MIGA 4

Belofte van heil en seën in die Messiaanse tyd.

1 ENaan die einde van die dae sal die berg van die huis van dieHerevasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.

2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van dieHereen na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van dieHereuit Jerusalem.

3 EnHy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; niemeersal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.

4 Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik;want die mond van dieHerevan die leërskare het dit gespreek.

5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maaróns sal wandel in die Naam van dieHereonse God vir ewig en altoos.

6 In dié dag, spreek dieHere, wil Ek versameldie wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.

7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ’noorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ’n magtige nasie. EndieHeresal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.

8 En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.

9 Waarom skreeu jy nou so hard?Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodatsmart jou aangegryp het soos van een wat baar?

10 Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; enjy sal in Babel aankom —dáár sal jy gered word, dáár sal dieHerejou verlos uit die hand van jou vyande.

11 En nouis daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, enlaat ons oë met welgevalle neersien op Sion.

12 Maar hulle ken nie die gedagtes van dieHerenie en verstaan nie sy besluit nie, datHy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.

13 Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek saljou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; enjy sal hulle onregverdige wins aan dieHeretoewy en hulle rykdom aandie Here van die ganse aarde.

14 Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes;die vyandhet ’n wal teen ons opgegooi;met ’n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 2 =