RIGTERS 10

Tola en Jaïr is rigters.

1 EN ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, ’n man uit Íssaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op diegebergte van Efraim.

2 En hy het Israel drie-en-twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.

3 En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee-en-twintig jaar lank gerig.

4 En hy het dertig seuns gehad,wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het;dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die land Gílead lê.

5 En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.

Verdrukking deur Filistyne en Ammoniete. Bekering en vergewing.

6 EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, en hulle het dieBaäls en die Astártes gedien, en die gode van Aram en die gode vanSidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van dieFilistyne, en hulle het dieHereverlaat en Hom nie gedien nie.

7 Daarom het die toorn van dieHereontvlam teen Israel, en Hyhet hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand vandie kinders van Ammon.

8 En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in Gílead was.

9 Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.

10 Toe roep die kinders van Israel dieHereaan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.

11 Maar dieHerehet aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van dieEgiptenaars en vandie Amoriete, vandie kinders van Ammon en vandie Filistyne —

12 en toe die Sidoniërs enAmalekiete enMaoniete julle verdruk en julle My aangeroep het — julle uit hulle hand verlos nie?

13 Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.

14 Gaan heen enroep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.

15 Toe sê die kinders van Israel aan dieHere: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.

16 En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en dieHeregedien; toe hetHy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.

17 En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan byMispa.

18 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon?Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 + 16 =