II KONINGS 20

Siekte en herstel van Hiskía.

1 IN dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek dieHere: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.

2 Toe draai hy sy gesig na die muur, en hy het gebid tot dieHereen gesê:

3 Ag,Here,dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ’n volkome hart gewandel het engedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.

4 En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van dieHerehet tot hom gekom en gesê:

5 Draai om en sê vir Hiskía,die vors van my volk: So spreek dieHere, die God van jou vader Dawid:Ek het jou gebed gehoor, Ek hetjou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van dieHere.

6 En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, enook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid.

7 Verdersê Jesaja: Bring ’n vyekoek; en hulle het dit gaan haal en op die sweer gesit, en hy het gesond geword.

8 Hiskía het vir Jesaja gevra:Wat is die teken dat dieHeremy gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van dieHere?

9 En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van dieHerewees dat dieHeredie woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan?

10 Toe sê Jehiskía: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit.

11 En Jesaja, die profeet, het dieHereaangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agasse sonnewysergedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.

12 In dié tyd het Beródag-Báladan, die seun van Báladan, die koning van Babel, ’n brief en ’n geskenk aan Hiskía gestuur; want hy het gehoor dat Hiskía siek was.

13 En Hiskía het na hulle geluister en hulle sy hele skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers te vinde was; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.

14 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hiskía antwoord: Uit ’n ver land het hulle gekom, uit Babel.

15 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.

16 En Jesaja sê vir Hiskía: Hoor die woord van dieHere!

17 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het,na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê dieHere.

18 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek,sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.

19 Toe sê Hiskía vir Jesaja:Die woord van dieHerewat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!

20 En die verdere geskiedenis van Hiskía en al sy magtige dade, en hoe hydie dam en die watervoor gemaak endie water in die stad gebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

21 En Hiskía het ontslaap met sy vaders, en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.

II KONINGS 21

Regering van die goddelose Manasse.

1 MANASSE was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hefsíba.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, volgens die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdrywe het.

3 En hy het die hoogtes weer gebouwat sy vader Hiskía verniel het, en altare opgerig vir Baäl en ’n heilige boomstam gemaak,soos Agab, die koning van Israel, gemaak het, en hom gebuig voordie hele leër van die hemel en hulle gedien;

4 ookhet hy altare gebou in die huis van dieHere, waarvan dieHeregesê het:In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.

5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel inaltwee die voorhowe van die huis van dieHere;

6 ooksy seun deur die vuur laat deurgaan enmet goëlery enverklarings van voortekens omgegaan endodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereomHomte terg.

7 Hy het ook ’n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan dieHerevir Dawid en sy seun Salomo gesê het:In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat rondswerwe uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.

9 Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdelg het.

10 Toe het dieHeredeur die diens van sy knegte, die profete, gespreek en gesê:

11 Omdat Manasse, die koning van Juda, hierdie gruwels gedoen het —erger as alles wat die Amoriete gedoen het wat voor hom was, en selfs Juda laat sondig het deur sy drekgode —

12 daarom, so sê dieHere, die God van Israel: Kyk, Ek sal ’n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor,se twee ore sal tuit.

13 En Ek sal oor Jerusalemdie meetsnoer van Samaría span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos ’n mens ’n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo.

14 En Ek sal die oorblyfsels van my erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande ’n buit en ’n plundering sal word;

15 omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in my oë, en My gedurig geterg het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe.

16 En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het om te doen wat verkeerd was in die oë van dieHere.

17 En die verdere geskiedenis van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy sonde wat hy begaan het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

18 En Manasse het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die tuin van sy huis, in die tuin vanUssa; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.

Amon koning van Juda.

19 AMON was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mesullémet, ’n dogter van Harus, uit Jotba.

20 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, soos sy vader Manasse gedoen het.

21 En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drekgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.

22 En hy het dieHere, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van dieHeregewandel nie.

23 En die dienaars van Amon het ’n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring.

24 Maar die volk van die land het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.

25 En die verdere geskiedenis van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

26 En hy is begrawe in sy graf,in die tuin van Ussa; en sy seun Josía het in sy plek koning geword.

II KONINGS 22

Regering en hervorminge van Josía. Die Wetboek teruggevind. Afskaffing van afgodery. Die paasfees.

1 JOSÍA was agt jaar oud toe hy koning geword het, en het een-en-dertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jedída, ’n dogter van Adája, uit Boskat.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHereen geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.

