RIGTERS 11

Jefta bevry Israel van die Ammoniete; sy onversigtige gelofte.

1 EN Jefta, die Gileadiet, was’n dapper held, maar hy was die seun van ’n hoer; en Gílead was die vader van Jefta.

2 En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van ’n ander vrou.

3 Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die landTob; enligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek.

4 En ’n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel.

5 Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen Israel,het die oudstes van Gílead Jefta gaan haal uit die land Tob;

6 en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon.

7 Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead:Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?

8 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Daarom kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van Ammon veg, en dat jyons hoof kan wees oor al die inwoners van Gílead.

9 Daarop antwoord Jefta die oudstes van Gílead: As julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en dieHerehulle aan my oorgee, dan moet ek julle hoof word.

10 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: DieHeresal hoorder wees tussen ons.Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen.

11 So het Jefta dan met die oudstes van Gílead saamgegaan, en die volk het homas hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en Jefta het al sy woordevoor die aangesig van dieHereinMispa gespreek.

12 Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg?

13 En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta:Israel het my land geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van dieArnon af tot by dieJabbok en tot by die Jordaan; gee dit dan nou in vrede terug.

14 En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na die koning van die kinders van Ammon

15 en vir hom gesê: So sê Jefta:Israel het die land Moab en die land van die kinders van Ammon nie geneem nie.

16 Want Israel het toe hy uit Egipte opgetrek het, deur die woestyn gegaan tot by die Skelfsee en hetby Kades gekom.

17 EnIsrael het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u land trek;maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie. Daarom het Israelin Kades gebly.

18 Verder het hy deur die woestyn gegaan enom die land Edom en die land Moab getrek engekom aan die oostekant van die land Moab;en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab.

19 Daarophet Israel boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en Israel het vir hom gesê: Laat ons tog deur u land trek na my plek toe.

20 Maar Sihon het Israel nie vertrou om deur sy gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer opgeslaan inJahas en teen Israel geveg.

21 Maar dieHere, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en dié hethulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.

22 En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete,van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan, in besit geneem.

23 So het dieHere, die God van Israel, dan die Amoriete voor sy volk Israel uit verdrywe, en wil u dit in besit neem?

24 Sal u dit nie in besit neem wat u godKamos u as ’n besitting gee, en óns alleswat dieHereonse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?

25 En is u nou soveel beter asBalak, die seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met Israel getwis, of ooit teen hulle geveg?

26 Terwyl Israel inHesbon met sy onderhorige plekke en inÁroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê,driehonderd jaar lank gewoon het, waarom het julle dit dan nie in dié tyd ontset nie?

27 So het ék dan nie teen u gesondig nie, maar ú handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag dieHere,die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon!

28 Maar die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie.

29 Toe hetdie Gees van dieHereop Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.

30 En Jeftahet aan dieHere’n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,

31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon,aan dieHerebehoort, en ek sal dit as ’n brandoffer bring.

32 Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en dieHerehet hulle in sy hand gegee.

33 En hy het hulle verslaan van Ároër af in die rigting naMinnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim — ’n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van Israel.

34 En toe Jefta inMispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uithom tegemoet mettamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie.

35 En net toe hy haar sien,skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jý stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor dieHere, enek kan nie terugtrek nie.

36 En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor dieHere, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat dieHereu volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.

37 Verder het sy vir haar vader gesê: Laat dít my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne.

38 En hy sê: Gaan! En hy het haar vir twee maande laat gaan. Sy het toe weggegaan met haar vriendinne en haar maagdelike staat op die berge beween.

39 En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom,en hy het die gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het ’n gewoonte geword in Israel

40 dat die dogters van Israel jaar vir jaar heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die jaar.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

15 + 4 =