II KONINGS 23

1 TOE het die koning gestuur, en hulle het al die oudstes van Juda en Jerusalem by hom versamel.

2 En die koning het opgegaan in die huis van dieHereen al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die verbondsboekwat in die huis van dieHeregevind is,voor hulle ore gelees.

3 En die koning het op dieverhoog gaan staan en die verbond voor die aangesig van dieHeregesluitom dieHerete volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die verbond.

4 Toe gee die koning die hoëpriester Hilkía en die priestersvan die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van dieHereal die voorwerpe uit te bring wat gemaak is virBaäl en Asjéra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde vanKidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.

5 En hy het die afgodspriesters uitgeroei wat deur die konings van Juda aangestel was om op die hoogtes in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir Baäl, vir die son en die maan en die sterrebeelde endie hele leër van die hemel offerrook laat opgaan het.

6 En hy het die Asjéra uit die huis van dieHerebuitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof vermaal en sy stof gegooiop die algemene begraafplaas.

7 En hy het die huise vandie skandseuns afgebreek wat in die huis van dieHerewas,waar die vroue tente geweef het vir Asjéra.

8 En hy het al die priesters uit die stede van Juda laat kom en die hoogtes verontreinig waar die priesters offerrook laat opgaan het, van Geba af tot by Berséba, en die hoogtes van die poorte afgebreek, die wat by die ingang van die poort van Josua, die owerste van die stad, wasendie wat aan ’n mens se linkerhand in die stadspoort was.

9 Die priesters van die hoogtes mag egter nie op die altaar van dieHerein Jerusalem geklim het nie, maar hulle het ongesuurde brode onder hulle broers geëet.

10 Hy het ookTofet verontreinig wat in die dal van die kinders van Hinnom was, sodat niemandsy seun of sy dogter virMolog deur die vuur sou laat deurgaan nie.

11 En hy het die perde uitgeroei wat die konings van Juda gegee het tot verering van die son, by die ingang van die huis van dieHere, by die kamer van Natan-Meleg, die hofdienaar, in die aanbousel; en die waens van die son het hy met vuur verbrand.

12 Verder, die altare watop die dak van die bo-kamer van Agas was, wat die konings van Juda gemaak het, en die altare watManasse in die twee voorhowe van die huis van dieHeregemaak het, het die koning afgebreek en dit daarvandaan verbrysel en die stof daarvan indie spruit Kidron gegooi.

13 En die hoogtes wat oos van Jerusalem was, suid van die Berg van Bederf, wat Salomo, die koning van Israel, gebou het vir Astárte, die verfoeisel van die Sidoniërs, en vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Milkom, die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning verontreinig.

14 Hy het ook die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap en hulle plek met mensbene opgevul.

15 En ook die altaar wat in Bet-el was, die hoogtewat Jeróbeam, die seun van Nebat, gebou het,wat Israel laat sondig het, ook daardie altaar en die hoogte het hy afgebreek en die hoogte verbrand; hy het dit tot stof vermaal en die heilige boomstam verbrand.

16 En toe Josía hom omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was; en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit verontreinig,volgens die woord van dieHerewat verkondig is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.

17 Toe sê hy: Wat is dit vir ’n grafsteen wat ek daar sien? En die manne van die stad antwoord hom: Dit isdie graf van die man van God wat uit Juda gekom en hierdie dinge uitgeroep het wat teen die altaar van Bet-el gedoen het.

18 Daarop sê hy: Laat hom met rus, laat niemand sy bene verroer nie. En hulle het sy bene met die benevan die profeet wat uit Samaría gekom het, met rus gelaat.

19 En ook al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samaría was, wat die konings van Israel gebou het omdieHerete terg, het Josía afgeskaf en daarmee gehandel ooreenkomstig alles wat hy in Bet-el gedoen het.

20 En al die priesters van die hoogtes wat daar was, het hy op die altare geslag enmensbene daarop verbrand en na Jerusalem teruggegaan.

21 Toe gee die koning die hele volk bevel en sê:Hou pasga vir dieHerejulle Godsoos geskrywe isin hierdie verbondsboek.

22 Want soos hierdie pasga is daar nie een gehou van die dae van die Rigters af wat Israel gerig het, en gedurende al die dae van die konings van Israel en die konings van Juda nie;

23 maar in die agttiende jaar van koning Josía is hierdie pasga vir dieHerein Jerusalem gehou.

24 Ook het Josía die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, omdie woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van dieHeregekry het.

25 En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot dieHerebekeer hetmet sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.

26 Nogtans het dieHereHom nie afgewend van sy groot toorngloed waarmee sy toorn teen Juda ontvlam hetoor al die terginge waarmee Manasse Hom geterg het nie.

27 En dieHerehet gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder soosEk Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.

28 En die verdere geskiedenis van Josía en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

29 In sy dae hetFarao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning Josía het hom tegemoetgetrek, maar dié het hom gedood byMegíddo net toe hy hom sien.

30 En sy dienaars het homdood vervoer van Megíddo af en hom in Jerusalem gebring en hom in sy graf begrawe; endie volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak.

Jóahas, Jójakim en Jójagin konings van Juda.

31 DRIE-EN-TWINTIG jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, die dogter van Jeremia, uit Libna.

32 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerenet soos sy vaders gedoen het.

33 Maar Farao Nego het hom inRibla, in die landHamat, gevange gehou, dat hy in Jerusalem nie sou regeer nie, en die land ’n boete opgelê vanhonderd talente silwer en ’n talent goud.

34 En Farao Nego het Éljakim, die seun van Josía, koning gemaak in die plek van sy vader Josía ensy naam verander in Jójakim, maar Jóahas saamgeneem. So het hy danin Egipte gekom en daar gesterwe.

35 En die silwer en die goud het Jójakim aan Farao gelewer; maar hy het die grond gewaardeer om die geld volgens die bevel van Farao te lewer; volgens wat elkeen geskat is, het hy die silwer en die goud van die bevolking van die land ingevorder om aan Farao Nego te lewer.

36 Vyf-en-twintig jaar wasJójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sebúdda, ’n dogter van Pedája, uit Ruma.

37 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHerenet soos sy vaders gedoen het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen + 13 =