3 En in die agttiende jaar van koning Josía het die koning Safan, die skrywer, die seun van Asália, die seun van Mesúllam, in die huis van dieHeregestuur en gesê:

4 Gaan op na Hilkía, die hoëpriester, en laat hydie geld optel wat in die huis van dieHeregebring is, wat die drumpelwagters versamel het uit die volk,

5 en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van dieHere, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die huis van dieHereis om die bouvallige plekke van die huis te herstel,

6 aan die skrynwerkers en bouers en messelaars, en om hout en gekapte klippe te koop om die huis te herstel.

7 Maardaar is nie met hulle afgereken oor die geld wat in hulle hand gegee is nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

8 Toe sê die hoëpriester Hilkía vir Safan, die skrywer:Ek het die wetboek in die huis van dieHeregevind; en Hilkía het die boek aan Safan gegee, en hy het dit gelees.

9 Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die geld uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van dieHere.

10 Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester Hilkía het my ’n boek gegee. En Safan het dit aan die koning voorgelees.

11 En toe die koning die woorde van die wetboek hoor, het hy sy klere geskeur;

12 en die koning het bevel gegee aan Hilkía, die priester, enAhíkam, die seun van Safan, en Agbor, die seun van Migája, en Safan, die skrywer, en Asája, die dienaar van die koning, en gesê:

13 Gaan raadpleeg dieHerevir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van dieHereis groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.

14 Toe gaan die priester Hilkía en Ahíkam en Agbor en Safan en Asája na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder — sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon — en hulle het met haar gespreek.

15 En sy sê aan hulle: So spreek dieHere, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het —

16 so spreek dieHere: Kyk, Ek bring ’n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die woorde van die boek wat die koning van Juda gelees het;

17 omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My met al hul handewerk te terg; daarom sal my grimmigheid ontvlam teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie.

18 Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om dieHerete raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek dieHere, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het —

19 omdat jou hart week is en jy jouvoor die aangesig van dieHereverneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het,dat hulle ’n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ék ook verhoor, spreek dieHere.

20 Daarom, kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, enjy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.

II KONINGS 23

1 TOE het die koning gestuur, en hulle het al die oudstes van Juda en Jerusalem by hom versamel.

2 En die koning het opgegaan in die huis van dieHereen al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die verbondsboekwat in die huis van dieHeregevind is,voor hulle ore gelees.

3 En die koning het op dieverhoog gaan staan en die verbond voor die aangesig van dieHeregesluitom dieHerete volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die verbond.

4 Toe gee die koning die hoëpriester Hilkía en die priestersvan die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van dieHereal die voorwerpe uit te bring wat gemaak is virBaäl en Asjéra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde vanKidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.

5 En hy het die afgodspriesters uitgeroei wat deur die konings van Juda aangestel was om op die hoogtes in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir Baäl, vir die son en die maan en die sterrebeelde endie hele leër van die hemel offerrook laat opgaan het.

6 En hy het die Asjéra uit die huis van dieHerebuitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof vermaal en sy stof gegooiop die algemene begraafplaas.

7 En hy het die huise vandie skandseuns afgebreek wat in die huis van dieHerewas,waar die vroue tente geweef het vir Asjéra.

8 En hy het al die priesters uit die stede van Juda laat kom en die hoogtes verontreinig waar die priesters offerrook laat opgaan het, van Geba af tot by Berséba, en die hoogtes van die poorte afgebreek, die wat by die ingang van die poort van Josua, die owerste van die stad, wasendie wat aan ’n mens se linkerhand in die stadspoort was.

9 Die priesters van die hoogtes mag egter nie op die altaar van dieHerein Jerusalem geklim het nie, maar hulle het ongesuurde brode onder hulle broers geëet.

10 Hy het ookTofet verontreinig wat in die dal van die kinders van Hinnom was, sodat niemandsy seun of sy dogter virMolog deur die vuur sou laat deurgaan nie.

11 En hy het die perde uitgeroei wat die konings van Juda gegee het tot verering van die son, by die ingang van die huis van dieHere, by die kamer van Natan-Meleg, die hofdienaar, in die aanbousel; en die waens van die son het hy met vuur verbrand.

