RIGTERS 5

Lofsang van Debóra.

1 OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam,gesing en gesê:

2 Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel,omdat die volk hom gewillig getoon het — prys dieHere!

3 Hoor, o konings! Luister,o vorste! Ek, tot eer van dieHerewil ek sing, tot eer van dieHere, die God van Israel, wil ek psalmsing.

4 Here,toe U uitgetrek het uit Seïr,toe U voortgestap het uit die veld van Edom,het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.

5 Berge het gewankel voor die aangesig van dieHereuit, hierdie Sinai voor die aangesig van dieHere, die God van Israel.

6 In die dae vanSamgar, die seun van Anat, in die dae van Jael,was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.

7 Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, ’n moeder in Israel, opgestaan het.

8 Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte;was daar skild of spies te sien onder veertigduisend in Israel?

9 My hart is vir die aanvoerders van Israelwat hulle gewillig betoon het onder die volk — prys dieHere!

10 Jullewat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!

11 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van dieHere, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van dieHereafgetrek na die poorte toe.

12 Word wakker, word wakker, Debóra! Word wakker, word wakker, hef ’n lied aan! Staan op, Barak!en voer jou gevangenes weg, seun van Abinóam!

13 Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het dieHerevir my afgetrek onder die helde.

14 UitEfraim, die wat hulle wortel inÁmalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uitMagir trek dieaanvoerders af, en uit Sébulon die wat met die werwerstaf uittrek;

15 en vorste in Íssaskar met Debóra saam; en Íssaskar soosBarak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

16 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.

17 Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; enDan, waarom vertoef hy by die skepe?Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.

18 Sébulon is ’n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.

19 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg byTáänag, by die waters vanMegíddo —geen stuk silwer het hulle geneem nie.

20 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;

21 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!

22 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.

23 Vloek Meros, sê die Engel van dieHere; ja, vervloek sy inwoners,omdat hulle dieHerenie tot hulp gekom het nie, dieHeretot hulp onder die helde.

24 Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!

25 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in ’n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.

26 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.

27 Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy — morsdood.

28 Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?

29 Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:

30 Hulle het seker buit gevindenverdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; ’n buit van bont klere vir Sísera, ’n buit van bont klere, veelkleurige; ’n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.

31 So moet al u vyande,Here, omkom! Maar die wat Hom liefhet, issoos die opgang van die son in sy krag.En die land het veertig jaar lank gerus.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × five =