HOSÉA 12

Die ontrou van Efraim en Juda.

1 EFRAIM het My omsingel met leuens, en die huis van Israel met bedrog; terwyl Juda nog altyd bandeloos is teenoor God, ja, teenoor die Allerheiligste, die Getroue.

2 Efraim hou hom besig met wind, en hy agtervolg die oostewind; die hele dag vermeerder hy leuens en geweld, enhulle sluit ’n verbond met Assur, terwyl olie na Egipte gevoer word.

3 DieHerehet ook ’n twis met Juda, en Hy sal oor Jakob besoeking doen volgens sy weë, hom vergelde na sy dade.

4 In die moederskoot het hy sy broer by die hakskeen gehou, en in symanlikekrag het hy met God geworstel.

5 Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek.By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek.

6 EnHereGod van die leërskare,Hereis sy gedenknaam.

7 En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.

8 Kanaän — in sy hand is daar ’n valse weegskaal, hy hou daarvan om af te pers.

9 Maar Efraim sê: Toghet ek ryk geword, ek het vir my ’n vermoë verwerf. Alles wat ek verwerf het, is nie genoeg om op my enige sondeskuld te lê nie.

10 Maar Ek is dieHerejou God van Egipteland af, Ek sal jou weerin tente laat woon soos in die dae van diehuttefees.

11 Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte vermenigvuldig en deur middel van die profete gelykenisse voorgedra.

12 Was Gílead goddeloosheid — hulle het louter nietigheid geword. In Gilgal het hulle beeste geoffer; so sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.

13 EnJakob het gevlug na die veld van Aram, en Israelwas diensbaar vir ’n vrouas loon,en vir ’n vrou het hy vee opgepas.

14 Maardeur ’n profeethet dieHereIsrael uit Egipte laat optrek, en deur ’n profeet is hulle opgepas.

15 Efraim hetdieHerebitterlik geterg; daarom sal Hy sy bloedskulde op hom laat neerkom, ja, sy Here sal hom vir die aangedane smaad vergelde.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × 2 =