HOSÉA 14

Oproep tot bekering en belofte van vergifnis.

1 SAMARÍA sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard,hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.

2 Bekeer jou, Israel, tot dieHerejou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.

3 Neem woorde met julle, en bekeer julle tot dieHere; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dansal ons as offerdiere ons lippe aanbied.

4 Assur kan ons nie red nie,op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Wantby U vind die wees ontferming.

5 Ek sal hulle afkerigheid genees,hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend.

6 Ek salvir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ’n lelie en sy wortels uitslaan soos die Líbanon.

7 Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ’n olyfboom en sy geur soos die Líbanon.

8 Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die Líbanon.

9 Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos ’n groen sipres;uit My word jou vrug gevind.

10 Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken!Want die weë van dieHereis reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ten + 5 =