HOSÉA 8

Die ondergang van Efraim is naby.

1 DIE basuin aan jou mond!Soos ’n arendskiet dit neerop die huis van dieHere! Omdathulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.

2 My roep hulle toe:My God, ons, Israel, ken U.

3 Israel het die goeie verwerp — die vyand sal hom agtervolg!

4 Húlle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; vanhul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf.

5 Jou kalf, o Samaría, is afskuwelik; my toorn is teen hulle ontvlam. Hoe lank sal hulle tot reinheid onbekwaam wees?

6 Want dit is ook uit Israel: ’n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie; maar tot splinters sal dit word — die kalf van Samaría.

7 Wanthulle saai wind, maar hulle sal storm maai; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer,sou vreemdelinge dit verslind.

8 Israel is verslind; alreeds is hulle onder die volke soosiets wat waardeloos is.

9 Wanthúlle het opgetrek na Assur —’n wilde-esel wat eiesinnig rondloop,is Efraim! — hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.

10 Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deurdie koning van die vorste opgelê.

11 Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig — die altare het vir hom tot sonde geword.

12 Ek het hom tienduisendeleringevan my wet voorgeskrywe,maardit word as iets vreemds geag.

13 Slagoffers, My aangebied, offer hulle — vleis is dit, en hulle eet; dieHerehet geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen;hulle sal teruggaan na Egipte.

14 Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda ’n menigte versterkte stede, daaromsal Ek ’n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.

HOSÉA 9

Die sonde van Israel en die gevolge daarvan.

1 WEES nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, wantjy het gehoereer van jou God af weg; jy hethoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.

2 Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.

3 Hulle sal indie land van dieHerenie bly nie; maarEfraim sal na Egipte teruggaan, enin Assur sal hulle eet wat onrein is.

4 Hulle sal vir dieHeregeen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soostranebrood salhulle spysvir hulle wees.Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van dieHerekom nie.

5 Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van dieHere?

6 Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel,Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.

7 Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar!Die profeet word ’n dwaas, die man van die gees ’n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.

8 Efraim is ’n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van ’n voëlvanger is op al sy weëgesprei,vyandskap in die huis van sy God.

9 Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soosin die dae van Gíbea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.

10 Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soosvoorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar húlle het naBaäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en ’n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.

11 Efraim —sy heerlikheid sal wegvlieg soos ’n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!

12 Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.

13 Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in ’n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.

14 Gee hulle, oHere— wat sal U gee? — gee hulle ’n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.

15 Al hulle boosheid isbyeenin Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.

16 Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrugmeernie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.

17 My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, enhulle sal rondswerwe onder die nasies.

HOSÉA 10

Verwoesting van Efraim se heiligdomme en die val van sy koning.

1 ISRAEL was ’n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het,des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was,des te beter het hy die klippilare gemaak.

2 Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes.

3 Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het dieHerenie gevrees nie; en die koning — wat sou hy vir ons kan doen?

4 Hulle hetgrootwoorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit — en soos ’n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.

5 Oordie kalf vanBet-Awen sal die inwoners van Samaría besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.

6 Hy sal ook self na Assur weggevoer word as ’n geskenk aankoning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.

7 Samaría word vernietig, sy koning is soos ’n spaander op die water.

8 En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; enhulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!

9 Sedert die dae van Gíbea het jy gesondig, o Israel! Daar staan hulle —moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in Gíbea nie?

10 Dit is my begeerte om hulle te tugtig, en volke sal teen hulle versamel word as hulle gebind word aan hulle twee ongeregtighede.

11 Maar Efraimis ’n geleerde jong koei wat gewillig dors; nogtans sal Ek self oor haar mooi nek gaan: Ek sal Efraim laat trek; Juda sal die ploeg trek, Jakob sal die eg sleep.

12 Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde;braak vir julle ’n braakland, want dit is tyd om dieHerete soek, totdat Hy kom engeregtigheid oor julle laat reën.

13 Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.

14 Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soosSalman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog:moeders is met kinders en al verpletter.

15 Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel.

HOSÉA 11

Die liefde van die Here, en die ondankbaarheid en weerspannigheid van Israel.

