteen die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op:

4 slaan laers teen hulle open verwoes die opbrings van die land in die rigting naGasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie.

5 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekomsoos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes.

6 En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israelhet dieHereaangeroep.

7 En toe die kinders van Israel dieHereaanroep vanweë die Midianiete,

8 het dieHere’n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek dieHere, die God van Israel:Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei

9 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee.

10 En Ek het aan julle gesê: Ek is dieHerejulle God;julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.

11 Toe het die Engel van dieHeregekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, dieAbiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juiskoring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.

12 En die Engel van dieHerehet aan hom verskyn en vir hom gesê: DieHereismet jou, dapper held!

13 Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as dieHeremet ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? Enwaar is al sy wonderswaar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het dieHereons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het dieHereons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.

14 Toe draai dieHerena hom toe en sê:Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete.Is dit nie Ek wat jou stuur nie?

15 Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.

16 Toe sê dieHerevir hom:Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.

17 En hy antwoord Hom: Asek dan guns in u oë gevind het,doen vir my ’n teken, dat U dit is wat met my spreek.

18 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom.

19 Toe het Gídeon ingegaan en ’n bokkie berei, en van ’n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in ’n mandjie gesit en die sous in ’n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit.

20 Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, ensit dit op hierdie rots neer engooi die sousdaarooruit. En hy het so gedoen.

21 Daarop steek die Engel van dieHeredie punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan;toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van dieHereverdwyn uit sy oë.

22 Toe Gídeonbemerk dat dit die Engel van dieHerewas, sê Gídeon: Ag, HereHere!want ek het die Engel van dieHeregesien van aangesig tot aangesig!

23 Maar dieHeresê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie.

24 Toe bou Gídeon daar ’n altaar vir dieHereen noem dit: DieHereis vrede! Dit staan vandag nog daar byOfra van die Abiësriete.

25 En in dieselfde nag het dieHerevir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, enkap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.

26 En bou vir dieHerejou God ’n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as ’n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.

27 Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos dieHereaan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.

28 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Baäl daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was!

29 Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: Gídeon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen!

30 Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Baäl omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het.

31 Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir Baäl veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy ’n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.

32 Daarom het hy hom op dié dag Jerúbbaäl genoem en gesê: Laat Baäl teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.

33 Toe het aldie Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in dielaagte van Jísreël laer opgeslaan.

34 Endie Gees van dieHerehet Gídeon vervul; en hy hetop die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.

35 Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en dié is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in Sébulon en in Náftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet.

36 Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het —

37 ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.

38 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk,’n kom vol water.

39 Toe het Gídeon met God gespreek:Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies ’n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is.

40 En dieHerehet daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.

RIGTERS 7

Driehonderd Israeliete verdryf die Midianiete.

1 DAARNA hetJerúbbaäl, dit is Gídeon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan bydie fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwelMore af in die dal.

2 Toe sê dieHerevir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee;anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.

3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê:Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee-en-twintigduisend omgedraai, en tienduisend het oorgebly.

4 Daarop sê dieHerevir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan — dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie — dié mag nie gaan nie.

5 Hy bring toe die manskappe af na die water; en dieHeresê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos ’n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink,anderkant.

6 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was driehonderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.

7 Toe sê dieHerevir Gídeon:Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.

8 Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die driehonderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant homin die laagte was.

9 Endaardie nag het dieHerevir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer,want Ek gee dit in jou hand.

10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe

11 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.

12 En die Midianiete en Amalekiete enal die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaarsoos die sand aan die seestrand in menigte.

13 En toe Gídeon aankom, vertel ’n man aan ’n ander juis ’n droom en sê: Kyk, ek het ’n droom gehad: Daar rol ’n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!

14 En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.

15 Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want dieHeregee die laer van die Midianiete in julle hand.

16 En hy het die driehonderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee

17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak.

18 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir dieHereen vir Gídeon!

19 Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.

20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van dieHereen van Gídeon!

21 En hullehet bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer.Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.

22 En toe die driehonderdop die ramshorings blaas,het dieHeredie swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer vanAbel-Mehóla by Tabbat.

23 En die manskappe van Israeluit Náftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag.

24 Ook het Gídeon boodskappers gestuur in die helegebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekomen die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan.

