MIGA 2

1 WEE die wat onreg uitdink en kwaad smeeop hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.

2 Ja, hulle begeervelde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel.

3 Daarom, so sê dieHere: Kyk, Ek bedink onheil teenhierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal ’n tyd van onheil wees!

4 In dié dag sal hulle’n spotlied oor julleaanhef en ’n klaaglied sing: Dit is gedaan — sal hulle sê — ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit.

5 Daarom sal daar vir jou niemand wees watdie meetsnoer werp in ’n erfdeel in die vergadering van dieHerenie.

6 Moet nie profeteer nie! sê dievalseprofete. As ’n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!

7 Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou dieHeredan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie?

8 Maar reeds vroeër het my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van oorlog.

9 Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.

10 Staan op en gaan heen! Want nie hiér isdie rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, ’n onherstelbare verwoesting.

11 As iemand wind nawandel en bedrieglik liegen sê:Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank —dan sou hy vir hierdie volk ’n profeet wees!

12 Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o Jakob! Gewis sal Ekvergaderdie oorblyfsel van Israel; almal bymekaarbring soos skape in ’n kraal, soos ’n kudde in sy weiveld; en dit sal dreun van mense.

13 Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek;en hulle koning sal voor hulle uit gaan, endieHereheeltemal vooraan.

MIGA 3

Oordeel oor die leiers van die volk en die valse profete.

1 VERDER het ek gesê: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel!Betaam dit julle nie om die reg te ken nie?

2 Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is,wat die velvan die menseaftrek en hulle vlees van hul gebeente;

3 en watdie vlees van my volk eet en hulle vel van hulle afslag; ook hulle gebeente verbrysel en hulle aan stukke kap soosvleisin ’n pot ensoos vleis in ’n pan.

4 Dan sal hulle dieHereaanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in dié tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.

5 So sê dieHereaangaandedie profete wat my volk verlei,wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie,verklaar hulle ’n heilige oorlog!

6 Daaromsal dit nag word vir julle, sonder ’n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja,die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.

7 En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, enhulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.

8 Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van dieHere, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.

9 Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg ’n afsku het en al wat reg is, verdraai;

10 julle wat Sion boumet bloed en Jerusalem met onreg!

11 Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ’n geskenk, ensy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtanssteun hulle op dieHereen sê: Is dieHerenie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!

12 Daaromsal Sion om julle ontwil soos ’n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.

MIGA 4

Belofte van heil en seën in die Messiaanse tyd.

1 ENaan die einde van die dae sal die berg van die huis van dieHerevasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.

2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van dieHereen na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van dieHereuit Jerusalem.

3 EnHy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; niemeersal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.

4 Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik;want die mond van dieHerevan die leërskare het dit gespreek.

5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maaróns sal wandel in die Naam van dieHereonse God vir ewig en altoos.

6 In dié dag, spreek dieHere, wil Ek versameldie wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.

7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ’noorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ’n magtige nasie. EndieHeresal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.

8 En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.

9 Waarom skreeu jy nou so hard?Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodatsmart jou aangegryp het soos van een wat baar?

10 Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; enjy sal in Babel aankom —dáár sal jy gered word, dáár sal dieHerejou verlos uit die hand van jou vyande.

11 En nouis daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, enlaat ons oë met welgevalle neersien op Sion.

12 Maar hulle ken nie die gedagtes van dieHerenie en verstaan nie sy besluit nie, datHy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.

13 Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek saljou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; enjy sal hulle onregverdige wins aan dieHeretoewy en hulle rykdom aandie Here van die ganse aarde.

14 Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes;die vyandhet ’n wal teen ons opgegooi;met ’n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen.

MIGA 5

Voorsegging van die geboorte van die Messías en sy vredeliewende regering.

1 EN jy,Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; ensy uitgange is uit die voortyd,uit die dae van die ewigheid.

2 Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ’n barende gebaar het. Dansal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.

3 En Hy sal optree enhullelaat wei in die sterkte van dieHere, in die majesteit van die Naam van dieHeresy God; en hulle sal rustig woon, want nousal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.