1 TOE Israel ’n kind was, het Ek hom liefgehad, enuit Egipte het Ek my seungeroep.

2 Hoe meerdie profetehulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop;hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.

3 EnEk self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken datEk hulle genees het nie.

4 Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.

5 Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur — dié sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer.

6 En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteerweens hulle planne.

7 Want my volk dwing om van My afvallig te word; en asdie profetehom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie.

8 Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soosAdma, jou gelykstel metSebóim: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.

9 Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie;want Ek is God en nie ’n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.

10 Hulle sal agter dieHereaan trek;Hy sal brul soos ’n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met sidderingvan die seekant aankom.

11 Hulle sal sidderende aankom soos ’n voëltjie uit Egipte en soos ’n duif uit die land Assur; enEk sal hulle laat woon in hulle huise, spreek dieHere.

HOSÉA 12

Die ontrou van Efraim en Juda.

1 EFRAIM het My omsingel met leuens, en die huis van Israel met bedrog; terwyl Juda nog altyd bandeloos is teenoor God, ja, teenoor die Allerheiligste, die Getroue.

2 Efraim hou hom besig met wind, en hy agtervolg die oostewind; die hele dag vermeerder hy leuens en geweld, enhulle sluit ’n verbond met Assur, terwyl olie na Egipte gevoer word.

3 DieHerehet ook ’n twis met Juda, en Hy sal oor Jakob besoeking doen volgens sy weë, hom vergelde na sy dade.

4 In die moederskoot het hy sy broer by die hakskeen gehou, en in symanlikekrag het hy met God geworstel.

5 Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek.By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek.

6 EnHereGod van die leërskare,Hereis sy gedenknaam.

7 En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.

8 Kanaän — in sy hand is daar ’n valse weegskaal, hy hou daarvan om af te pers.

9 Maar Efraim sê: Toghet ek ryk geword, ek het vir my ’n vermoë verwerf. Alles wat ek verwerf het, is nie genoeg om op my enige sondeskuld te lê nie.

10 Maar Ek is dieHerejou God van Egipteland af, Ek sal jou weerin tente laat woon soos in die dae van diehuttefees.

11 Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte vermenigvuldig en deur middel van die profete gelykenisse voorgedra.

12 Was Gílead goddeloosheid — hulle het louter nietigheid geword. In Gilgal het hulle beeste geoffer; so sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.

13 EnJakob het gevlug na die veld van Aram, en Israelwas diensbaar vir ’n vrouas loon,en vir ’n vrou het hy vee opgepas.

14 Maardeur ’n profeethet dieHereIsrael uit Egipte laat optrek, en deur ’n profeet is hulle opgepas.

15 Efraim hetdieHerebitterlik geterg; daarom sal Hy sy bloedskulde op hom laat neerkom, ja, sy Here sal hom vir die aangedane smaad vergelde.

HOSÉA 13

Israel se sonde en sy kastyding.

1 AS Efraimnetgespreek het, was daar siddering; hoog het hy gestaan in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaakdeur die Baäl en gesterwe.

2 En nou gaan hulle voort om te sondig en het vir hulle ’n gegote beeld van hulle silwer gemaak, afgode volgens hulle insig, geheel en al smidswerk; van hulle word gesê: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse!

3 Daarom sal hulle wees soos ’n môrewolk en soos dou wat vroeg weer verdwyn,soos kaf wat wegvlieg van die dorsvloer ensoos rook uit die venster.

4 Tog was Ek, dieHere, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie,ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.

5 Ek het jou in die woestyn geken,in die land van droogtes.

6 Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

7 Toe het Ek vir hulle soos ’n leeu geword, soos ’n luiperd lê Ek by die pad en loer.

8 Ek val hulle aan soos ’n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle borskas oop; en soos ’n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur.

9 Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teenMy, jou helper, is.

10 Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters van wiejy gesê het: Gee my ’n koning en vorste?

11 Ek gee jou ’n koning in my toorn, enEk neem hom weg in my grimmigheid.

12 Saamgebind is die ongeregtigheid van Efraim, weggebêre is sy sonde.

13 Barensweë sal hom oorval, hy is ’n onverstandige kind; want as die tyd daar is,stel hy hom nie in die kindergeboorte nie.

