HOOGLIED 1

Die bruid verlang na die bruidegom en soek hom.

1 DIEhooglied van Salomo.

2 Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.

3 U salf is aangenaam van geur, unaam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.

4 Trek my agter u aan, laat ons gou maak!Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

5 Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soosdie tente vanKedar, soos die gordyne van Salomo.

6 Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.

7 Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met ’n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?

8 As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders.

9 Met die perde voor ’n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!

10 Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere.

11 Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe.

12 So lank as die koning aan sy tafel was, het mynardus sy geur gegee.

13 My beminde is vir my ’n bossie mirre wat tussen my borste rus.

14 My beminde is vir my ’n tros hennablomme in die wingerde van Éngedi.

15 Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë issoosduiwe!

16 Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.

17 Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.

HOOGLIED 2

1 EK is ’nnarsing van Saron, ’n lelie van die dale.

2 Soos ’n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters.

3 Soos ’n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte.

4 Hy het my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my was die liefde.

5 Versterk my met rosynekoeke, verkwik my met appels, want ek is krank van liefde.

6 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.

7 Ek besweer julle,dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit dieliefdebehaag nie.

8 Hoor, my beminde, kyk, daar kom hy! Hy spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels.

9 My beminde lyksoos ’n gemsbok of soos ’n jong takbok. Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen.

10 My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

11 Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.

12 Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en dietortelduif laat sy stem hoor in ons land.

13 Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke watbloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

14 My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by diekrans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.

15 Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.

16 My beminde is myne, en ek is syne watherder is onder die lelies.

17 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, kom aan, my beminde,maak soos die gemsbok of soos die jong takbok op die berge van skeiding.

HOOGLIED 3

1 OP my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

2 Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

3 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref. Het julle my sielsbeminde nie gesien nie?

4 Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.

5 Ek besweer julle,dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit dieliefdebehaag nie.

Die bruilofstoet. Liefdesverklaring van die bruidegom.

6 WIE is dit wat daar opkom uit die woestyn soosrookpilare, omgeurd van mirre en wierook, van allerhande speserye van die koopman?

7 Kyk, dit is die draagstoel van Salomo, sestig helde daaromheen, van die helde van Israel,

8 hulle almal met ’n swaard gewapend, geoefend vir oorlog, elkeen met sy swaard aan sy heup vanweë die nagtelike verskrikking.

9 Koning Salomo het vir hom ’n draagstoel gemaak van die hout van die Líbanon;

10 die steile daarvan het hy gemaak van silwer, die leuning van goud, die sitplek van purper, die binnekant mooi opgemaak — ’n liefdegawevandie dogters van Jerusalem.

11 Kom uit, dogters vanSion, en aanskou met vreugde die koning Salomo, die krans waarmee sy moeder hom bekrans hetop sy troudag en op die dag dat sy hart vrolik is.

HOOGLIED 4

1 HOE mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë issoosduiwedeur u sluier heen;u hare is soos ’n kudde bokke wat van die gebergte vanGílead afgolf.

2 U tande is soos ’n kudde pas geskeerdeskapewat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

3 U lippe is soos ’n skarlaken band, en u mond is lieflik.U slape is soos ’ngranaatskyf deur u sluier heen.

4 U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waardie duisend skilde in hang, almal skilde van helde.

5 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van ’ngemsbok, watonder die lelies wei.

6 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na diemirreberg en na die wierookheuwel.

7 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar isgeen gebrek aan u nie.

8 Saam met my van die Líbanon af, bruid, saam met my van dieLíbanon af, o kom! Trek af van die top van Amána, van die top vanSenir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van dieluiperds.

9 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met eenstraalvan u oë, met een kettinkie van u halssieraad.

10 Hoe skoon is u liefde,my susterbruid, hoeveelbeter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!

11 Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die Líbanon.

12 My susterbruid is ’n geslote tuin, ’n geslote bron, ’n verseëlde fontein.

13 U spruite is ’n park vangranate met kostelike vrugte, henna-blomme metnardus,

14 nardus en saffraan,kalmoes en kaneel, met allerhandewierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.

15 U is’n fontein van die tuine, ’n put metlewende water wat van die Líbanon afvloei.

16 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei!Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.

HOOGLIED 5

1 EK het in my tuin gekom, my susterbruid, ek het mymirre met my balsem gepluk,ek het geëet van my heuningkoek met my heuning, ek het gedrink my wyn met my melk; eet, vriende, drink en word dronk, bemindes.

