HOSÉA 10

Verwoesting van Efraim se heiligdomme en die val van sy koning.

1 ISRAEL was ’n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het,des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was,des te beter het hy die klippilare gemaak.

2 Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes.

3 Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het dieHerenie gevrees nie; en die koning — wat sou hy vir ons kan doen?

4 Hulle hetgrootwoorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit — en soos ’n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.

5 Oordie kalf vanBet-Awen sal die inwoners van Samaría besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.

6 Hy sal ook self na Assur weggevoer word as ’n geskenk aankoning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.

7 Samaría word vernietig, sy koning is soos ’n spaander op die water.

8 En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; enhulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!

9 Sedert die dae van Gíbea het jy gesondig, o Israel! Daar staan hulle —moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in Gíbea nie?

10 Dit is my begeerte om hulle te tugtig, en volke sal teen hulle versamel word as hulle gebind word aan hulle twee ongeregtighede.

11 Maar Efraimis ’n geleerde jong koei wat gewillig dors; nogtans sal Ek self oor haar mooi nek gaan: Ek sal Efraim laat trek; Juda sal die ploeg trek, Jakob sal die eg sleep.

12 Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde;braak vir julle ’n braakland, want dit is tyd om dieHerete soek, totdat Hy kom engeregtigheid oor julle laat reën.

13 Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.

14 Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soosSalman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog:moeders is met kinders en al verpletter.

15 Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − 8 =