ESÉGIËL 2

Roeping van Eségiël.

1 EN Hy het vir my gesê:Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.

2 En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.

3 Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.

4 Endie kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die HereHere!

5 Maar of hulle nou al luister of nie — want hulle is ’n wederstrewige huis —hulle sal moet erken dat daar ’n profeet in hulle midde gewees het.

6 En jy, mensekind,wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is ’n wederstrewige huis.

7 Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.

8 Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop,en eet wat Ek jou gee.

9 Toe kyk ek, en daar was’n hand na my toe uitgesteek,en daarin ’n boekrol!

10 En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe opdie voor- en agterkant,en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.

ESÉGIËL 3

1 DAARNA het Hy vir my gesê: Mensekind, eet op wat jy vind;eet hierdie rol op, en gaan spreek met die huis van Israel.

2 Toe het ek my mond oopgemaak, en Hy het my dié rol laat eet

3 en vir my gesê: Mensekind, laat jou buik eet, en vul jou ingewande met hierdie rol wat Ek jou gee.En ek het dit geëet, en dit was in my mondsoos heuning so soet.

4 En Hy het vir my gesê: Mensekind, kom, gaan na die huis van Israel, en spreek hulle aan met my woorde;

5 want jy is nie gestuur na ’n volk wat duister van spraak en swaar van tong is nie,maarna die huis van Israel;

6 nie na baie volke wat duister van spraak en swaar van tong is nie, wie se woorde jy nie kan verstaan nie;as Ek jou tog na hulle gestuur het, het húlle na jou geluister!

7 Maar die huis van Israel sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie; want die hele huis van Israel het ’n harde voorhoof en ’n ongevoelige hart.

8 Kyk, Ek maak jou aangesig hard net soos hulle aangesig en jou voorhoof hard net soos hulle voorhoof.

9 Jou voorhoof maak Ek hard soos ’n diamant, harder as ’n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle ’n wederstrewige huis is.

10 Verder het Hy vir my gesê: Mensekind, neem al my woorde wat Ek vir jou sal sê, in jou hart op, en hoor hulle met jou ore;

11 en kom, gaan na die ballinge,na die kinders van jou volk, en spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die HereHere— of hulle al luister of nie.

12 Toe het die Gees my opgeneem, en ek het agter my die geluid van ’n groot gedreun gehoorwat sê:Geloofd sy die heerlikheid van dieHereuit sy woonplek!

13 Enek het gehoordie geluid van diewesens se vlerke wat die een aan die ander verbind was, en die geluid van die wiele gelyktydig daarmee en die geluid van ’n groot gedreun.

14 Toe het die Gees my opgehef en my weggeneem, en ek het gegaan, verbitterd in die grimmigheid van my gees; maar die hand van dieHerewas sterk op my.

15 En ek het by die ballinge gekom in Tel-Abib, wat bydie Kebarrivier gewoon het,en by die plek van hulle woning; en ek het daar sewe dae lank verstom in hulle midde gesit.

Eségiël as wag aangestel.

16 EN aan die einde van sewe dae het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

17 Mensekind, Ek het jouas wag vir die huis van Israel aangestel; en as jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku.

18 As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe — en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose,deur sy ongeregtigheid sterwe;maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.

19 Maar as jý die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie,dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe;maar jý het jou siel gered.

20 Enas ’n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen,en Ek ’n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.

21 Maar as jý die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.

22 Endie hand van dieHerewas daar op my, en Hy het vir my gesê: Staan op, gaan uit na die laagte, en Ek sal daar met jou spreek.

23 Ek staan toe op en gaan na die laagte uit;en kyk, die heerlikheid van dieHerehet daar gestaan soos die heerlikheid wat ek by die Kebarrivier gesien het. En ek het op my aangesig geval.

24 Toe kom die Gees in my en laat my op my voete staan; en Hy het met my gespreek en vir my gesê: Gaan in, sluit jou toe in jou huis.

25 En jy, mensekind, kyk, hulle sit virjou toue aan en bind jou daarmee, sodat jy nie onder hulle kan uitgaan nie.

26 En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat klewe, sodat jy stom sal word en vir hulle geen bestraffer sal wees nie; want hulle is ’n wederstrewige huis.

27 Maar as Ek met jou spreek,sal Ek jou mond open, en jy moet aan hulle sê: So spreek die HereHere. Wie hoor, laat hom hoor; en wie dit nalaat, laat hom dit nalaat; want hulle is ’n wederstrewige huis.

