HOOGLIED 4

1 HOE mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë issoosduiwedeur u sluier heen;u hare is soos ’n kudde bokke wat van die gebergte vanGílead afgolf.

2 U tande is soos ’n kudde pas geskeerdeskapewat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

3 U lippe is soos ’n skarlaken band, en u mond is lieflik.U slape is soos ’ngranaatskyf deur u sluier heen.

4 U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waardie duisend skilde in hang, almal skilde van helde.

5 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van ’ngemsbok, watonder die lelies wei.

6 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na diemirreberg en na die wierookheuwel.

7 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar isgeen gebrek aan u nie.

8 Saam met my van die Líbanon af, bruid, saam met my van dieLíbanon af, o kom! Trek af van die top van Amána, van die top vanSenir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van dieluiperds.

9 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met eenstraalvan u oë, met een kettinkie van u halssieraad.

10 Hoe skoon is u liefde,my susterbruid, hoeveelbeter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!

11 Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die Líbanon.

12 My susterbruid is ’n geslote tuin, ’n geslote bron, ’n verseëlde fontein.

13 U spruite is ’n park vangranate met kostelike vrugte, henna-blomme metnardus,

14 nardus en saffraan,kalmoes en kaneel, met allerhandewierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.

15 U is’n fontein van die tuine, ’n put metlewende water wat van die Líbanon afvloei.

16 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei!Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − fifteen =