4 EnHy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.

5 En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hyonsdan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.

6 Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke weessoos dou van dieHere, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie.

7 En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red.

8 Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.

9 Enin dié dag, spreek dieHere,sal Ek jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.

10 Ook sal Ek uitroei die stede van jou land en al jou vestings afbreek.

11 Verder sal Ek uitroeidie towerye uit jou hand, en jy sal geengoëlaars meer hê nie.

12 En Ek sal uit jou midde uitroei jou gesnede beelde en jou klippilare, sodat jy jou nie meer voor die werk van jou hande sal neerbuig nie.

13 En Ek sal uit jou midde uitruk jouheilige boomstamme en jou stede verwoes.

14 En Ek sal in toorn en grimmigheid wraak neem op die nasies wat nie geluister het nie.

MIGA 6

God twis met Israel oor die boosheid van die volk.

1 HOOR tog wat dieHeresê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister!

2 Hoor, berge,die twis van dieHere! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want dieHerehet ’n twis met sy volk en sal met Israel ’n regsgeding hou.

3 My volk,wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My!

4 Ja,Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam.

5 My volk, dink tog aanwat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het,en wat gebeur hetvanSittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van dieHere.

6 Waarmee sal ek dieHeretegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?

7 Sal dieHere’n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie?Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?

8 Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; enwat vra dieHerevan jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

9 Die stem van dieHereroep tot die stad — dit is heilsaam om u Naam te vrees —: Hoordie roede, en wie dit bestel het.

10 Is daar nog altyd in die huis van die goddelose skatte van onreg en ’n skrale efa wat vervloek is?

11 Sal Ek rein kan wees by’n valse weegskaal en by ’n sak vol bedrieglike gewigte?

12 Want die rykes indie stadis vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.

13 So slaan Ek jou dan ook met ’n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.

14 Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.

15 Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mosmaak,maar geen wyn drink nie.

16 Want die insettinge vanOmri word onderhou en al die werke van die huis vanAgab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot ’n woesteny sou maak en die inwoners daarvan ’n bespotting: endie smaad van my volk sal julle dra.

MIGA 7

Die verdorwenheid van Sion en ’n gebed om die tussenkoms van die Here.

1 WEE my, want ek het geword soos ná die insameling vansomervrugte, soos die natrossies van die wynoes: geen tros om te eet nie, my siel begeervroeë vye.

2 Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jaag elkeen sy broer met die net.

3 Na die kwaad gaan die hande uit, om dit dapper te doen.Die vors eis, endie regter vra betaling, en die groot man spreek die begeerte van sy siel uit, en hulle verdraai ditalles.

4 Die beste van hulle is soos’n doringstruik, die mees opregte erger as ’ndoringheining. Die dag van jouwagte, jou besoeking, kom; nou sal hulle verwarring daar wees.

5 Vertrou geen metgesel nie, maak op geen vriend staat nie, let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê.

6 Wantdie seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder,die man se vyande is sy huisgenote!

7 Maar ek sal uitsien na dieHere, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.

8 Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op;al sit ek in duisternis,dieHereis ’n lig vir my.

9 Die toorn van dieHeresal ek dra,want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf.Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen.

10 Ook sal my vyandin dit sien, en skaamte sal haar bedek wat vir my sê:Waar is dieHere, jou God? My oë sal met welgevalle op haar neersien. Nou sal sy vertrap word soos modder van die strate.

11 Daar kom ’n dagom jou mure te herbou! In dié dag sal die gebied ruim wees.

12 Dit is ’n dag dat hulle na jou sal kom van Assur en die stede van Egipte, en van Egipte tot by die Eufraat, en van see tot see, envanberg tot berg.

13 Maar die aarde sal ’n wildernis word vanweë sy inwoners, as gevolg van hulle handelinge.

14 Wei u volk met u staf,die kudde wat u erfdeel is,wat afgesonderd woonin ’n bosveld op Karmel; laat hulle wei in Basan en Gílead soos in die ou dae.

