II KONINGS 21

Regering van die goddelose Manasse.

1 MANASSE was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hefsíba.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, volgens die gruwels van die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdrywe het.

3 En hy het die hoogtes weer gebouwat sy vader Hiskía verniel het, en altare opgerig vir Baäl en ’n heilige boomstam gemaak,soos Agab, die koning van Israel, gemaak het, en hom gebuig voordie hele leër van die hemel en hulle gedien;

4 ookhet hy altare gebou in die huis van dieHere, waarvan dieHeregesê het:In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.

5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel inaltwee die voorhowe van die huis van dieHere;

6 ooksy seun deur die vuur laat deurgaan enmet goëlery enverklarings van voortekens omgegaan endodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereomHomte terg.

7 Hy het ook ’n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan dieHerevir Dawid en sy seun Salomo gesê het:In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat rondswerwe uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.

9 Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdelg het.

10 Toe het dieHeredeur die diens van sy knegte, die profete, gespreek en gesê:

11 Omdat Manasse, die koning van Juda, hierdie gruwels gedoen het —erger as alles wat die Amoriete gedoen het wat voor hom was, en selfs Juda laat sondig het deur sy drekgode —

12 daarom, so sê dieHere, die God van Israel: Kyk, Ek sal ’n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor,se twee ore sal tuit.

13 En Ek sal oor Jerusalemdie meetsnoer van Samaría span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos ’n mens ’n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo.

14 En Ek sal die oorblyfsels van my erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande ’n buit en ’n plundering sal word;

15 omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in my oë, en My gedurig geterg het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe.

16 En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het om te doen wat verkeerd was in die oë van dieHere.

17 En die verdere geskiedenis van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy sonde wat hy begaan het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

18 En Manasse het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die tuin van sy huis, in die tuin vanUssa; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.

Amon koning van Juda.

19 AMON was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mesullémet, ’n dogter van Harus, uit Jotba.

20 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, soos sy vader Manasse gedoen het.

21 En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drekgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.

22 En hy het dieHere, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van dieHeregewandel nie.

23 En die dienaars van Amon het ’n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring.

24 Maar die volk van die land het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.

25 En die verdere geskiedenis van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

26 En hy is begrawe in sy graf,in die tuin van Ussa; en sy seun Josía het in sy plek koning geword.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 + 6 =