RIGTERS 7

Driehonderd Israeliete verdryf die Midianiete.

1 DAARNA hetJerúbbaäl, dit is Gídeon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan bydie fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwelMore af in die dal.

2 Toe sê dieHerevir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee;anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.

3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê:Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee-en-twintigduisend omgedraai, en tienduisend het oorgebly.

4 Daarop sê dieHerevir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan — dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie — dié mag nie gaan nie.

5 Hy bring toe die manskappe af na die water; en dieHeresê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos ’n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink,anderkant.

6 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was driehonderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.

7 Toe sê dieHerevir Gídeon:Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.

8 Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die driehonderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant homin die laagte was.

9 Endaardie nag het dieHerevir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer,want Ek gee dit in jou hand.

10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe

11 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.

12 En die Midianiete en Amalekiete enal die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaarsoos die sand aan die seestrand in menigte.

13 En toe Gídeon aankom, vertel ’n man aan ’n ander juis ’n droom en sê: Kyk, ek het ’n droom gehad: Daar rol ’n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!

14 En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.

15 Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want dieHeregee die laer van die Midianiete in julle hand.

16 En hy het die driehonderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee

17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak.

18 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir dieHereen vir Gídeon!

19 Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.

20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van dieHereen van Gídeon!

21 En hullehet bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer.Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.

22 En toe die driehonderdop die ramshorings blaas,het dieHeredie swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer vanAbel-Mehóla by Tabbat.

23 En die manskappe van Israeluit Náftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag.

24 Ook het Gídeon boodskappers gestuur in die helegebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekomen die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan.

25 En hulle hettwee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedoodby die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na Gídeon gebring, oorkant die Jordaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × one =