ESÉGIËL 11

Die oordeel van God teen die vernaamste voormanne in Jerusalem.

1 ENdie Gees het my opgehef en my gebring nadie Oostelike Poort van die huis van dieHerewat na die ooste kyk; en kyk, by die ingang van die poort was daarvyf-en-twintig man, en onder hulle het ek gesien Jaäsánja, die seun van Assur, en Pelátja, die seun van Benája, vorste van die volk.

2 Toe sê Hy vir my: Mensekind, dit is die manne wat ongeregtigheid bedink en slegte raad gee in hierdie stad,

3 wat sê: Nie so gou komdie tydom huise te bou nie:hierdiestadis die pot, en ons die vleis.

4 Daarom, profeteer teen hulle, profeteer, mensekind!

5 Toe val die Gees van dieHereop my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê dieHere: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet Ék.

6 Julle het die wat deur julle verslaan is, in hierdie stad vermenigvuldig, en julle het sy strate vol gemaak met die wat verslaan is.

7 Daarom, so sê die HereHere:Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het,hulle is die vleis, en hierdiestadis die pot, maar júlle sal Ek daar uitbring.

8 Julle is bevrees vir die swaard, maar die swaard sal Ek oor julle bring, spreek die HereHere.

9 En Ek sal julle daar uitbring en julle oorgee in die hand van vreemdes en strafgerigte onder julle oefen.

10 Julle sal deur die swaard val;by die grens van Israel sal Ek julle oordeel.En julle sal weet dat Ek dieHereis.

11 Hierdiestadsal vir julle nie die pot, en júlle sal daarin nie die vleis wees nie; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel.

12 En julle sal weet dat Ek dieHereis, omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie,maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.

13 En terwyl ek profeteer, het Pelátja, die seun van Benája, gesterwe.Toe het ek op my aangesig geval en hardop uitgeroep en gesê: Ag, HereHere, wil U ’n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?

14 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

15 Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van dieHereaf, aan óns is dit, die land, as besitting gegee —

16 Daarom sê: So spreek die HereHere: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande enEk vir hulle ’n kort rukkie ’n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het —

17 daarom sê: So spreek die HereHere:Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee.

18 En hulle sal daarnatoe komen al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder.

19 EnEk sal hulle een hart gee, en’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ’n hart van vlees gee,

20 sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen;en hulle sal vir my ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees.

21 Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop —hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die HereHere.

22 Toehet die gérubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyldie heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.

23 En die heerlikheid van dieHerehet opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan opdie berg wat oos van die stad lê.

24 Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ’n gesig deur die Gees van God, gebringna Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.

25 En ek het aan die ballinge verkondig al die woorde van dieHerewat Hy my laat sien het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − ten =