2 Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my bemindeklop: Maak vir my oop, my suster,my vriendin,my duif,my volmaakte! Want my hoof is vol dou, my haarlokke vol nagdruppels.

3 Ek het my kleed uitgetrek, hoe kan ek dit weer aantrek? Ek het my voete gewas, hoe kan ek dit weer vuil maak?

4 My beminde het sy hand deur die deuropening gesteek; toe het my binneste oor hom in beroering gekom;

5 ek het opgestaan om vir my beminde oop te maak, terwyl my hande drup van mirre en my vingers van vloeiende mirre op die handvatsels van die grendel.

6 Ek het vir my beminde oopgemaak, maar my beminde het weggedraai, verbygegaan; ek het my besinning verloortoe hy gespreek het;ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie; ek het na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie.

7 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte by die mure het my mantel van my afgeneem.

8 Ek besweer julle,dogters van Jerusalem, as julle my beminde vind, wat sal julle hom vertel? Datek krank is van liefde.

9 Wat is u beminde meer as ’n ander beminde,o skoonste onder die vroue — wat is u beminde meer as ’n ander beminde, dat u ons so besweer het?

10 My beminde is skitterend wit en rooi, uitnemender as tienduisend.

11 Sy hoof is goud,suiwer goud; sy haarlokke is golwende, swart soos ’n raaf,

12 sy oë soos duiwe by waterstrome, in melk gewas, sittend by ’n vollebron.

13 Sy wange is soosbalsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe islelies wat van vloeiende mirre drup.

14 Sy hande is ronde stawe van goud, ingevul metchrisoliet, sy liggaam ’n kunswerk van ivoor, bedek metsaffierstene.

15 Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyn goud; sy gestalte is soos dieLíbanon, uitgesoek soos dieseders.

16 Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.

HOOGLIED 6

1 WAAR het u beminde heengegaan,o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek?

2 My beminde het afgeloop nasy tuin, na diebalsembeddings om hom te vermaak in die tuine en omlelies te versamel.

3 Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne — hy wat herder is onder die lelies.

4 Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels.

5 Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my;u hare is soos ’n kudde bokke wat van Gílead afgolf.

6 U tande is soos ’n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

7 U slape is soos ’n granaatskyf deur u sluier heen.

8 Daar issestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.

9 Een, dié is my duif,my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het.Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:

10 Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?

11 Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal,om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom.

12 Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk.

13 Kom terug, kom terug,Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.

HOOGLIED 7

1 HOE mooi is u skrede in die skoene,o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, ’n werk van kunstenaarshande.

2 U nawel is ’n ronde kom — laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is ’n hoop koring, omring deurlelies.

3 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van ’n gemsbok.

4 U hals is soos ’n ivoortoring, u oë vywers inHesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die Líbanon wat na Damaskus toe uitkyk.

5 U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper —’n koning gevang in haarlokke!

6 Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!

7 U hoë gestalte daar lyk soos ’n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse.

8 Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos dié van appels,

9 en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.

10 Ek is my beminde s’n, en sybegeerte is na my.

11 Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag.

12 Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat onssien of die wingerdstok uitloop, diedruiwebloeisel oopgaan,die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.

13 Dieliefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.

HOOGLIED 8

1 AG, was u maar vir my soos ’n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.

2 Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van diegekruide wyn, van mygranaatmos.

3 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.

4 Ek besweer julle,dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit dieliefdebehaag?

5 Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het.

6 Dra my soos ’n seëlring op u hart, soos’n seëlring op u arm; wantliefde is sterk soos die dood, dieliefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ’n gloed van vuur, ’n vlam van dieHere.

7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ’n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.

8 Ons het ’n klein sustertjiewat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak dié dag as sy gevra word?

9 As sy ’n muur is, sal ons ’n silwerrand daarop bou, en as sy ’n deur is, sal ons dit met ’n sederplank toeslaan.

10 Ek is ’n muur, en my borste soostorings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind.

11 Salomo het ’nwingerd in Baäl-Hamon gehad;hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisendsikkelssilwer inbring.

12 My wingerd, myne, is hier voor my, die duisendsikkelsis vir u, Salomo, en tweehonderd vir die wat sy vrugte bewaak.

13 U wat in die tuine woon — vriende luister na u stem;laat my dit hoor.

14 Vlug, my beminde, enmaak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.

PREDIKER 1

Alles is tevergeefs.

