RIGTERS 8

Moeilikhede met Efraim. Sukkot en Pnuel. Gídeon weier om oor Israel te regeer.

1 TOE sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis.

2 Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Abiëser nie?

3 God het die vorste van Mídian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het.

4 En Gídeon het gekom by die Jordaan, en hy endie driehonderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg.

5 En hy sê aan die manne vanSukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en Sálmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag.

6 Maar die vorste van Sukkot vra:Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?

7 Toe sê Gídeon: Daarom, as dieHereSeba en Sálmuna in my hand gee,sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.

8 En daarvandaan het hy opgetrek naPnuel en met hulle net so gespreek; maar die manne van Pnuel het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het.

9 Daarop spreek hy ook met die mense van Pnuel en sê:As ek met vrede terugkom,sal ek hierdie toring omgooi.

10 Seba en Sálmuna was toe in Karkor, en hul leër by hulle, omtrent vyftienduisend, al wat oor was uitdie hele leërvan die kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd-en-twintigduisend man wat die swaard kon uittrek.

11 En Gídeon het opgetrek met die pad van die tentbewoners, ten ooste vanNobag en Jógbeha, en hy het die leër verslaan terwyl die leërgerus was.

12 En Seba en Sálmuna het gevlug, maar hy het hulle agternagejaag en dietwee konings van Mídian, Seba en Sálmuna, gevang nadat hy die hele leër uiteengejaag het.

13 En toe Gídeon, die seun van Joas, terugkom uit die geveg, van die nek Heres af,

14 vang hy ’n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en dié het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewen-en-sewentig man.

15 En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en Sálmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê:Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee?

16 Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee ’n les geleer.

17 En die toring van Pnuel het hy omgegooi en die manne van die stad gedood.

18 En hy het Seba en Sálmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle byTabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.

19 Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder.So waar as dieHereleef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie.

20 En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op, maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang was; want hy was nog ’n seun.

21 Toe sê Seba en Sálmuna: Staan u self op en val op ons aan, want soos die man is, is sy krag. Gídeon het toe opgestaan enSeba en Sálmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy geneem.

22 Daarop sê die manne van Israel vir Gídeon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete.

23 Maar Gídeon antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie:dieHeresal oor julle heers.

24 Verder het Gídeon vir hulle gesê: Ek wil aan julle ’n versoek doen: Gee nou elkeen vir my diering uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra,omdat hulle Ismaeliete was.

25 Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het ’n mantel uitgesprei en elkeen ’n ring van sy buit daarop gegooi.

26 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentienhonderdsikkelsgoud, behalwe diemaantjies en die oorversiersels enpurper klere wat die konings van Mídian gedra het, en behalwe diekettings wat aan die nekke van hulle kamele was.

27 En Gídeon het daar ’nskouerkleed van gemaak en dit in sy stad,in Ofra, opgestel; en die hele Israelhet dit daar agternagehoereer, en dit het vir Gídeon en sy huis’n strik geword.

28 So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie;en die land het in Gídeon se dae veertig jaar lank gerus.

29 En Jerúbbaäl, die seun van Joas, het in sy huis gaan woon.

30 En Gídeon hetsewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad.

31 En sy byvrou wat inSigem was, het ook vir hom ’n seun gebaar, en hy het hom die naam Abiméleg gegee.

32 En Gídeon, die seun van Joas, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Joas,in Ofra van die Abiësriete.

33 Maarnet toe Gídeon dood was, het die kinders van Israelweer die Baäls agternagehoereer en vanBaäl-Berít vir hulle ’n god gemaak.

34 En die kinders van Israelhet nie gedink aan dieHerehulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie.

35 En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerúbbaäl,dit isGídeon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × three =