SEFÁNJA 1

Bedreiginge teen Jerusalem en Juda.

1 DIE woord van dieHerewat gekom het tot Sefánja, die seun van Kusi, die seun van Gedálja, die seun van Amárja, die seun van Hiskía, in die dae van Josía, die seun van Amon, koning van Juda.

2 Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek dieHere.

3 Ek sal wegraapmense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see endie struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek dieHere.

4 En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem;Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam vandie afgodsdienaars saam met die priesters;

5 en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidderswat by dieHeresweer en sweer byMilkom.

6 Ook die wat van dieHereafvallig word en wat dieHerenie soek en Hom nie raadpleeg nie.

7 Swyg voor die HereHere! Wantdie dag van dieHereis naby; wantdieHerehet ’n offer berei, sy gaste geheilig.

8 En op die dag van die offer van dieHeresal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra.

9 Ek sal ook op dié dag besoeking doen oor almalwat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.

10 En op dié dag, spreek dieHere— hoor! ’n geskreeu vandie Vispoort af en ’n gehuil vandie Nuwe Stad af en ’n groot gekraak van die heuwels af!

11 Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei.

12 En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword hetop hulle afsaksel,wat in hulle hart sê: DieHeredoen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.

13 En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word;en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.

14 Naby is die groot dag van dieHere, naby en baie haastig. Hoor! die dag van dieHere!Bitterlik skreeu die held daar.

15 Dié dag is ’n dag van grimmigheid, ’n dag van benoudheid en angs, ’n dag van woestheid en verwoesting, ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag,

16 ’n dag vanbasuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.

17 En Ek sal die mense in benoudheid bring, enhulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen dieHeregesondig het; enhulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.

18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van dieHerete red nie, maar deur die vuur van sy ywer saldie hele aarde verteer word; wantHy bring vernietiging, ja, ’n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.

SEFÁNJA 2

Verootmoedig julle vóór die wêreldgerig.

1 KOM tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie!

2 Voordat die besluit baar — soos kaf gaan die dag verby — voordat daar oor julle kom die toorngloed van dieHere, voordat oor julle kom die dag van die toorn van dieHere.

3 Soek dieHere,o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid —miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van dieHere.

4 WantGasa sal verlate wees en Áskelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.

5 Wee die inwoners vandie kusstreek, die nasie vandie Kretiërs! Die woord van dieHereis teen julle, Kanaän, land van die Filistyne — Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.

6 En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.

7 Endit sal wees ’n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Áskelon gaan lê, want dieHerehulle Godsal op hulle ag gee enhulle lot verander.

8 Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou hetteen sy grondgebied.

9 Daarom, so waar as Ek leef, spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Moab sal wordsoos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra — ’n veld van brandnekels en soutpanne en ’n verwoesting vir ewig;die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.

10 Dit oorkom hullevir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van dieHerevan die leërskare.

11 Vreeslik sal dieHereteen hulle wees, wantHy laat al die gode van die aarde wegkwyn;sodat hulle Hom kan aanbidelkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.

12 Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.

13 Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hysal Assur vernietig enNinevé tot ’n verwoesting maak, dor soos die woestyn.

14 Enbinne-in diestadsal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle hetdie sederwerk afgeruk.

15 Dit is die uitgelate stadwat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit ’n verwoesting geword, ’n lêplek vir wilde diere!Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand.

SEFÁNJA 3

Die oordeel oor Jerusalem.

1 WEE die opstandige en die besoedelde,die verdrukkende stad.

2 Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op dieHerevertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.

3 Sy vorste binne-in hom isbrullende leeus; sy regters isaandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.

4 Sy profete isligsinnig, trouelose manne, sy priestersverontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.

5 DieHereis regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

6 Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie.

7 Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem!Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie,nie plaasvindalles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.

8 Daarom,verwag My, spreek dieHere, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeelom nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Wantdie ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!

9 Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van dieHeresal aanroep en Hom met ’n eenparige skouer sal dien.

10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders,my verstrooide gemeente,my offerandebring.

11 Op dié daghoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, enjy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly’n ellendige en geringe volk wat by die Naam van dieHereskuiling soek.

13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, enin hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê,en niemand sal hulle verskrik nie.

14 Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!

15 DieHerehet jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, dieHereis by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.

16 In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion,laat jou hande nie slap hang nie!

17 DieHerejou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

18 Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.

19 Kyk,in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; endie wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ’n lof en tot ’n roem wie se skande oor die hele aarde was.