1 DIE woorde van diePrediker, die seun van Dawid,die koning in Jerusalem.

2 Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit isallestevergeefs!

3 Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?

4 Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan.

5 En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.

6 Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug.

7 Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer.

8 Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie.

9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

10 Is daar iets waarvan ’n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.

11 Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.

Strewe na wysheid bring geen geluk nie.

12 EK,Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem.

13 Enek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is ’n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.

14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was allestevergeefs en ’n gejaag na wind.

15 Wat krom is, kan nie reguit word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie.

16 Ek het met myself gespreek en gesê: Kyk,ék het groot en altyd groter wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem gewees het, en my hart het baie wysheid en kennis gesien.

17 Maar toeek my hart daarop gerig het om wysheid en kennis, onverstandigheid en dwaasheid te leer ken, het ek ingesien dat dit ook ’n gejaag na wind is.

18 Wantby baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.

PREDIKER 2

Vreugde en rykdom gee geen geluk nie.

1 EK het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs.

2 Van die lag het ek gesê: Dit is onsinnig! en van die vreugde: Wat verskaf dit?

3 Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik — terwyl my hartmymet wysheid sou lei — en om aan die dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die mensekinders, wat hulle moet doen onder die hemel gedurende die getal van hulle lewensdae.

4 Ek het groot werke onderneem:ek het vir my huise gebou, ek het vir my wingerde geplant.

5 Ek het vir my tuine en parke aangelê en daar allerhande vrugtebome in geplant.

6 Ek het vir my damme gemaak om daaruit ’n bos met jong bome te besproei.

7 Ek het slawe en slavinne gekoop en ook dié verkry wat in my huis gebore is; ek het ook ’n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Jerusalem gewees het.

8 Ekhet vir my ook silwer en goud versamel, en ’n eiendom van konings enprovinsies; ek het vir my sangers en sangeresse verskaf en die genoeëns van die mensekinders: lieflinge in menigte.

9 En ek het groot en altyd groter geword bo almal wat voor my in Jerusalem gewees het; ookhet my wysheid by my gebly.

10 En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid, endit was my deel van al my moeitevolle arbeid.

11 Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het — en kyk, dit was allestevergeefs en ’n gejaag na wind, en daar was geenvoordeel onder die son nie.

12 Daarna het ek my begewe om wysheid enonverstandigheid en dwaasheid in oënskou te neem, want wat sal die mens kandoenwat ná die koning kom? Wat lankal gedoen is!

13 Wel het ek gesien dat die wysheid die voorkeur het bo die dwaasheid soos die lig die voorkeur het bo die duisternis:

14 die wyse het sy oë in sy hoof, maar die dwaas wandel in die duisternis. Maar ek het óók ingesiendat een en dieselfde lot hulle almal tref.

15 Daarom het ek in my hart gesê: Dieselfde wat die dwaas tref, sal my ook tref; waarvoor was ek dan sobuitengewoon wys? En ek het in my hart gespreek dat dit ook tevergeefs is.

16 Want daar sal op die duur net so min gedagtenis wees van die wyse as van die dwaas, omdat in die dae wat kom, alles lankal vergeet is; en hoe sterf die wyse net soos die dwaas!

17 Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat allestevergeefs is en ’n gejaag na wind.

18 En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan ’n mens wat ná my sal kom.

19 Enwie weet of hy ’n wyse sal wees of ’n dwaas? Tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs.

20 Daarom het ek my begewe om my hart aan wanhoop oor te gee vanweë al die arbeid wat ek met moeite verrig het onder die son.

21 Want daar is ’n mens wat hom met wysheid en kennis enbekwaamheid vermoei het; tog moet hy dit as deel oorgee aan ’n mens wat daaraan geen moeite bestee het nie. Ook dit is tevergeefs en ’n groot euwel.

22 Want wat het die mensvir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son?

23 Want al sy dae is smarte, en sy bemoeienis is verdriet; selfs snags rus sy hart nie. Dit is dan ook tevergeefs.

24 Dit is nie ’n goed wat in die mens kleef dat hy eet en drink en sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die hand van God.

25 Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?

26 Want aan ’n mens wat welgevallig is voor sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde, maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat welgevallig is voor die aangesig van God. Ook dit is tevergeefs en ’n gejaag na wind.