12 Verder, die altare watop die dak van die bo-kamer van Agas was, wat die konings van Juda gemaak het, en die altare watManasse in die twee voorhowe van die huis van dieHeregemaak het, het die koning afgebreek en dit daarvandaan verbrysel en die stof daarvan indie spruit Kidron gegooi.

13 En die hoogtes wat oos van Jerusalem was, suid van die Berg van Bederf, wat Salomo, die koning van Israel, gebou het vir Astárte, die verfoeisel van die Sidoniërs, en vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Milkom, die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning verontreinig.

14 Hy het ook die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap en hulle plek met mensbene opgevul.

15 En ook die altaar wat in Bet-el was, die hoogtewat Jeróbeam, die seun van Nebat, gebou het,wat Israel laat sondig het, ook daardie altaar en die hoogte het hy afgebreek en die hoogte verbrand; hy het dit tot stof vermaal en die heilige boomstam verbrand.

16 En toe Josía hom omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was; en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit verontreinig,volgens die woord van dieHerewat verkondig is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.

17 Toe sê hy: Wat is dit vir ’n grafsteen wat ek daar sien? En die manne van die stad antwoord hom: Dit isdie graf van die man van God wat uit Juda gekom en hierdie dinge uitgeroep het wat teen die altaar van Bet-el gedoen het.

18 Daarop sê hy: Laat hom met rus, laat niemand sy bene verroer nie. En hulle het sy bene met die benevan die profeet wat uit Samaría gekom het, met rus gelaat.

19 En ook al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samaría was, wat die konings van Israel gebou het omdieHerete terg, het Josía afgeskaf en daarmee gehandel ooreenkomstig alles wat hy in Bet-el gedoen het.

20 En al die priesters van die hoogtes wat daar was, het hy op die altare geslag enmensbene daarop verbrand en na Jerusalem teruggegaan.

21 Toe gee die koning die hele volk bevel en sê:Hou pasga vir dieHerejulle Godsoos geskrywe isin hierdie verbondsboek.

22 Want soos hierdie pasga is daar nie een gehou van die dae van die Rigters af wat Israel gerig het, en gedurende al die dae van die konings van Israel en die konings van Juda nie;

23 maar in die agttiende jaar van koning Josía is hierdie pasga vir dieHerein Jerusalem gehou.

24 Ook het Josía die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, omdie woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van dieHeregekry het.

25 En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot dieHerebekeer hetmet sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.

26 Nogtans het dieHereHom nie afgewend van sy groot toorngloed waarmee sy toorn teen Juda ontvlam hetoor al die terginge waarmee Manasse Hom geterg het nie.

27 En dieHerehet gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder soosEk Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.

28 En die verdere geskiedenis van Josía en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

29 In sy dae hetFarao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning Josía het hom tegemoetgetrek, maar dié het hom gedood byMegíddo net toe hy hom sien.

30 En sy dienaars het homdood vervoer van Megíddo af en hom in Jerusalem gebring en hom in sy graf begrawe; endie volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak.

Jóahas, Jójakim en Jójagin konings van Juda.

31 DRIE-EN-TWINTIG jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, die dogter van Jeremia, uit Libna.

32 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerenet soos sy vaders gedoen het.

33 Maar Farao Nego het hom inRibla, in die landHamat, gevange gehou, dat hy in Jerusalem nie sou regeer nie, en die land ’n boete opgelê vanhonderd talente silwer en ’n talent goud.

34 En Farao Nego het Éljakim, die seun van Josía, koning gemaak in die plek van sy vader Josía ensy naam verander in Jójakim, maar Jóahas saamgeneem. So het hy danin Egipte gekom en daar gesterwe.

35 En die silwer en die goud het Jójakim aan Farao gelewer; maar hy het die grond gewaardeer om die geld volgens die bevel van Farao te lewer; volgens wat elkeen geskat is, het hy die silwer en die goud van die bevolking van die land ingevorder om aan Farao Nego te lewer.

36 Vyf-en-twintig jaar wasJójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sebúdda, ’n dogter van Pedája, uit Ruma.

37 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerenet soos sy vaders gedoen het.

II KONINGS 24

1 IN sy dae het Nebukadnésar, die koning van Babel, opgetrek, en Jójakim hetdrie jaar lank sy dienaar geword; daarna het hy weer teen hom gerebelleer.

2 Toe stuur dieHeredie bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon — Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelgvolgens die woord van dieHerewat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.

