HOOGLIED 8

1 AG, was u maar vir my soos ’n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.

2 Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van diegekruide wyn, van mygranaatmos.

3 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.

4 Ek besweer julle,dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit dieliefdebehaag?

5 Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het.

6 Dra my soos ’n seëlring op u hart, soos’n seëlring op u arm; wantliefde is sterk soos die dood, dieliefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ’n gloed van vuur, ’n vlam van dieHere.

7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ’n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.

8 Ons het ’n klein sustertjiewat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak dié dag as sy gevra word?

9 As sy ’n muur is, sal ons ’n silwerrand daarop bou, en as sy ’n deur is, sal ons dit met ’n sederplank toeslaan.

10 Ek is ’n muur, en my borste soostorings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind.

11 Salomo het ’nwingerd in Baäl-Hamon gehad;hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisendsikkelssilwer inbring.

12 My wingerd, myne, is hier voor my, die duisendsikkelsis vir u, Salomo, en tweehonderd vir die wat sy vrugte bewaak.

13 U wat in die tuine woon — vriende luister na u stem;laat my dit hoor.

14 Vlug, my beminde, enmaak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × three =