25 En hulle hettwee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedoodby die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na Gídeon gebring, oorkant die Jordaan.

RIGTERS 8

Moeilikhede met Efraim. Sukkot en Pnuel. Gídeon weier om oor Israel te regeer.

1 TOE sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis.

2 Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Abiëser nie?

3 God het die vorste van Mídian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het.

4 En Gídeon het gekom by die Jordaan, en hy endie driehonderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg.

5 En hy sê aan die manne vanSukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en Sálmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag.

6 Maar die vorste van Sukkot vra:Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?

7 Toe sê Gídeon: Daarom, as dieHereSeba en Sálmuna in my hand gee,sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.

8 En daarvandaan het hy opgetrek naPnuel en met hulle net so gespreek; maar die manne van Pnuel het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het.

9 Daarop spreek hy ook met die mense van Pnuel en sê:As ek met vrede terugkom,sal ek hierdie toring omgooi.

10 Seba en Sálmuna was toe in Karkor, en hul leër by hulle, omtrent vyftienduisend, al wat oor was uitdie hele leërvan die kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd-en-twintigduisend man wat die swaard kon uittrek.

11 En Gídeon het opgetrek met die pad van die tentbewoners, ten ooste vanNobag en Jógbeha, en hy het die leër verslaan terwyl die leërgerus was.

12 En Seba en Sálmuna het gevlug, maar hy het hulle agternagejaag en dietwee konings van Mídian, Seba en Sálmuna, gevang nadat hy die hele leër uiteengejaag het.

13 En toe Gídeon, die seun van Joas, terugkom uit die geveg, van die nek Heres af,

14 vang hy ’n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en dié het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewen-en-sewentig man.

15 En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en Sálmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê:Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee?

16 Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee ’n les geleer.

17 En die toring van Pnuel het hy omgegooi en die manne van die stad gedood.

18 En hy het Seba en Sálmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle byTabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.

19 Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder.So waar as dieHereleef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie.

20 En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op, maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang was; want hy was nog ’n seun.

21 Toe sê Seba en Sálmuna: Staan u self op en val op ons aan, want soos die man is, is sy krag. Gídeon het toe opgestaan enSeba en Sálmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy geneem.

22 Daarop sê die manne van Israel vir Gídeon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete.

23 Maar Gídeon antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie:dieHeresal oor julle heers.

24 Verder het Gídeon vir hulle gesê: Ek wil aan julle ’n versoek doen: Gee nou elkeen vir my diering uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra,omdat hulle Ismaeliete was.

25 Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het ’n mantel uitgesprei en elkeen ’n ring van sy buit daarop gegooi.

26 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentienhonderdsikkelsgoud, behalwe diemaantjies en die oorversiersels enpurper klere wat die konings van Mídian gedra het, en behalwe diekettings wat aan die nekke van hulle kamele was.

27 En Gídeon het daar ’nskouerkleed van gemaak en dit in sy stad,in Ofra, opgestel; en die hele Israelhet dit daar agternagehoereer, en dit het vir Gídeon en sy huis’n strik geword.

28 So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie;en die land het in Gídeon se dae veertig jaar lank gerus.

29 En Jerúbbaäl, die seun van Joas, het in sy huis gaan woon.

30 En Gídeon hetsewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad.

31 En sy byvrou wat inSigem was, het ook vir hom ’n seun gebaar, en hy het hom die naam Abiméleg gegee.

32 En Gídeon, die seun van Joas, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Joas,in Ofra van die Abiësriete.

33 Maarnet toe Gídeon dood was, het die kinders van Israelweer die Baäls agternagehoereer en vanBaäl-Berít vir hulle ’n god gemaak.

34 En die kinders van Israelhet nie gedink aan dieHerehulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie.

35 En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerúbbaäl,dit isGídeon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie.

RIGTERS 9

Misdade van Abiméleg. Sy val.

1 EN Abiméleg, die seun van Jerúbbaäl, het heengegaan na Sigem,na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê:

2 Spreek tog voor die ore van aldie burgers van Sigem: Wat is vir julle beter —dat sewentig man, almal seuns van Jerúbbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ekjulle gebeente en julle vlees is.

3 Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abiméleg gevolg; want hulle het gesê: Hy is onsbroer.