3 Sekerlik het dit volgens die bevel van dieHereoor Juda gekom, om hulle van sy aangesig te verwydervanweë die sondes van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het;

4 en ook oordie onskuldige bloed wat hy vergiet het, sodat hy Jerusalem met onskuldige bloed gevul het; daarom wou dieHerenie vergewe nie.

5 En die verdere geskiedenis van Jójakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

6 En Jójakim het ontslaap met sy vaders, en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.

7 En die koning van Egipte het nie verder meer uit sy land uitgetrek nie, wantdie koning van Babel het van die spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het.

8 Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, ’n dogter van Élnatan, van Jerusalem.

9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerenet soos sy vader gedoen het.

Begin van die ballingskap.

10 IN dié tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër.

11 En toe Nebukadnésar, die koning van Babel, by die stad kom, terwyl sy dienaars dit beleër,

12 hetJójagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babelhet hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.

13 En hy het daarvandaan uitgebringal die skatte van die huis van dieHereendie skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny watSalomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van dieHere,soos dieHeregespreek het.

14 En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë,tienduisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie,behalwe die arm mense van die land.

15 Enhy het Jójagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.

16 En al die mense van vermoë, seweduisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal helde wat oorlog kan voer — dié het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.

Sedekía die laaste koning van Juda. Nebukadnésar maak ’n einde aan die ryk van Juda.

17 ENdie koning van Babel het Mattánja,die oom vanJójagin,in sy plek koning gemaak ensy naam verander in Sedekía.

18 Een-en-twintig jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder wasHamútal, ’n dogter van Jeremia, uit Libna.

19 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerenet soos Jójakim gedoen het.

20 Want weens die toorn van dieHerehet dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.En Sedekía het teen die koning van Babel gerebelleer.

II KONINGS 25

1 ENin die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadnésar, die koning van Babel, gekom, hy en sy hele leër, teen Jerusalem en daarteen laer opgeslaan en daarteen skanse rondom gebou.

2 En die stad het in beleëring geraak tot die elfde jaar van koning Sedekía.

3 Op die negende van dievierdemaand, toe die hongersnood sterk was in die stad en die mense van die land geen brood gehad het nie,

4 is in die stad ingebreek, enal die krygsmanne is in die nag deur die poort, tussen die twee mure wat bydie koning se tuin is, terwyl die Chaldeërs rondom teen die stad was; endie koninghet getrek op pad na die Vlakte toe.

5 Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en hom in die vlaktes van Jérigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi.

6 Toe vang hulle die koning enbring hom op na die koning van Babel, naRibla toe, en hulle het vonnis oor hom uitgespreek.

7 En hulle het die seuns van Sedekía voor sy oë geslag. En hy het die oë van Sedekía laat verblind en hom met koperkettings gebind en hom na Babel gebring.

8 En in die vyfde maand, opdie sewende van die maand — dit was die negentiende jaar van koning Nebukadnésar, die koning van Babel — het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, die dienaar van die koning van Babel, in Jerusalem gekom.

9 Enhy hetdie huis van dieHereen die huis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem, ja, elke groot huis met vuur verbrand.

10 En die hele leër van die Chaldeërs wat by die owerste van die lyfwag was, hetdie mure van Jerusalem rondom omgegooi.

11 En die res van die volk wat in die stad oorgebly het, en die oorlopers wat na die koning van Babel oorgeloop het — die oorblyfsel van die menigte het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer.

12 Maaruit die armes van die land het die owerste van die lyfwag sommige laat agterbly as wynboere en as landbouers.

13 Verder het die Chaldeërsdie koperpilare wat in die huis van dieHerewas, endie afspoelwaentjies endie kopersee wat in die huis van dieHerewas, stukkend gebreek en die koper daarvan na Babel weggevoer.

14 Ook het hulle weggeneemdie potte en skoppeen messe en rookpanne en al die kopergereedskap waarmee die diens verrig is.

15 En die owerste van die lyfwag het weggeneem die vuurpanne en die komme — wat van pure goud en van pure silwer was —

16 die twee pilare, die een see en die afspoelwaentjies wat Salomo vir die huis van dieHeregemaak het —die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.

17 Die hoogte van een pilaar was agttien el, en ’n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van die kapiteel was drie el; met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met die vlegwerk.

