MIGA 5

Voorsegging van die geboorte van die Messías en sy vredeliewende regering.

1 EN jy,Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; ensy uitgange is uit die voortyd,uit die dae van die ewigheid.

2 Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ’n barende gebaar het. Dansal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.

3 En Hy sal optree enhullelaat wei in die sterkte van dieHere, in die majesteit van die Naam van dieHeresy God; en hulle sal rustig woon, want nousal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.

4 EnHy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.

5 En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hyonsdan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.

6 Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke weessoos dou van dieHere, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie.

7 En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red.

8 Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.

9 Enin dié dag, spreek dieHere,sal Ek jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.

10 Ook sal Ek uitroei die stede van jou land en al jou vestings afbreek.

11 Verder sal Ek uitroeidie towerye uit jou hand, en jy sal geengoëlaars meer hê nie.

12 En Ek sal uit jou midde uitroei jou gesnede beelde en jou klippilare, sodat jy jou nie meer voor die werk van jou hande sal neerbuig nie.

13 En Ek sal uit jou midde uitruk jouheilige boomstamme en jou stede verwoes.

14 En Ek sal in toorn en grimmigheid wraak neem op die nasies wat nie geluister het nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × one =