HOOGLIED 3

1 OP my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

2 Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

3 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref. Het julle my sielsbeminde nie gesien nie?

4 Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.

5 Ek besweer julle,dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit dieliefdebehaag nie.

Die bruilofstoet. Liefdesverklaring van die bruidegom.

6 WIE is dit wat daar opkom uit die woestyn soosrookpilare, omgeurd van mirre en wierook, van allerhande speserye van die koopman?

7 Kyk, dit is die draagstoel van Salomo, sestig helde daaromheen, van die helde van Israel,

8 hulle almal met ’n swaard gewapend, geoefend vir oorlog, elkeen met sy swaard aan sy heup vanweë die nagtelike verskrikking.

9 Koning Salomo het vir hom ’n draagstoel gemaak van die hout van die Líbanon;

10 die steile daarvan het hy gemaak van silwer, die leuning van goud, die sitplek van purper, die binnekant mooi opgemaak — ’n liefdegawevandie dogters van Jerusalem.

11 Kom uit, dogters vanSion, en aanskou met vreugde die koning Salomo, die krans waarmee sy moeder hom bekrans hetop sy troudag en op die dag dat sy hart vrolik is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × 2 =