20 In dié tydsal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ’n roem en tot ’n lof onder al die volke van die aarde, wanneerEk voor julle oë julle lot verander, sê dieHere.

HÁBAKUK 1

Geweld en onreg in die volkewêreld.

1 DIE Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het.

2 Hoe lank, oHere, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U:Geweld! — maar U help nie?

3 Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.

4 Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddeloseomsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.

5 Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.

6 Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.

7 Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.

8 En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op ’n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos ’n arend wat op sy prooi neerskiet!

9 Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.

10 Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom ’n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop gronddaarteenop en neem dit in.

11 Dan gly hy verby, ’n wind, en trek verder — maarword skuldig,hy wie se krag sy god is.

Laat God die geweld seëvier?

12 IS U dan nie uit die voortyd nie, oHere, my God, my Heilige?Ons sal nie sterwe nie.Here,tot ’n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot ’n tugroede het U hom bestem!

13 U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie — waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?

14 So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.

15 Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig.

16 Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy seën; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig.

17 Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?

HÁBAKUK 2

Die antwoord van die Here.

1 OP my wagtoring wil ek gaan staan en op ’n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.

2 Toe antwoord dieHeremy en sê:Skryf die gesig op engraveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.

3 Wantdie gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; wantalte seker sal dit kom en nie versuim nie:

4 Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.

5 En bowendien,die wyn is ’n bedrieër, ’n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik — hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar.

6 Sal hulle nie almal oor hom ’n spreuk, ’n spotlied aanhef nie, raaisels oor hommaaknie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie — hoe lank? — en hom beswaar met verpande goed.

7 Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle ’n prooi word nie?

8 Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.

9 Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.

10 Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.

11 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.

12 Wee hom wat ’n stad bou met bloed en ’n vesting stig deur onreg.

13 Kyk, kom dit nie van dieHerevan die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?

14 Wantdie aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van dieHeresoos die waters die seebodem oordek.

15 Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, enhulleook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.

16 Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer — drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van dieHereomgaan, en skande tref jou eer.

17 Want die geweld aandie Líbanon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is — weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.

18 Wat baat ’n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, ’n gegote beeld, wat ’n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?

19 Wee hom wat vir ’n stuk hout sê: Word wakker! vir ’n dooie klip: Ontwaak! Kan hy’n mensleer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie!

20 Maar dieHereis in sy heilige tempel —swyg voor Hom, o ganse aarde!

HÁBAKUK 3

Gebed van die profeet.

1 ’nGEBED van Hábakuk, die profeet,op die wysie vanSjigjonōt.

2 Here, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees!Here, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.

3 God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.

4 En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; endáár is die omhulsel van sy krag.

5 Voor Hom uit loop die pes, en ’n koorsgloed trek uit agter Hom aan.

6 Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels — paaie van die ou tyd vir Hom.

7 Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land Mídian bewe.

8 Is dit teen riviere, oHere, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?

9 Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde.

10 Die berge sien U en bewe van angs, ’n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.

11 Die son, die maan bly inhullewoonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies.

12 In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.

13 U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde.U verbrysel die kop van die huis van die goddelose enontbloot die fondament tot by die nek. Sela.

14 U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.

15 U betree die see met u perde, ’n hoop magtige waters.

16 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ’n aanval maak.

17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —

18 nogtans sal ek jubel in dieHere,ek sal juig in die God van my heil.

19 DieHereHere is my sterkte, en Hy maakmy voete soos dié van herte, en Hy laat my treeop my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.

NAHUM 1

Die toorn van die Here oor sy vyande en sy goedertierenheid oor sy volk.

1 GODSPRAAK oorNinevé. Die boek van die gesig van Nahum, die Élkosiet.

2 ’n Jaloerse God en ’n wreker is dieHere, ’n wreker is dieHere, en vol grimmigheid; ’n wreker is dieHerevir sy teëstanders, en Hy behoudie toornteen sy vyande.

3 DieHereis lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat dieHereongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

4 Hy dreig die see en maak dit droog en laat al die riviere opdroog; Basan en Karmel kwyn weg, en die groenigheid van die Líbanon verwelk.

5 Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.

6 Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.

7 DieHereis goed, ’n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.

8 Maar met ’n oorstromende vloed maak Hy ’n einde aan die plek van diestad,en sy vyande vervolg Hy die duisternis in.

9 Wat wil julle beraam teen dieHere? Hy maak daar ’n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

10 Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat — hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.

11 Van jou,o stad,het een uitgegaan wat kwaad teen dieHereberaam het, wat verderflike planne gemaak het.

12 So sê dieHere: Al is hulle ook in volle krag en só groot in getal, tog sal hulle net só afgemaai word en vergaan. (Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;

13 maar nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe stukkend ruk.)

