MIGA 6

God twis met Israel oor die boosheid van die volk.

1 HOOR tog wat dieHeresê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister!

2 Hoor, berge,die twis van dieHere! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want dieHerehet ’n twis met sy volk en sal met Israel ’n regsgeding hou.

3 My volk,wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My!

4 Ja,Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam.

5 My volk, dink tog aanwat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het,en wat gebeur hetvanSittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van dieHere.

6 Waarmee sal ek dieHeretegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?

7 Sal dieHere’n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie?Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?

8 Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; enwat vra dieHerevan jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

9 Die stem van dieHereroep tot die stad — dit is heilsaam om u Naam te vrees —: Hoordie roede, en wie dit bestel het.

10 Is daar nog altyd in die huis van die goddelose skatte van onreg en ’n skrale efa wat vervloek is?

11 Sal Ek rein kan wees by’n valse weegskaal en by ’n sak vol bedrieglike gewigte?

12 Want die rykes indie stadis vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.

13 So slaan Ek jou dan ook met ’n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.

14 Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.

15 Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mosmaak,maar geen wyn drink nie.

16 Want die insettinge vanOmri word onderhou en al die werke van die huis vanAgab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot ’n woesteny sou maak en die inwoners daarvan ’n bespotting: endie smaad van my volk sal julle dra.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

6 + 4 =