15 Soos in die dae van jou uittog uit Egipteland sal Ek hom wonders laat sien.

16 Die nasies sal dit sien en skaam wees ondanks al hulle krag: hulle sal die hand op die mond lê, hulle ore sal doof word.

17 Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na dieHereonse God, en hulle sal vir U vrees.

18 Wie is ’n God soos U,wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid.

19 Hy sal Hom weer oor ons ontferm,ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.

20 U sal trou bewys aan Jakob,goedertierenheid aan Abraham,wat U aan ons vaders met ’n eed beloof het sedert die dae van die voortyd.

JONA 1

Die roeping van Jona; sy weiering en straf.

1 EN die woord van dieHerehet gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê:

2 Maak jou klaar, gaan heen na die groot stadNinevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.

3 Maar Jona het hom klaargemaak om naTarsis te vlug, van die aangesig van dieHereaf weg; en hy het naJafo afgegaan en ’n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar,van die aangesig van dieHereaf weg.

4 Maar dieHerehet ’n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ’n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.

5 Toe word die seeliede bang —hulle het elkeen tot sy god geroep endie lading wat in die skip was, in die see gegooi om vir hulle verligting aan te bring. Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgeklim en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.

6 Daarop kom die skeepskaptein na hom toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God! Miskien sal dié God aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.

7 Hulle sê toe vir mekaar: Kom enlaat ons loot; dan sal ons weet om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het. En hulle het geloot, en die lot het op Jona geval.

8 En hulle sê vir hom:Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy?

9 En hy antwoord hulle: Ek is ’n Hebreër, en ek vrees dieHere, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het.

10 Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van dieHereaf wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.

11 Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? — want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword.

12 En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het.

13 Nogtans het die manne geroei omdie skipweer land toe te bring; maar hulle kon nie, omdat die see hoe langer hoe onstuimiger teen hulle geword het.

14 Toe roep hulle totdieHereen sê: Ag,Here, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, enbring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U,Here, het gedoen na u welbehae.

15 En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid.

16 Toe het die manne dieHeregevrees met ’n groot vrees en ’n slagoffer aan dieHeregebring en geloftes gedoen.

17 En dieHerehet ’n groot vis beskik omJona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.

JONA 2

Jona in die vis; sy gebed en verlossing.

1 EN Jona het tot dieHeresy God gebid uit die ingewande van die vis

2 en gesê: Uit my benoudheid het ek dieHereaangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp — U het my stem gehoor.

3 U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ’n stroom my omring het;al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

4 Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weeru heilige tempel aanskou.

5 Watershet my omringtot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.

6 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge,die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek,Heremy God!

7 Toemy siel in my versmag het, het ek aan dieHeregedink; enmy gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.

8 Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat virhulle goedertieren is.

9 Ek daarenteen sal aan U offer met ’n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan dieHere.

10 Daarop het dieHeredie vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.

JONA 3

Die prediking van Jona, en die bekering van die stad Ninevé.

1 EN die woord van dieHerehet vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê:

2 Maak jou klaar, gaan heen nadie groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê.

3 Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van dieHere. En Ninevé was ’n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.

4 En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.

5 Endie manne van Ninevé het God geglo en ’n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.

6 En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal enin rougewaad gehuld in die as gaan sit.

7 En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne — geen mensof dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;

8 maar mens en dier moet ’n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.

9 Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

10 En God het hulle werke gesien dathulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.

JONA 4

Die ontevredenheid van Jona en sy bestraffing deur die Here.

1 MAAR Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword.

2 Toe bid hy tot dieHereen sê: Ag,Here, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daaromhet ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ’n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.

3 oHere, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

4 Daarop sê dieHere: Het jy rede om vertoornd te wees?

5 En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom ’n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur.

6 Toe beskik dieHereGod ’n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.

7 Maar God het die volgende môre toe die dag breek, ’n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het.

8 En met sonop het God ’n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

9 Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.

10 Verder sê dieHere: Jý wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het.

11 Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd-en-twintigduisend mense iswat die onderskeid tussen hulle regter- en hulle linkerhand nie weet nie, enbaie vee?