HOOGLIED 5

1 EK het in my tuin gekom, my susterbruid, ek het mymirre met my balsem gepluk,ek het geëet van my heuningkoek met my heuning, ek het gedrink my wyn met my melk; eet, vriende, drink en word dronk, bemindes.

2 Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my bemindeklop: Maak vir my oop, my suster,my vriendin,my duif,my volmaakte! Want my hoof is vol dou, my haarlokke vol nagdruppels.

3 Ek het my kleed uitgetrek, hoe kan ek dit weer aantrek? Ek het my voete gewas, hoe kan ek dit weer vuil maak?

4 My beminde het sy hand deur die deuropening gesteek; toe het my binneste oor hom in beroering gekom;

5 ek het opgestaan om vir my beminde oop te maak, terwyl my hande drup van mirre en my vingers van vloeiende mirre op die handvatsels van die grendel.

6 Ek het vir my beminde oopgemaak, maar my beminde het weggedraai, verbygegaan; ek het my besinning verloortoe hy gespreek het;ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie; ek het na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie.

7 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte by die mure het my mantel van my afgeneem.

8 Ek besweer julle,dogters van Jerusalem, as julle my beminde vind, wat sal julle hom vertel? Datek krank is van liefde.

9 Wat is u beminde meer as ’n ander beminde,o skoonste onder die vroue — wat is u beminde meer as ’n ander beminde, dat u ons so besweer het?

10 My beminde is skitterend wit en rooi, uitnemender as tienduisend.

11 Sy hoof is goud,suiwer goud; sy haarlokke is golwende, swart soos ’n raaf,

12 sy oë soos duiwe by waterstrome, in melk gewas, sittend by ’n vollebron.

13 Sy wange is soosbalsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe islelies wat van vloeiende mirre drup.

14 Sy hande is ronde stawe van goud, ingevul metchrisoliet, sy liggaam ’n kunswerk van ivoor, bedek metsaffierstene.

15 Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyn goud; sy gestalte is soos dieLíbanon, uitgesoek soos dieseders.

16 Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 + seven =