HOOGLIED 7

1 HOE mooi is u skrede in die skoene,o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, ’n werk van kunstenaarshande.

2 U nawel is ’n ronde kom — laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is ’n hoop koring, omring deurlelies.

3 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van ’n gemsbok.

4 U hals is soos ’n ivoortoring, u oë vywers inHesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die Líbanon wat na Damaskus toe uitkyk.

5 U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper —’n koning gevang in haarlokke!

6 Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!

7 U hoë gestalte daar lyk soos ’n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse.

8 Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos dié van appels,

9 en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.

10 Ek is my beminde s’n, en sybegeerte is na my.

11 Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag.

12 Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat onssien of die wingerdstok uitloop, diedruiwebloeisel oopgaan,die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.

13 Dieliefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 − 1 =