MIGA 3

Oordeel oor die leiers van die volk en die valse profete.

1 VERDER het ek gesê: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel!Betaam dit julle nie om die reg te ken nie?

2 Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is,wat die velvan die menseaftrek en hulle vlees van hul gebeente;

3 en watdie vlees van my volk eet en hulle vel van hulle afslag; ook hulle gebeente verbrysel en hulle aan stukke kap soosvleisin ’n pot ensoos vleis in ’n pan.

4 Dan sal hulle dieHereaanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in dié tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.

5 So sê dieHereaangaandedie profete wat my volk verlei,wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie,verklaar hulle ’n heilige oorlog!

6 Daaromsal dit nag word vir julle, sonder ’n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja,die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.

7 En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, enhulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.

8 Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van dieHere, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.

9 Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg ’n afsku het en al wat reg is, verdraai;

10 julle wat Sion boumet bloed en Jerusalem met onreg!

11 Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ’n geskenk, ensy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtanssteun hulle op dieHereen sê: Is dieHerenie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!

12 Daaromsal Sion om julle ontwil soos ’n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × 4 =