18 Verder het die owerste van die lyfwagSerája, die hoofpriester, geneem enSefánja,die tweede priester, en die drie drumpelwagters.

19 En uit die stad het hy geneem een hofdienaar wat oor die krygsmanne aangestel was, envyf man uit die wat die koning se aangesig gesien het, wat in die stad aanwesig was, en die skrywer van die leërowerste wat die mense van die land vir krygsdiens oproep, en sestig man van die mense van die land wat in die stad aanwesig was.

20 Toe Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hulle neem, het hy hulle na die koning van Babel, naRibla gebring.

21 En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. En Juda is uit sy land in ballingskap weggevoer.

22 En wat die mense betref wat in die land Juda oorgebly het, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, laat agterbly het, oor hulle het hyGedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, aangestel.

23 En toe al die owerstes van die leërs, hulle en die manne, hoor dat die koning van Babel Gedálja aangestel het, kom hulle na Gedálja, na Mispa, naamlik: Ismael, die seun van Netánja, en Jóhanan, die seun van Karéag, en Serája, die seun van Tánhumet, die Netofatiet, en Jaäsánja, die seun van die Maägatiet, hulle met hul manne.

24 En Gedálja het vir hulle en hul manne gesweer en aan hulle gesê: Wees nie bevrees vir die dienaars van die Chaldeërs nie, bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit met julle goed gaan.

25 Maar in die sewende maand het Ismael, die seun van Netánja, die seun van Elisáma, uit die koninklike geslag, gekom en tien manne saam met hom en Gedálja doodgeslaan, ook die Jode en die Chaldeërs wat saam met hom in Mispa was.

26 Toe het die hele volk, klein en groot, hulle gereedgemaak, saam met die owerstes van die leërs, en naEgipte gegaan, want hulle was bevrees vir die Chaldeërs.

27 En in die sewen-en-dertigste jaar vandie ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewen-en-twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jójagin, die koning van Juda,uit die gevangenis verhef.

28 En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was.

29 En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeurbrood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.

30 En aangaande sy lewensonderhoud, ’n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning na die eis van elke dag, al die dae van sy lewe.

I KONINGS 1

Die ouderdom van Dawid. Salomo word as sy opvolger aangestel.

1 TOE koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.

2 En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning ’n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom ’n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.

3 Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel ’n mooi meisie gesoek en Abísag,die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.

4 En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning ’n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.

5 Intussen wasAdónia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word!En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.

6 En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte,en symoederhet hom ná Absalom gebaar.

7 En hy het met Joab, die seun van Serúja, onderhandel en metÁbjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adónia.

8 MaarSadok, die priester, enBenája, die seun van Jójada, enNatan, die profeet, en Símeï en Reï endie helde van Dawid het nie met Adónia saamgegaan nie.

9 En Adónia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Sohélet wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;

10 maar Natan, die profeet, en Benája en die helde en sy broerSalomo het hy nie genooi nie.

11 Toe sê Natan vir Bátseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adónia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?

12 Kom dan nou, laat ek u tog ’n raad gee, dat u u lewe en die lewe van u seun Salomo kan red.

13 Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het ú nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie:U seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hý sal op my troon sit? Waarom het Adónia dan koning geword?

14 Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ék agter u inkom en u woorde aanvul.

15 Daarop het Bátseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Abísag, die Sunamitiese, die koning bedien.

16 En Bátseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê?

17 En sy antwoord hom: My heer, ú het by dieHereu God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word, en hý sal op my troon sit.

18 Maar kyk, nou het Adónia koning geword sonder dat u, my heer die koning, dit weet.

19 Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Ábjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.

20 Maar op ú, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit.

21 Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koningmet sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.

22 En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.

23 En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.

24 En Natan sê: My heer die koning, het ú gesê: Adónia sal ná my koning word, en hý sal op my troon sit?

25 Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Ábjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adónia lewe!

26 Maar mý, u dienaar, en Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.

27 As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit nie.

28 Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep Bátseba vir my! En sy het ingekom voor die koning en voor die koning gaan staan.

29 Toe sweer die koning en sê:So waar as dieHereleef wat my uit alle benoudheid verlos het,

30 sekerlik, soos ek u by dieHere, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hý op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.

31 En Bátseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê:Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!

32 Verder het koning Dawid gesê:Roep vir my Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada. Toe kom hulle in voor die koning,

33 en die koning sê vir hulle: Neemdie dienaars van julle heer met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en bring hom af naGihon toe;

34 en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daaras koning oor Israel salf, enjulle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!

