I KONINGS 2

Laaste bevele van Dawid. Sy dood.

1 EN toe die dae van Dawid nader kom dat hy sou sterwe, het hy sy seun Salomo bevel gegee en gesê:

2 Ek gaan heen op die weg van die hele aarde: wees dan sterk en word ’n man;

3 en onderhou die ordening van dieHerejou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;

4 sodat dieHeresy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik:As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor my aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel,dan sal daar nie vir jou ’n man op die troon van Israel ontbreek nie.

5 En jy weet ook self wat Joab, die seun van Serúja,my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van Israel,Abner, die seun van Ner, enAmása, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het.

6 Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet jy nie met vrede in die doderyk laat neerdaal nie.

7 Maar aan die seuns vanBarsíllai, die Gileadiet, moet jy guns bewys, en hulle moet wees onder die wataan jou tafel eet; want sóhet hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.

8 Verder is daar by jouSímeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahúrim; hý naamlik het my gevloek met ’n hewige vloek die dag toe ek na Mahanáim gegaan het; enhý het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by dieHeregesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.

9 Maar nou moet jy homnie ongestraf laat bly nie, want jy is ’n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal.

10 Toehet Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawein die stad van Dawid.

11 En die dae wat Dawidoor Israel geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar geregeer.

Straf van Adónia, Ábjatar, Joab en Símeï.

12 DAARNA het Salomo op die troon van sy vader Dawid gaan sit, en sy koningskap is goed bevestig.

13 Toe kom Adónia, die seun van Haggit, na Bátseba, die moeder van Salomo, en sy vra:Is jou koms vrede? En hy antwoord: Vrede.

14 Verder sê hy: Ek het ’n woord vir u. En sy antwoord: Spreek.

15 En hy sê: Ú weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s’n geword, wantdeur dieHerewas dit vir hom bestem.

16 En nou doen ek een versoek aan u; wys my nie af nie. En sy antwoord hom: Spreek.

17 Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want hy sal u nie afwys nie, dat hyAbísag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee.

18 En Bátseba sê: Goed, ék sal met die koning oor jou spreek.

19 Toe Bátseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor Adónia te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning ’n stoel laat neersit,en sy het aan sy regterhand plaas geneem.

20 Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie afwys nie.

21 En sy sê: Laat Abísag, die Sunamitiese, aan u broer Adónia as vrou gegee word.

22 Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir Adónia? Vra ook die koningskap vir hom, wanthy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en virÁbjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Serúja!

23 En koning Salomo het gesweer by dieHereen gesê:Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen — sekerlik, Adónia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek.

24 En nou,so waar as dieHereleef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my ’n huis gestig hetvolgens sy belofte — Adónia sal sekerlik vandag gedood word!

25 Daarop het koning Salomo gestuur deur die diens vanBenája, die seun van Jójada; en dié het op hom aangeval, sodat hy gesterf het.

26 En vir Ábjatar, die priester, sê die koning: Gaan naÁnatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdatjy die ark van die HereHerevoor my vader Dawid uit gedra het en omdatjy deelgenoot was van alles wat my vader gely het.

27 So het Salomo dan Ábjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van dieHerewas nie, omdie woord van dieHerete vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het.

28 Toe die gerug by Joab kom — want Joabwas aan die kant van Adónia, alhoewelhy nie aan die kant van Absalom was nie — het Joab gevlugna die tent van dieHereendie horings van die altaar vasgehou.

29 En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van dieHere, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Benája, die seun van Jójada, weet: Gaan heen, val op hom aan.

30 Daarop het Benája by die tent van dieHeregekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Benája het die koning ’n antwoord gebring en gesê: Só het Joab gespreek, en só het hy my geantwoord.

31 Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom,sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;

32 en dat dieHeresy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid:Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, enAmása, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;

33 en dat hulle bloed op die hoof van Joab enop die hoof van sy nageslag vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy nageslag en sy huis en sy troon vrede kan hê van dieHeretot in ewigheid.

34 Toe het Benája, die seun van Jójada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawein sy huis in die woestyn.

35 Daarop het die koning Benája, die seun van Jójada, in sy plek oor die leër aangestel; enSadok, die priester, het die koning aangestel in die plek vanÁbjatar.

36 Verder het die koningSímeï laat roep en vir hom gesê: Bou vir jou ’n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en mag daarvandaan nie uitgaan, nêrens heen nie;

37 die dag dat jy uitgaan en oordie spruit Kidron trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe;jou bloed sal op jou hoof wees.

38 En Símeï sê vir die koning: Dit is goed; soos my heer die koning gespreek het, so sal u dienaar doen. En Símeï het baie dae in Jerusalem gebly.

39 Maar aan die einde van drie jaar het twee van Símeï se slawe weggeloop naAgis, die seun van Máäga, die koning vanGat; en aan Símeï is meegedeel en gesê: Jou slawe is daar in Gat.

40 Toe maak Símeï klaar en saal sy esel op en vertrek na Gat, na Agis toe, om sy slawe te soek; en Símeï het gegaan en sy slawe van Gat af gebring.

41 Maar aan Salomo is meegedeel dat Símeï uit Jerusalem na Gat weggegaan en teruggekom het.

42 Daarop laat die koning Símeï roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by dieHerebesweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.

43 Waarom het jy dan die eed by dieHereen die gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie?

44 Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken selfal die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daaromlaat dieHerejou boosheid op jou eie hoof neerkom.

45 Maar mag koning Salomo geseënd wees en die troon van Dawid bevestig word voor die aangesig van dieHeretot in ewigheid!

46 Daarop gee die koning bevel aan Benája, die seun van Jójada: dié het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het.

47 En die koningskap is bevestig in die hand van Salomo.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty − five =