4 Hulle het hom toe sewentigsikkelssilwer uit die huis vanBaäl-Berít gegee, en daarmee het Abimélegydele enligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg.

5 En hy het in die huis van sy vader gegaan, inOfra,en sy broers, die seuns van Jerúbbaäl, sewentig man, op een klip vermoor; maar Jotam, die jongste seun van Jerúbbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip.

6 Daarop het al die burgers van Sigem en die helehuis Millo bymekaargekom en Abiméleg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is.

7 Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top vandie berg Gerísim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister.

8 Eendaghet die bome gegaan om ’n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê:Wees koning oor ons!

9 Maar die olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe?

10 Toe sê die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons.

11 Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?

12 Toe sê die bome vir die wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons.

13 Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgeewat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe?

14 Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!

15 En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in myskaduwee; maar so nie,laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring endie seders van die Líbanon verteer.

16 As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abiméleg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerúbbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het nadie verdienste van sy hande —

17 julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,

18 maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, ensy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abiméleg,die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigemomdat hy julle broer is —

19 as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerúbbaäl en sy huis,wees dan vrolik oor Abiméleg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.

20 Maar so nie,laat daar dan vuur uitgaan uit Abimélegen die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abiméleg verteer.

21 Daarop het Jotam padgegee en weggevlug en naBeër gegaan en daar gebly vanweë Abiméleg, sy broer.

22 Toe Abiméleg drie jaar oor Israel geheers het,

23 hetGod ’n bose gees gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigemhet troueloos gehandel teen Abiméleg,

24 sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerúbbaäl sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abiméleg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor.

25 So het die burgers van Sigem dan teen hom hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle verbykom. En dit is aan Abiméleg meegedeel.

26 Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou.

27 En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hullein die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek.

28 Toe sê Gaäl, die seun van Ebed:Wie is Abiméleg — en wat is Sigem — dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerúbbaäl, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne vanHemor, die vader van Sigem, maar waarom moet óns hom dien?

29 Ag,was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abiméleg wegjaag! En met die oog op Abiméleg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit!

30 Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword

31 en listig boodskappers na Abiméleg gestuur om te sê: Kyk, Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op.

32 Maak dan nou in die nag klaar, u met die manskappe wat by u is, en stel ’n hinderlaag op in die veld.

33 Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en ’n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake.

34 Daarop het Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel.

35 En Gaäl, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag,

36 sien Gaäl die manskappe en sê vir Sebul: Kyk, daar kom mense van diebergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan!

37 Maar Gaäl hou aan en sê: Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die land af, en een deel kom uit dierigting van die eik van die towenaar.

38 Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het:Wie is Abiméleg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle!

39 Toe trek Gaäl uit voor die burgers van Sigem en veg teen Abiméleg.

40 Maar Abiméleg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort.

41 En Abiméleg het in Áruma gebly, maar Sebul het Gaäl en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie.

42 En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abiméleg meegedeel.

43 Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en ’n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle.

44 Want Abiméleg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan.

45 En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood endie stad afgebreek en dit metsout besaai.

46 Toe al die burgers vandie toring van Sigem dit hoor, gaan hulle indie kelder van die tempelvan El-Berít in.

47 En toe dit aan Abiméleg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het,

48 klim Abiméleg, hy en al die manskappe wat by hom was,op die berg Salmon; en Abiméleg het byle met hom saamgeneem en ’n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na.

49 Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abiméleg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het.

50 Daarna het Abiméleg na Tebes getrek en Tebes beleër en dit ingeneem.

51 Maar in die middel van die stad was ’n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, enhulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim.

52 En Abiméleg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand,

53 gooi ’n vrou dieboonste meulsteen op die hoof van Abiméleg en verbrysel sy skedel.

54 Toeroep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: ’n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.

55 En toe die manne van Israel sien dat Abiméleg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan.

56 So het God dan die kwaad van Abiméleg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.

57 En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; endie vloek van Jotam, die seun van Jerúbbaäl, het oor hulle gekom.

RIGTERS 10

Tola en Jaïr is rigters.

1 EN ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, ’n man uit Íssaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op diegebergte van Efraim.

2 En hy het Israel drie-en-twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.

3 En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee-en-twintig jaar lank gerig.

4 En hy het dertig seuns gehad,wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het;dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die land Gílead lê.