ESÉGIËL 4

Voorspelling van die toekomstige beleg van Jerusalem.

1 EN jy, mensekind, neem vir jou ’n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop ’n stad, naamlik Jerusalem;

2 maak dan ’n beleëring daarteen enbou fortedaarteen en gooi ’n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.

3 Verder, neem jy vir jou ’n ysterpan en sit dit as ’n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal beleër wees, en jy moet dit beleër.’n Teken is dit vir die huis van Israel.

4 Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel;volgensdie getal dae dat jy daarop lê,moet jy hulle ongeregtigheid dra.

5 En Ék lê jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, driehonderd-en-negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra.

6 En as jy met hierdiedaeklaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank:vir elke jaar lê Ek jou een dag op.

7 En op die beleëring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig terwyl jou arm ontbloot is; en jy moet daarteen profeteer.

8 En kyk,Ek sit vir jou toue aan, sodat jy jou nie kan omdraai van die een kant na die ander nie, totdat jy klaar is met die dae van jou beleëring.

9 En neem jy vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood;volgensdie getal dae dat jy op jou sy lê, driehonderd-en-negentig dae, moet jy daarvan eet.

10 En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet.

11 Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van’n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink.

12 En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë.

13 Toe sê dieHere:So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.

14 En ek sê: Ag, HereHere! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie,en ek het van my jeug af tot nou toegeen aas ofiets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geenbedorwe vleis in my mond gekom nie.

15 Toe sê Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.

16 Ook het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk,Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;

17 sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.

ESÉGIËL 5

1 EN jy, mensekind, neem vir jou ’n skerp swaard; as skeermes moet jy dit vir jou neem,en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; daarna moet jy vir jou ’n weegskaal neem en diehareverdeel:

2 ’n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrandas die dae van die beleëring verby is; dan moet jy ’n derde deel neemenmet die swaard stukkend kap rondom diestad,en ’n derde deelmoet jy in die wind strooi;en Ek sal ’n swaard agter hulle uittrek.

3 Jy moet ook ’n klein bietjie daarvan neem en dit in jou slippe bind;

4 en daarvan moet jy nog weer neem en dit binne-in die vuur gooi en dit met vuur verbrand; daar sal vuur van uitgaan in die hele huis van Israel.

5 So sê die HereHere: Dit is Jerusalem. Ek het dit onder die nasies gestel, en lande is daar rondomheen.

6 Maar dit was wederstrewig teen my verordeninge, goddeloser as die nasies, en teen my insettinge meer as die lande daar rondomheen; want hulle het my verordeninge verwerp en in my insettinge nie gewandel nie.

7 Daarom, so sê die HereHere: Omdat julle opstandiger is as die nasies wat rondom julle is,in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie betrag het nie —selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie;

8 daarom, so sê die HereHere: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies;

9 en om al jou gruwels ontwilsal Ek aan jou doen wat Ek nooit gedoen het nie, en wat Ek só nooit weer sal doen nie.

10 Daarom sal die vaders die kinders opeet in jou midde, en die kinders sal hulle vaders opeet; en Ek sal strafgerigte oefen in jou midde en sal al wat van jou oorbly,na al die windstreke verstrooi.

11 Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HereHere, gewis,omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeisels en met al jou gruwels, sal Ék My ook onttrek; my oog sal nie verskoon nie, en Ék sal ook nie spaar nie.

12 ’n Derde deel van jou sal aandie pes sterwe en deur hongersnood in jou omkom; en ’n derde deel sal deur die swaard rondom jou val;en ’n derde deel sal Ek na al die windstreke verstrooi, en Ek sal ’n swaard agter hulle uittrek.

13 So sal dan my toorn uitwoed, en Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen hulleen aan My voldoening verskaf; en hulle sal weet dat Ek, dieHere,in my ywer gespreek het as Ek my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

14 En Ek sal jou ’n puinhoop en ’nvoorwerp van smaad maak onder die nasies wat rondom jou is,voor die oë van almal wat verbygaan.

15 En dit sal ’n voorwerp van smaad en skimp wees, ’n waarskuwing en ’n voorwerp van verbasing vir die nasies wat rondom jou is, as Ek strafgerigte in jou oefen in toorn en grimmigheid en in grimmige strawwe; Ek, dieHere, het dit gespreek.

