II KONINGS 22

Regering en hervorminge van Josía. Die Wetboek teruggevind. Afskaffing van afgodery. Die paasfees.

1 JOSÍA was agt jaar oud toe hy koning geword het, en het een-en-dertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jedída, ’n dogter van Adája, uit Boskat.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van dieHereen geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.

3 En in die agttiende jaar van koning Josía het die koning Safan, die skrywer, die seun van Asália, die seun van Mesúllam, in die huis van dieHeregestuur en gesê:

4 Gaan op na Hilkía, die hoëpriester, en laat hydie geld optel wat in die huis van dieHeregebring is, wat die drumpelwagters versamel het uit die volk,

5 en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van dieHere, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die huis van dieHereis om die bouvallige plekke van die huis te herstel,

6 aan die skrynwerkers en bouers en messelaars, en om hout en gekapte klippe te koop om die huis te herstel.

7 Maardaar is nie met hulle afgereken oor die geld wat in hulle hand gegee is nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

8 Toe sê die hoëpriester Hilkía vir Safan, die skrywer:Ek het die wetboek in die huis van dieHeregevind; en Hilkía het die boek aan Safan gegee, en hy het dit gelees.

9 Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die geld uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van dieHere.

10 Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester Hilkía het my ’n boek gegee. En Safan het dit aan die koning voorgelees.

11 En toe die koning die woorde van die wetboek hoor, het hy sy klere geskeur;

12 en die koning het bevel gegee aan Hilkía, die priester, enAhíkam, die seun van Safan, en Agbor, die seun van Migája, en Safan, die skrywer, en Asája, die dienaar van die koning, en gesê:

13 Gaan raadpleeg dieHerevir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van dieHereis groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.

14 Toe gaan die priester Hilkía en Ahíkam en Agbor en Safan en Asája na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder — sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon — en hulle het met haar gespreek.

15 En sy sê aan hulle: So spreek dieHere, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het —

16 so spreek dieHere: Kyk, Ek bring ’n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die woorde van die boek wat die koning van Juda gelees het;

17 omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My met al hul handewerk te terg; daarom sal my grimmigheid ontvlam teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie.

18 Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om dieHerete raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek dieHere, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het —

19 omdat jou hart week is en jy jouvoor die aangesig van dieHereverneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het,dat hulle ’n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ék ook verhoor, spreek dieHere.

20 Daarom, kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, enjy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

17 − 14 =