35 Dan moet julle agter hom optrek, dat hy kan inkom en op my troon sit; want hý moet koning wees in my plek, en ek het hom aangestel om ’n vors oor Israel en Juda te wees.

36 Toe antwoord Benája, die seun van Jójada, die koning en sê: Amen! Mag dieHere, die God van my heer die koning, ook so sê.

37 Soos dieHeremet my heer die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my heer die koning Dawid.

38 Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en dieKreti en diePleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring.

39 En die priester Sadok het die horing metolie uit die tent geneem enSalomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, endie hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe!

40 Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid.

41 En Adónia het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; Joab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?

42 Terwyl hy nog spreek, komJónatan, die seun van die priester Ábjatar, daar aan; en Adónia sê: Kom in,want jy is ’n wakker man en bring ’n goeie boodskap.

43 Maar Jónatan antwoord Adónia en sê: Ja, maar ons heer die koning Dawid het Salomo koning gemaak!

44 En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en dieKreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;

45 en Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek,sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het.

46 En ook het Salomoop die koninklike troon gaan sit.

47 Bowendien het die dienaars van die koning gekom om ons heer die koning Dawid geluk te wens met die woorde: Mag u God die naam van Salomo beter maak as u naam ensy troon groter maak as u troon.Toe het die koning op die bed aanbid;

48 en die koning het ook so gesê: Geseënd is dieHere, die God van Israel, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my oë dit sien.

49 Daarop het al die genooides wat by Adónia was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan.

50 Maar Adónia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan endie horings van die altaar vasgehou.

51 Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adónia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.

52 Daarop sê Salomo: As hy ’n betroubare man sal wees,sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, moet hy sterwe.

53 En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis.

I KONINGS 2

Laaste bevele van Dawid. Sy dood.

1 EN toe die dae van Dawid nader kom dat hy sou sterwe, het hy sy seun Salomo bevel gegee en gesê:

2 Ek gaan heen op die weg van die hele aarde: wees dan sterk en word ’n man;

3 en onderhou die ordening van dieHerejou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;

4 sodat dieHeresy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik:As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor my aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel,dan sal daar nie vir jou ’n man op die troon van Israel ontbreek nie.

5 En jy weet ook self wat Joab, die seun van Serúja,my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van Israel,Abner, die seun van Ner, enAmása, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het.

6 Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet jy nie met vrede in die doderyk laat neerdaal nie.

7 Maar aan die seuns vanBarsíllai, die Gileadiet, moet jy guns bewys, en hulle moet wees onder die wataan jou tafel eet; want sóhet hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.

8 Verder is daar by jouSímeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahúrim; hý naamlik het my gevloek met ’n hewige vloek die dag toe ek na Mahanáim gegaan het; enhý het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by dieHeregesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.

9 Maar nou moet jy homnie ongestraf laat bly nie, want jy is ’n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal.

10 Toehet Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawein die stad van Dawid.

11 En die dae wat Dawidoor Israel geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar geregeer.

Straf van Adónia, Ábjatar, Joab en Símeï.

12 DAARNA het Salomo op die troon van sy vader Dawid gaan sit, en sy koningskap is goed bevestig.

13 Toe kom Adónia, die seun van Haggit, na Bátseba, die moeder van Salomo, en sy vra:Is jou koms vrede? En hy antwoord: Vrede.

14 Verder sê hy: Ek het ’n woord vir u. En sy antwoord: Spreek.

15 En hy sê: Ú weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s’n geword, wantdeur dieHerewas dit vir hom bestem.

16 En nou doen ek een versoek aan u; wys my nie af nie. En sy antwoord hom: Spreek.

17 Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want hy sal u nie afwys nie, dat hyAbísag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee.

18 En Bátseba sê: Goed, ék sal met die koning oor jou spreek.

19 Toe Bátseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor Adónia te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning ’n stoel laat neersit,en sy het aan sy regterhand plaas geneem.

20 Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie afwys nie.

21 En sy sê: Laat Abísag, die Sunamitiese, aan u broer Adónia as vrou gegee word.

22 Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir Adónia? Vra ook die koningskap vir hom, wanthy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en virÁbjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Serúja!

