HOSÉA 8

Die ondergang van Efraim is naby.

1 DIE basuin aan jou mond!Soos ’n arendskiet dit neerop die huis van dieHere! Omdathulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.

2 My roep hulle toe:My God, ons, Israel, ken U.

3 Israel het die goeie verwerp — die vyand sal hom agtervolg!

4 Húlle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; vanhul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf.

5 Jou kalf, o Samaría, is afskuwelik; my toorn is teen hulle ontvlam. Hoe lank sal hulle tot reinheid onbekwaam wees?

6 Want dit is ook uit Israel: ’n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie; maar tot splinters sal dit word — die kalf van Samaría.

7 Wanthulle saai wind, maar hulle sal storm maai; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer,sou vreemdelinge dit verslind.

8 Israel is verslind; alreeds is hulle onder die volke soosiets wat waardeloos is.

9 Wanthúlle het opgetrek na Assur —’n wilde-esel wat eiesinnig rondloop,is Efraim! — hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.

10 Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deurdie koning van die vorste opgelê.

11 Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig — die altare het vir hom tot sonde geword.

12 Ek het hom tienduisendeleringevan my wet voorgeskrywe,maardit word as iets vreemds geag.

13 Slagoffers, My aangebied, offer hulle — vleis is dit, en hulle eet; dieHerehet geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen;hulle sal teruggaan na Egipte.

14 Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda ’n menigte versterkte stede, daaromsal Ek ’n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight + 11 =