16 As Ekdie verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder,en julle staf van die brood sal Ek verbreek.

17 Ja, hongersnood enwilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal ’n swaard oor jou bring. Ek, dieHere, het dit gespreek.

ESÉGIËL 6

Profesie teen die berge van Israel.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind,rig jou aangesig teen dieberge van Israel, en profeteer teen hulle

3 en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die HereHere! So sê die HereHerevir die berge en virdie heuwels en vir die klowe en virdie dale: Kyk, Ek bring ’n swaard oor julle, enEk sal julle hoogtes vernietig;

4 en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word;en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode;

5 en Ek sal die lyke van die kinders van Israel voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi.

6 In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes ’n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word.

7 En die wat verslaan is, sal onder julle lê,sodat julle kan weet dat Ek dieHereis.

8 Maar Ek sal ’n oorblyfsel bewaar deurdat daar vir jullesommige sal wees wat onder die nasies die swaard ontvlug, as julle verstrooi is in die lande.

9 Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek hulle ontugtige hart wat van My afgewyk het,en hulle oëwat agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het volgens al hulle gruwels.

10 En hulle sal weet dat Ek dieHereis; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.

11 So sê die HereHere:Slaan in jou hand,en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val.

12 Hy wat ver is, sal deur die pes sterwe; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en gespaar is, sal deur die hongersnood sterwe. So sal Ek dan my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

13 En julle sal weet dat Ek dieHereis, as diewat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altareop elke hoë heuwel,op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digteterpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode ’n lieflike offergeur gebring het.

14 En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land ’n wildernis maak en ’n woesteny, van die Woestyn af tot byRibla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 7

Die einde kom! Die einde kom!

1 DAARNA het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 En jy, mensekind, so spreek die HereHeretot die land vanIsrael:Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.

3 Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom;

4 enmy oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees;en julle sal weet dat Ek dieHereis.

5 So sê die HereHere: Onheil op onheil, kyk, dit kom!

6 ’n Einde kom, die einde kom, dit word wakker teen jou; kyk, dit kom!

7 Die lotsverandering kom teen jou, inwoner van die land! Die tyd kom, die dag is naby! Rumoer en geen vreugdegeroep op die berge nie!

8 Nou sal Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.

9 En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek dieHereiswat slaan.

10 Kyk, die dag, kyk, hy kom! Die lotsverandering het uitgegaan,die roede het gebloei, die trotsheid het uitgespruit.

11 Die geweld het opgegroei tot ’n roede van goddeloosheid; niks van hullesal oorblynie of van hulle menigte of van hulle gedruis,en niks heerliks sal aan hulle wees nie.

12 Die tyd het gekom, die dag is naby;laat die koper nie bly wees nie en die verkoper nie treur nie; want toorngloed is daar oor die hele menigte van dieland.

13 Want die verkoper sal nie teruggaan na wat verkoop is nie — ook as hy nog in die lewe is; want die gesig aangaande die hele menigte van dielandsal nie herroep word nie, en niemand sal homself deur sy ongeregtigheid in sy lewenskragversterk nie.

14 Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die hele menigte van dieland.

15 Die swaard buite, en die pes en die hongersnood binne; hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterwe; en hy wat in die stad is, hom sal die hongersnood en die pes verteer.

16 Endie wat uit hulle ontvlug, sal ontvlug; maar hulle sal op die berge wees soos duiwe van die klowe wat almal klaag, elkeen vanweë sy ongeregtigheid.

17 Almal se hande sal slap word, en almal se knieë sal wegvloeisooswater.

18 Ook sal hullerouklere aangord, en angs sal hulle oordek; en oor al die aangesigte sal skaamte wees enop al hulle hoofde ’n kaalte.

19 Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal ’n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van dieHerenie; hul siel sal hulledaarmeenie versadig of hul ingewandedaarmeevul nie, want dit wasdie struikelblok tot hulle ongeregtigheid.

20 En die pragtige sieraad daarvan het hulle as voorwerp van trots opgestel, en die beelde van hul gruwels, hul verfoeisels het hulle daarmee gemaak; daarom het Ek dit vir hulle tot ’n voorwerp van afsku gemaak.

21 En Ek sal dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit,dat hulle dit ontheilig.

22 Ook sal Ek my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit ontheilig.

23 Maak ’n ketting klaar,want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.

24 Daarom sal Ek die kwaadaardigste nasies laat kom, wat hulle huise in besit sal neem, en Ek sal die trots van die sterkes laat ophou, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.