23 En koning Salomo het gesweer by dieHereen gesê:Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen — sekerlik, Adónia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek.

24 En nou,so waar as dieHereleef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my ’n huis gestig hetvolgens sy belofte — Adónia sal sekerlik vandag gedood word!

25 Daarop het koning Salomo gestuur deur die diens vanBenája, die seun van Jójada; en dié het op hom aangeval, sodat hy gesterf het.

26 En vir Ábjatar, die priester, sê die koning: Gaan naÁnatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdatjy die ark van die HereHerevoor my vader Dawid uit gedra het en omdatjy deelgenoot was van alles wat my vader gely het.

27 So het Salomo dan Ábjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van dieHerewas nie, omdie woord van dieHerete vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het.

28 Toe die gerug by Joab kom — want Joabwas aan die kant van Adónia, alhoewelhy nie aan die kant van Absalom was nie — het Joab gevlugna die tent van dieHereendie horings van die altaar vasgehou.

29 En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van dieHere, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Benája, die seun van Jójada, weet: Gaan heen, val op hom aan.

30 Daarop het Benája by die tent van dieHeregekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Benája het die koning ’n antwoord gebring en gesê: Só het Joab gespreek, en só het hy my geantwoord.

31 Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom,sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;

32 en dat dieHeresy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid:Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, enAmása, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;

33 en dat hulle bloed op die hoof van Joab enop die hoof van sy nageslag vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy nageslag en sy huis en sy troon vrede kan hê van dieHeretot in ewigheid.

34 Toe het Benája, die seun van Jójada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawein sy huis in die woestyn.

35 Daarop het die koning Benája, die seun van Jójada, in sy plek oor die leër aangestel; enSadok, die priester, het die koning aangestel in die plek vanÁbjatar.

36 Verder het die koningSímeï laat roep en vir hom gesê: Bou vir jou ’n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en mag daarvandaan nie uitgaan, nêrens heen nie;

37 die dag dat jy uitgaan en oordie spruit Kidron trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe;jou bloed sal op jou hoof wees.

38 En Símeï sê vir die koning: Dit is goed; soos my heer die koning gespreek het, so sal u dienaar doen. En Símeï het baie dae in Jerusalem gebly.

39 Maar aan die einde van drie jaar het twee van Símeï se slawe weggeloop naAgis, die seun van Máäga, die koning vanGat; en aan Símeï is meegedeel en gesê: Jou slawe is daar in Gat.

40 Toe maak Símeï klaar en saal sy esel op en vertrek na Gat, na Agis toe, om sy slawe te soek; en Símeï het gegaan en sy slawe van Gat af gebring.

41 Maar aan Salomo is meegedeel dat Símeï uit Jerusalem na Gat weggegaan en teruggekom het.

42 Daarop laat die koning Símeï roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by dieHerebesweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.

43 Waarom het jy dan die eed by dieHereen die gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie?

44 Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken selfal die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daaromlaat dieHerejou boosheid op jou eie hoof neerkom.

45 Maar mag koning Salomo geseënd wees en die troon van Dawid bevestig word voor die aangesig van dieHeretot in ewigheid!

46 Daarop gee die koning bevel aan Benája, die seun van Jójada: dié het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het.

47 En die koningskap is bevestig in die hand van Salomo.

I KONINGS 3

Salomo se huwelik. Sy droomgesig in Gíbeon. Hy vra en verkry wysheid.

1 ENSalomo het hom verswaer met Farao, die koning van Egipte; hy het naamlik die dogter van Farao geneem en haar indie stad van Dawid ingebring totdat hy met die bou vansy huis endie huis van dieHereendie muur van Jerusalem rondom klaar sou wees.

2 Alleenlik het die volk gedurig op die hoogtes geoffer, omdat tot op daardie dae daar geen huis vir die Naam van dieHeregebou was nie.

3 En Salomo het dieHereliefgehad deur in die insettinge van sy vader Dawid te wandel; hy het net gedurig op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.

4 En die koning het naGíbeon gegaan om daar te offer,omdat dit die vernaamstehoogte was; duisend brandoffers het Salomo op daardie altaar geoffer.

5 Toe verskyn dieHerein Gíbeon in ’n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.

6 En Salomo sê: U het aan u kneg, my vader Dawid, ’n groot guns bewys, net soos hy voor u aangesig gewandel het in trou en in geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom ’n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is.