5 En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.

Verdrukking deur Filistyne en Ammoniete. Bekering en vergewing.

6 EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, en hulle het dieBaäls en die Astártes gedien, en die gode van Aram en die gode vanSidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van dieFilistyne, en hulle het dieHereverlaat en Hom nie gedien nie.

7 Daarom het die toorn van dieHereontvlam teen Israel, en Hyhet hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand vandie kinders van Ammon.

8 En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in Gílead was.

9 Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.

10 Toe roep die kinders van Israel dieHereaan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.

11 Maar dieHerehet aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van dieEgiptenaars en vandie Amoriete, vandie kinders van Ammon en vandie Filistyne —

12 en toe die Sidoniërs enAmalekiete enMaoniete julle verdruk en julle My aangeroep het — julle uit hulle hand verlos nie?

13 Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.

14 Gaan heen enroep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.

15 Toe sê die kinders van Israel aan dieHere: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.

16 En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en dieHeregedien; toe hetHy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.

17 En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan byMispa.

18 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon?Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.

RIGTERS 11

Jefta bevry Israel van die Ammoniete; sy onversigtige gelofte.

1 EN Jefta, die Gileadiet, was’n dapper held, maar hy was die seun van ’n hoer; en Gílead was die vader van Jefta.

2 En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van ’n ander vrou.

3 Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die landTob; enligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek.

4 En ’n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel.

5 Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen Israel,het die oudstes van Gílead Jefta gaan haal uit die land Tob;

6 en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon.

7 Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead:Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?

8 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Daarom kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van Ammon veg, en dat jyons hoof kan wees oor al die inwoners van Gílead.

9 Daarop antwoord Jefta die oudstes van Gílead: As julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en dieHerehulle aan my oorgee, dan moet ek julle hoof word.

10 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: DieHeresal hoorder wees tussen ons.Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen.

11 So het Jefta dan met die oudstes van Gílead saamgegaan, en die volk het homas hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en Jefta het al sy woordevoor die aangesig van dieHereinMispa gespreek.

12 Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg?

13 En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta:Israel het my land geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van dieArnon af tot by dieJabbok en tot by die Jordaan; gee dit dan nou in vrede terug.

14 En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na die koning van die kinders van Ammon

15 en vir hom gesê: So sê Jefta:Israel het die land Moab en die land van die kinders van Ammon nie geneem nie.

16 Want Israel het toe hy uit Egipte opgetrek het, deur die woestyn gegaan tot by die Skelfsee en hetby Kades gekom.

17 EnIsrael het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u land trek;maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie. Daarom het Israelin Kades gebly.

18 Verder het hy deur die woestyn gegaan enom die land Edom en die land Moab getrek engekom aan die oostekant van die land Moab;en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab.

19 Daarophet Israel boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en Israel het vir hom gesê: Laat ons tog deur u land trek na my plek toe.

20 Maar Sihon het Israel nie vertrou om deur sy gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer opgeslaan inJahas en teen Israel geveg.

21 Maar dieHere, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en dié hethulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.

22 En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete,van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan, in besit geneem.

23 So het dieHere, die God van Israel, dan die Amoriete voor sy volk Israel uit verdrywe, en wil u dit in besit neem?

24 Sal u dit nie in besit neem wat u godKamos u as ’n besitting gee, en óns alleswat dieHereonse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?

25 En is u nou soveel beter asBalak, die seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met Israel getwis, of ooit teen hulle geveg?

26 Terwyl Israel inHesbon met sy onderhorige plekke en inÁroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê,driehonderd jaar lank gewoon het, waarom het julle dit dan nie in dié tyd ontset nie?

27 So het ék dan nie teen u gesondig nie, maar ú handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag dieHere,die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon!

28 Maar die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie.

29 Toe hetdie Gees van dieHereop Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.

30 En Jeftahet aan dieHere’n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,

31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon,aan dieHerebehoort, en ek sal dit as ’n brandoffer bring.

32 Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en dieHerehet hulle in sy hand gegee.

33 En hy het hulle verslaan van Ároër af in die rigting naMinnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim — ’n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van Israel.

34 En toe Jefta inMispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uithom tegemoet mettamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie.

