JONA 2

Jona in die vis; sy gebed en verlossing.

1 EN Jona het tot dieHeresy God gebid uit die ingewande van die vis

2 en gesê: Uit my benoudheid het ek dieHereaangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp — U het my stem gehoor.

3 U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ’n stroom my omring het;al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

4 Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weeru heilige tempel aanskou.

5 Watershet my omringtot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.

6 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge,die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek,Heremy God!

7 Toemy siel in my versmag het, het ek aan dieHeregedink; enmy gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.

8 Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat virhulle goedertieren is.

9 Ek daarenteen sal aan U offer met ’n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan dieHere.

10 Daarop het dieHeredie vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nineteen − six =