7 Nou dan,Heremy God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is ’n jong seun; ek weet nie omuit of in te gaan nie.

8 En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, ’n groot volkwat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie.

9 Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?

10 En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.

11 En God het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou ’n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor,

12 so doen Ek dan volgens jou woord:Kyk, Ek gee jou ’n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.

13 Ja,selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee,rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.

14 En as jy in my weë wandel, deur my insettinge en my gebooie te onderhou, soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal Ek jou dae verleng.

15 Toe word Salomo wakker, en — dit was ’n droom! Daarop het hy in Jerusalem gekom en voordie verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers gebring en dankoffers berei en ’n maaltyd vir al sy dienaars aangerig.

16 In dié tyd kom daar twee vroue wat hoere was, na die koning, en hulle gaan voor hom staan.

17 En die een vrou sê: Ag, my heer, ek en hierdie vrou woon in een huis, en ek het by haar in die huis gebaar.

18 En op die derde dag ná my bevalling het hierdie vrou ook gebaar terwyl ons saam was; niemand anders was by ons in die huis nie, maar net ons twee in die huis.

19 En die seun van hierdie vrou het in die nag gesterwe, omdat sy op hom gelê het.

20 Toe staan sy in die middel van die nag op en neem my seun langs my weg terwyl u dienares slaap; en sy het hom in haar skoot neergelê, maar haar dooie seun in my skoot neergelê.

21 Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was hy dood; maar in die môre het ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek gebaar het nie!

22 Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige is my seun, en die dooie is jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige is my seun. So het hulle dan voor die koning gestry.

23 Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my seun.

24 Daarop gee die koning bevel: Bring vir my ’n swaard! En hulle het die swaard voor die koning gebring.

25 En die koning sê: Sny die lewendige kind in twee stukke, en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander.

26 Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun — sy het gesê: Ag, my heer, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie! — terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joue wees nie; sny deur!

27 Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die lewendige kind en maak hom in geen geval dood nie: sy is die moeder.

28 En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daargoddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen.

I KONINGS 4

Vernaamste amptenare van Salomo. Sy koninklike weelde, mag en rykdom.

1 SO was koning Salomo dan koning oor die hele Israel.

2 En dít was sy hoofamptenare: Asárja, die seun van Sadok, was die priester;

3 Elihóref en Ahía, die seuns van Sisa, was skrywers; Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

4 EnBenája, die seun van Jójada, was oor die leër, en Sadok enÁbjatar was priesters.

5 En Asárja, die seun van Natan, was oordie bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, ’n priester, wasdie vriend van die koning.

6 En Ahísar was oor die paleis; enAdoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.

7 Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het ’n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.

8 En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim;

9 Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;

10 Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;

11 Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.

12 Báäna, die seun van Ahílud,het gehad:Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant Jísreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.

13 Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stedemet mure en kopergrendels.

14 Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.

15 Ahímaäs in Náftali; hy het ook ’n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem.

16 Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot;

17 Jósafat, die seun van Parúag, in Íssaskar;

18 Símeï, die seun van Ela, in Benjamin;

19 Geber, die seun van Uri, in die land Gílead,die land van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning van Basan; en hy was die enigste bestuurder in die land.

20 Juda en Israel was talryksoos die sand wat aan die seestrand is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly.

21 Verder was Salomo heerser oor al die koninkrykevan die Eufraat af tot by die land van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte;hulle het belasting aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe.

22 En Salomo se voedsel vir een dag was dertig kor fynmeel en sestig kor meel;

23 tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse.

24 Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, vanTifsag af tot byGasa, oor al die konings wes van die Eufraat, envrede gehad aan alle kante rondom;

25 sodat Juda en Israel veilig gewoon het,elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom,van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo.

26 Verder het Salomoveertigduisend krippe gehad vir sy trekperde, en twaalfduisend ryperde.

27 En daardiebestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie.

28 En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy orde.

Wysheid van Salomo.

29 ENGod het aan Salomo wysheid gegee en ’n baie groot verstand en ’n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,

30 sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van aldie kinders van die Ooste en as aldie wysheid van Egipte.

31 Ja, hy waswyser as al die mense,as Etan, die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy beroemd was onder al die nasies rondom.

32 En hy het drieduisend spreuke uitgespreek, en sy liedere was duisend-en-vyf.

33 En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.

34 En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, vanal die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.