25 Die angs kom; en hulle soek vrede, maar dit is nie daar nie.

26 Onheil op onheil kom, en gerug op gerug is daar; en hulle sal ’n gesig verlang van die profeet, maardie wet sal verlore wees vir die priester en die raad vir die oudstes.

27 Die koning sal rou, en die vors sal hom beklee met verbasing, en die hande van die mense van die land sal deur skrik verlam wees. Ek sal met hulle handel volgens hulle weg, en volgens hulle verordeninge sal Ek hulle vonnis;en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 8

Afskuwelikhede in die heiligdom bedrywe.

1 EN in die sesde jaar, in die sesdemaand,op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit endie oudstes van Juda voor my sit,het die hand van die HereHeredaar op my geval.

2 Ek kyk toe —en daar was ’n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos ’n hemelglans watsoos blinkende metaal geskyn het.

3 Toe steek Hy iets uit watdie vorm van ’n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof;en die Gees het my opgeheftussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk,waar die plek wasvan die afgodsbeeld van ywer watywer verwek.

4 En kyk,die heerlikheid van die God van Israel was daar, ooreenkomstig die verskyning wat ekin die laagte gesien het.

5 En Hy sê vir my: Mensekind, slaan tog jou oë op in die rigting van die noorde; en ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde — en daar was aan die noordekant van die altaarpoortdaardie afgodsbeeld van ywer by die ingang!

6 En Hy sê vir my: Mensekind, sien jy wat hulle doen, die groot gruwels wat die huis van Israel hier aanrig, dat Ek ver van my heiligdom af moet weggaan? Maar jy sal nog ander groot gruwels sien.

7 Daarop bring Hy my by die ingang van die voorhof. Ek kyk toe — en daar was ’n gat in die muur.

8 En Hy sê vir my: Mensekind, breek tog deur die muur heen. En ek het deur die muur heen gebreek, en kyk, daar was ’n deur.

9 Daarop sê Hy vir my: Gaan in, en kyk na die growwe gruwels wat hulle hier doen.

10 Ek gaan toe in en kyk — en daar was allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die huis van Israel wat al rondom op die muur uitgesny was.

11 En sewentig manne uitdie oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Jaäsánja, die seun vanSafan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan.

12 Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers metbeeldwerk? Want hulle dink: DieHeresien ons nie;dieHerehet die land verlaat.

13 En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen.

14 Hy het my toe gebring nadie noordelike ingang van die poort by die huis van dieHere, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.

15 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.

16 Toe bring Hy my nadie binneste voorhof van die huis van dieHere; en kyk, by die ingang van die tempel van dieHere, tussendie voorportaal endie altaar,was omtrent vyf-en-twintig man,met hulle rug na die tempel van dieHereen hulle gesig na die ooste,en hulle het hul voordie son neergebuig na die ooste.

17 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulledie druiwetak by hulle neus hou!

18 Daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie;en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.

ESÉGIËL 9

Kastydinge oor Jerusalem.

1 DAARNA het Hy hardop voor my ore geroep en gesê: Kom nader,geregsdienaars van die stad, en elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand.

2 En kyk, ses manne kom met die pad vandie Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om mee te verbrysel; en onder hulle een man wat met linne bekleed was, met ’n skrywer se inkpot aan sy heupe; en hulle het gekom en vlak bydie koperaltaar gaan staan.

3 En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was,na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het.

4 En dieHeresê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ’n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.

5 Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie;

6 slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie,en begin by my heiligdom. En hulle het begin bydie manne, die oudstes, wat voor die huis was.

7 En Hy sê vir hulle:Verontreinig die huis en maak die voorhowe vol met mense wat verslaan word. Trek uit! En hulle het uitgetrek en geslaan in die stad.

8 En toe hulle besig was om neer te slaan en ek oorgebly het, het ek op my aangesig geval en uitgeroep en gesê: Ag, HereHere, gaan U die hele oorblyfsel van Israel vernietig deurdat U u grimmigheid oor Jerusalem uitgiet?

9 Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: DieHerehet die land verlaat, en dieHeresien nie.

10 Daarom ook, wat My aangaan, my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie;Ek sal hulle wandel op hulle hoof laat neerkom.