35 En net toe hy haar sien,skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jý stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor dieHere, enek kan nie terugtrek nie.

36 En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor dieHere, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat dieHereu volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.

37 Verder het sy vir haar vader gesê: Laat dít my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne.

38 En hy sê: Gaan! En hy het haar vir twee maande laat gaan. Sy het toe weggegaan met haar vriendinne en haar maagdelike staat op die berge beween.

39 En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom,en hy het die gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het ’n gewoonte geword in Israel

40 dat die dogters van Israel jaar vir jaar heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die jaar.

RIGTERS 12

Die ongegronde verset van die Efraimiete teen Jefta word swaar gestraf.

1 EN diemanne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en óns nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.

2 Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het ’n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.

3 En toe ek sien dat jy nie help nie, het ekmy lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en dieHerehet hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?

4 Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete,is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.

5 En Gílead het die Efraimiete van dieJordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan — dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy ’n Efraimiet? As hy sê: Nee,

6 dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee-en-veertigduisend man geval.

7 En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe ineen vandie stede van Gílead.

Ebsan, Elon en Abdon is rigters.

8 EN ná hom het Ebsan, uitBetlehem, Israel gerig.

9 En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.

10 En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.

11 En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.

12 En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ájalon, in die land Sébulon.

13 En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, diePireatoniet, Israel gerig.

14 En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehadwat op sewentigjong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.

15 En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die land Efraim,op die gebergte van die Amalekiete.

RIGTERS 13

Israel oorgelewer aan die Filistyne. Geboorte van Simson.

1 EN toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van dieHere, het dieHerehulle oorgegeein die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.

2 En daar was ’n man uitSórea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou wasonvrugbaar en het geen kinders gehad nie.

3 Maar dieEngel van dieHerehet aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en ’n seun baar.

4 Neem jou dan nou tog in ag endrink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat onrein is nie.

5 Want kyk, jy sal swanger word en ’n seun baar, en geenskeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af ’n nasireër van God wees, enhy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.

6 Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en sê:’n Man van God het na my gekom, en sy voorkoms was soos die voorkoms van die Engel van God, baie vreeslik; maarek het Hom nie gevra waar Hy vandaan was nie, ensy naam het hy my nie meegedeel nie.

7 Maar Hy het vir my gesê:Kyk, jy sal swanger word en ’n seun baar; drink dan nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie; want die seun sal ’n nasireër van God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood toe.

8 En Manóag het tot dieHeregebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog ’n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.

9 En God het geluister na die stem van Manóag, sodat die Engel van God nog ’n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manóag nie by haar was nie.

10 En die vrou het haastig geloop en haar man dit vertel en vir hom gesê: Kyk, die man het aan my verskyn wat die ander dag na my gekom het.

11 Toe staan Manóag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra hom: Is U die man wat met dié vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja.

12 Daarop vra Manóag: As u woorde nou uitkom, wat moet die leefwyse en die werk van die seun wees?

13 Toe sê die Engel van dieHereaan Manóag: Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.

14 Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is, mag sy nie eet nie;en geen wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet wat onrein is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou.

15 Manóag sê aan die Engel van dieHere:Laat ons U tog ophou, dat ons ’n bokkie vir U kan berei.

16 En die Engel van dieHereantwoord Manóag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy ’n brandoffer wil berei, offer dit dan aan dieHere. Want Manóag het nie geweet dat dit die Engel van dieHerewas nie.

17 Daarop vra Manóag die Engel van dieHere:Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom?

18 En die Engel van dieHeresê vir hom:Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?

19 Toeneem Manóag die bokkie en diespysoffer en offer dit op die rots aan dieHereterwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:

20 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van dieHerein die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien enmet hulle aangesig op die grond geval.

21 En die Engel van dieHerehet verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie.Daarop bemerk Manóag dat dit die Engel van dieHerewas.

22 En Manóag sê vir sy vrou:Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.

23 Maar sy vrou sê vir hom: As dieHereons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand ’nbrandoffer en ’n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.

24 En die vrou het ’n seun gebaar en homSimson genoem;en die kind het groot geword, en dieHerehet hom geseën.

25 En die Gees van dieHerehet hom begin drywe in die laer van Dantussen Sórea en Estáol.