II KONINGS 24

1 IN sy dae het Nebukadnésar, die koning van Babel, opgetrek, en Jójakim hetdrie jaar lank sy dienaar geword; daarna het hy weer teen hom gerebelleer.

2 Toe stuur dieHeredie bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon — Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelgvolgens die woord van dieHerewat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.

3 Sekerlik het dit volgens die bevel van dieHereoor Juda gekom, om hulle van sy aangesig te verwydervanweë die sondes van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het;

4 en ook oordie onskuldige bloed wat hy vergiet het, sodat hy Jerusalem met onskuldige bloed gevul het; daarom wou dieHerenie vergewe nie.

5 En die verdere geskiedenis van Jójakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

6 En Jójakim het ontslaap met sy vaders, en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.

7 En die koning van Egipte het nie verder meer uit sy land uitgetrek nie, wantdie koning van Babel het van die spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het.

8 Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, ’n dogter van Élnatan, van Jerusalem.

9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerenet soos sy vader gedoen het.

Begin van die ballingskap.

10 IN dié tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër.

11 En toe Nebukadnésar, die koning van Babel, by die stad kom, terwyl sy dienaars dit beleër,

12 hetJójagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babelhet hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.

13 En hy het daarvandaan uitgebringal die skatte van die huis van dieHereendie skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny watSalomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van dieHere,soos dieHeregespreek het.

14 En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë,tienduisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie,behalwe die arm mense van die land.

15 Enhy het Jójagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.

16 En al die mense van vermoë, seweduisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal helde wat oorlog kan voer — dié het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.

Sedekía die laaste koning van Juda. Nebukadnésar maak ’n einde aan die ryk van Juda.

17 ENdie koning van Babel het Mattánja,die oom vanJójagin,in sy plek koning gemaak ensy naam verander in Sedekía.

18 Een-en-twintig jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder wasHamútal, ’n dogter van Jeremia, uit Libna.

19 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerenet soos Jójakim gedoen het.

20 Want weens die toorn van dieHerehet dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.En Sedekía het teen die koning van Babel gerebelleer.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nine − six =