11 En kyk, die man wat met linne bekleed was, aan wie se heupe die inkpot was, het berig gebring en gesê: Ek het gedoen soos U my beveel het.

ESÉGIËL 10

Die tweede gesig van die gérubs.

1 DAARNA het ek gekyk —en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs,iets soos ’n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van ’n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.

2 En Hy hetdie man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande metgloeiende kole tussen die gérubs vandaan, enstrooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.

3 En die gérubs hetaan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.

4 Toe het die heerlikheid van dieHerevan die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis;en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van dieHerese heerlikheid.

5 Endie geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.

6 En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.

7 Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neemdaarvanen gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan.

8 En daar is aan die gérubs gesiendie vorm van ’n mens se hand onder hulle vlerke.

9 Toe het ek gekyk — en daar was vier wiele langs die gérubs, telkens een wiel langs elke gérub;en die voorkoms van die wiele was soos dié van chrisoliet.

10 En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel was:

11 as hulle gaan, het hullena al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.

12 En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele wasvol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle.

13 Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.

14 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van ’n gérub endie tweede aangesig die aangesig van ’n mens en die derde die aangesig van ’n leeu en die vierde die aangesig van ’n arend.

15 En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek bydie Kebarrivier gesien het.

16 En as die gérubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die gérubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie.

17 As dié bly staan, staan hulle; en as dié opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle.

18 Endie heerlikheid van dieHerehet van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die gérubs gaan staan.

19 En die gérubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van dieHere, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.

20 Dit is die wese wat ekonder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit gérubs was.

21 Elkeen het vier aangesigte en elkeen vier vlerke gehad; en iets in die vorm van mensehande was onder hulle vlerke.

22 En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self;hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.

ESÉGIËL 11

Die oordeel van God teen die vernaamste voormanne in Jerusalem.

1 ENdie Gees het my opgehef en my gebring nadie Oostelike Poort van die huis van dieHerewat na die ooste kyk; en kyk, by die ingang van die poort was daarvyf-en-twintig man, en onder hulle het ek gesien Jaäsánja, die seun van Assur, en Pelátja, die seun van Benája, vorste van die volk.

2 Toe sê Hy vir my: Mensekind, dit is die manne wat ongeregtigheid bedink en slegte raad gee in hierdie stad,

3 wat sê: Nie so gou komdie tydom huise te bou nie:hierdiestadis die pot, en ons die vleis.

4 Daarom, profeteer teen hulle, profeteer, mensekind!

5 Toe val die Gees van dieHereop my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê dieHere: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet Ék.

6 Julle het die wat deur julle verslaan is, in hierdie stad vermenigvuldig, en julle het sy strate vol gemaak met die wat verslaan is.

7 Daarom, so sê die HereHere:Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het,hulle is die vleis, en hierdiestadis die pot, maar júlle sal Ek daar uitbring.

8 Julle is bevrees vir die swaard, maar die swaard sal Ek oor julle bring, spreek die HereHere.

9 En Ek sal julle daar uitbring en julle oorgee in die hand van vreemdes en strafgerigte onder julle oefen.

10 Julle sal deur die swaard val;by die grens van Israel sal Ek julle oordeel.En julle sal weet dat Ek dieHereis.

11 Hierdiestadsal vir julle nie die pot, en júlle sal daarin nie die vleis wees nie; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel.

12 En julle sal weet dat Ek dieHereis, omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie,maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.

13 En terwyl ek profeteer, het Pelátja, die seun van Benája, gesterwe.Toe het ek op my aangesig geval en hardop uitgeroep en gesê: Ag, HereHere, wil U ’n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?

14 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

15 Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van dieHereaf, aan óns is dit, die land, as besitting gegee —

16 Daarom sê: So spreek die HereHere: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande enEk vir hulle ’n kort rukkie ’n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het —

17 daarom sê: So spreek die HereHere:Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee.

18 En hulle sal daarnatoe komen al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder.

19 EnEk sal hulle een hart gee, en’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ’n hart van vlees gee,

20 sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen;en hulle sal vir my ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees.

21 Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop —hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die HereHere.

22 Toehet die gérubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyldie heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.

23 En die heerlikheid van dieHerehet opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan opdie berg wat oos van die stad lê.

24 Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ’n gesig deur die Gees van God, gebringna Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.

25 En ek het aan die ballinge verkondig al die woorde van dieHerewat Hy my laat sien het.