14 Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood.Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf?Berou bly vir my oë verborge.

15 Wanneer hy vrug dra onder die broers,kom ’n oostewind, ’n wind van dieHere, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal ’n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.

HOSÉA 14

Oproep tot bekering en belofte van vergifnis.

1 SAMARÍA sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard,hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.

2 Bekeer jou, Israel, tot dieHerejou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.

3 Neem woorde met julle, en bekeer julle tot dieHere; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dansal ons as offerdiere ons lippe aanbied.

4 Assur kan ons nie red nie,op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Wantby U vind die wees ontferming.

5 Ek sal hulle afkerigheid genees,hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend.

6 Ek salvir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ’n lelie en sy wortels uitslaan soos die Líbanon.

7 Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ’n olyfboom en sy geur soos die Líbanon.

8 Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die Líbanon.

9 Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos ’n groen sipres;uit My word jou vrug gevind.

10 Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken!Want die weë van dieHereis reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

DANIËL 1

Daniël en sy vriende aan die koninklike hof in Babel.

1 IN die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda,het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.

2 En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee,met ’n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hullena die land Sínear gebring in die huis van sy god,en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.

3 Daarop het die koning aan Áspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring:

4 jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.

5 En die koning het vir hulle’n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvanvoor die koning kan dien.

6 En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël,Hanánja, Mísael en Asárja.

7 Maar die owerste van die hofdienaarshet hulleandername gegee: Daniël het hyBéltsasar genoem,en Hanánja Sadrag, en Mísael Mesag, en Asárja Abednégo.

8 En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig metdie spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.

9 En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.

10 En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as dié van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai?

11 Maar Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja aangestel het:

12 Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink;

13 laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees.

14 Hy het toe na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel.

15 En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het.

16 So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee.

17 En hierdie vier jong seuns —God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ookhet Daniël verstand gehad van allerhande gesigte endrome.

18 En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar gebring.

19 En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja nie. So het hulle dan voor die koning gedien.

20 En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al diegeleerdesenbesweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.

21 En Daniël was daar tot die eerste jaar van koning Kores.

DANIËL 2

Die beeld wat Nebukadnésar in sy droom gesien het, word deur Daniël verklaar.

1 ENin die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar ’n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.

2 Toe het die koning bevel gegee om die geleerdes en die besweerders en die towenaars en dieChaldeërs te roep, om vir die koning sy droom uit te lê. Toe hulle kom en voor die koning gaan staan,

3 sê die koning vir hulle: Ek het ’n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan.

4 Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek(Aramees):Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.

5 Die koning het geantwoord en aan die Chaldeërs gesê: Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal jullein stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word.

6 Maaras julle die droom en sy uitlegging te kenne gee, sal julle geskenke en gawes en groot eer van my ontvang; gee my daarom die droom en sy uitlegging te kenne.

7 Hulle het vir die tweede maal geantwoord en gesê: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel; dan sal ons die uitlegging te kenne gee.

8 Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan;

9 want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om ’n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee.

10 Die Chaldeërs het voor die koning geantwoord en gesê: Daar is geen mens op die aardbodem wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie; daarom het dan ook geen koning, groot of magtig, ooit so iets van enige geleerde of besweerder of Chaldeër verlang nie.

11 Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwedie gode wie se woning nie by die vlees is nie.

12 Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring.

13 Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word.

14 Daarop het Daniël aan Áriog, die owerste van die koninklike lyfwag wat uitgetrek het om die wyse manne van Babel dood te maak, ’n slim en verstandige antwoord gegee.

15 Hy antwoord en sê vir Áriog, die bevelhebber van die koning: Waarom is die bevel van die kant van die koning so streng? Toe het Áriog aan Daniël die saak meegedeel.

16 Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee.

17 Toe gaan Daniël na sy huis en maak aanHanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend,

18 en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie.

19 Daarop is in ’n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof.

20 Daniël het toe gespreek en gesê:Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.

21 Hy tog veranderdie tye en die geleenthede; Hysit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne enkennis aan die wat insig het;

22 Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, endie lig woon by Hom.

23 U,God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.

24 Daarom het Daniël ingegaan na Áriog, wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babel om te bring; hy het gegaan en vir hom só gesê: Moenie die wyse manne van Babel ombring nie; bring my in voor die koning, dan sal ek aan die koning die uitlegging te kenne gee.

25 Toe het Áriog Daniël haastig voor die koning ingebring en só vir hom gesê: Ek het ’n man onder die ballinge van Juda gevind wat die koning die uitlegging bekend sal maak.

26 Die koning het geantwoord en aan Daniël,wie se naam Béltsasar was, gesê: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak?

27 Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie.

28 Maar daar is’n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:

29 Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur.

30 Enwat my betref, hierdie geheim is my geopenbaar, nie deur ’n wysheid wat in my sou wees meer as in al die lewendes nie, maar met die bedoeling dat die uitlegging aan die koning bekend gemaak sal word en u die gedagtes van u hart kan ken.

31 U, o koning, het ’n gesig gehad — kyk, daar was ’n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.

32 Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,

33 sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.

34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen vanmensehande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.

35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daargeen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.

36 Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê:

37 U, o koning,koning van die konings, aan wiedie God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,

38 en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het —ú is die hoof van goud.

39 En ná u sal daar’n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna’n ander, ’n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;

40 endie vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis.

41 En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was — dit sal ’n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.

42 En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is — ’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ’n gedeelte sal bros wees.

43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het — hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.

44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan —

45 net soos u gesien het datsonder toedoen vanmensehande ’n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.

46 Toe het koning Nebukadnésarop sy aangesig geval en Daniël aanbid enbevel gegee om aan hom ’n spysoffer en reukoffers te bring.

47 Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julleGod is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar.

48 Toe het die koning Daniël verhef en hom baie, groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die heleprovinsie Babel en ashoofowerste oor aldie wyse manne van Babel.

49 En op versoek van Daniël het die koningSadrag, Mesag en Abednégoaangestel oor die bestuur van die provinsie Babel, maar Daniëlwas in die paleis van die koning.

DANIËL 3

Die goue beeld van Nebukadnésar. Die drie vriende van Daniël in die vuuroond.

1 KONING Nebukadnésar het’n beeld van goud gemaak; sy hoogte was sestig el, sy breedte ses el; hy het dit opgerig indie dal Dura, in die provinsie Babel.

2 Daarna het koning Nebukadnésar die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies laat versamel, dat hulle moes kom na die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het.

3 Toe het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies bymekaargekom by die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het, en hulle het voor die beeld gaan staan wat Nebukadnésar opgerig het.

4 En ’n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê,o volke, nasies en tale,

5 sodra julle die geluid hoor van horing, fluit, siter, luit, harp, doedelsak en van allerhande musiekinstrumente, moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

6 En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daadbinne-in die brandende vuuroond gegooi word.

7 Daarom het, op die oomblik toe al die volke die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en van allerhande musiekinstrumente hoor, al die volke, nasies en tale neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

8 Op grond daarvan het tegelykertydChaldeeuse manne nader gekom en die Jode aangeklaag.

9 Daarop het hulle met koning Nebukadnésar gespreek en gesê:Mag die koning vir ewig lewe!

10 U, o koning, het ’n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid;

11 en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.

12 Daar is Joodse manne watu oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednégo; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.

13 Toe het Nebukadnésar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring.

14 En Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?

15 As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid,goed;maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, enwie is die God wat julle uit my hand kan verlos?

16 Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ’n antwoord te gee nie.

17 As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;

18 maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.

19 Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was.

20 En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, omhullein die brandende vuuroond te gooi.

21 Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulleanderklere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi.

22 Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand.

23 Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval.

24 Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword enhaastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en sê aan die koning: Sekerlik, o koning!

25 Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ’n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soosdié van ’n godeseun.

26 Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan.

27 Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.

28 Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo,watsy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.

29 Daarom word deur my bevel gegee dat enigevolk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo,stukkend gekap en van sy huis ’n mishoop gemaak sal word,omdat daar geen ander god is wat so kan verlos nie.

30 Toe het die koning Sadrag, Mesag en Abednégo voorspoedig laat wees in die provinsie Babel.