14 Maar dieHeresal dit oor jóú verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou ’n graf maak, want jy is te lig bevind.

15 Kyk, op die bergedie voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jougebiedtrek nie; hy is heeltemal uitgeroei!

NAHUM 2

Die val van Ninevé.

1 ’nVERWOESTER trek teen jou op; bewaak die vesting, kyk uit langs die weg, versterk die lendene, versterk jou met alle mag!

2 Want dieHereherstel die heerlikheid van Jakob net soos die heerlikheid van Israel; want plunderaars het hulle geplunder en hulle wingerdlote verniel.

3 Die skild van sy helde is rooi geverf, die dapper manne in skarlaken gekleed, die strydwaensskittermet die glans van staal op die dag as hy hom gereedmaak, en die spiese word geswaai.

4 Langs die paaie raas die strydwaens, hulle jaag rond oor die vlaktes; hulle voorkoms is soos fakkels, soos bliksemstrale skiet hulle heen en weer.

5 Hy dink aan sy vername manne; hulle struikel in hul vaart, hulle hardloop na die muur waar die stormdak opgerig staan.

6 Die poorte van die riviere word oopgemaak, en die paleis smelt weg.

7 En dit is beslis: diestadword ontbloot, sy word weggevoer, en haar slavinne klae soos die stem van duiwe en slaan op hulle bors.

8 En Ninevé is soos ’n vywer van waters, al die dae van haar bestaan. Maar hulle loop weg! Staan tog, staan! Maar daar is niemand wat omdraai nie.

9 Roof silwer, roof goud! En onuitputlik is die voorraad, ’n rykdom van allerhande kosbare dinge!

10 Leegheid, ontlediging, vernieling! En die hart versmelt, en knieë wankel, en in al die lendene is krampe,en die aangesig van hulle almal word bleek.

11 Waar is die lêplek vandie leeus, wat die voedingsplek was van die jong leeus? Waar die leeu, die leeuin, die klein leeutjie rondgeloop het sonder dat iemandhulleskrikmaak?

12 Die leeu wat vir sy kleintjies geroof en vir sy leeuinne gewurg het, wat sy gate met roof gevul het en sy lêplekke met buit.

13 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek dieHerevan die leërskare, en Ek laat jou strydwaens in rook opgaan; endie swaard sal jou jong leeus verslind, en Ek sal jou roof van die aarde verdelg; en die stem vanjou gesante sal nie meer gehoor word nie.

NAHUM 3

Die sondes van Ninevé en sy verwoesting.

1 WEE die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is,terwyl rowery nie ophou nie!

2 Hoor, die sweep! En hoor,die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!

3 Ruiters op ’n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En ’n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie — ’n mens struikel oor hulle lyke!

4 Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid,’n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.

5 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek dieHerevan die leërskare, enEk sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.

6 En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou ’n skouspel maak,

7 sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninevé! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?

8 Is jy beter asNo-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur?

9 Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal,Putéërs enLíbiërs was jou tot hulp.

10 Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.

11 Ook jý sal dronk word, beneweld wees, ook jý sal ’n toevlug soek teen die vyand.

12 Al jou vestings is vyebome met voorvye: as ’n mens skud, val hulle in die mond van die eter.

13 Kyk, jou volk binne-in jouissoosvroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer.

14 Skep vir jou water vir die beleëring,versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.

15 Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;

16 al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel — die voetgangers vervel en vlieg weg!

17 Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op ’n koue dag op die heining sit — die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.

18 Jou herderssluimer,o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie.

19 Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal watdie tyding omtrent jou verneem,slaan hulle hande saam oor jou; want oorwie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?

MIGA 1

Oordeel oor Samaría en Jerusalem.

1 DIE woord van dieHerewat totMiga, die Morastiet, gekom het,in die dae van Jotam, Agas, Hiskía, konings van Juda; wat hy gesien het aangaandeSamaría en Jerusalem.

2 oVolke, luister almal saam!oAarde en sy volheid, let op! Sodat die HereHeregetuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.

3 Want kyk, dieHeregaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.

4 Endie berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop,soos was voor die vuur, soos water wat langs ’n helling afstroom!

5 Dit alles vanweë die oortreding van Jakob en vanweë die sondes van die huis van Israel. Wie isdie oorsaak vandie oortreding van Jakob? Is dit nieSamaría nie? En wie isdie oorsaak vandie hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie?

6 Daarom sal Ek Samaría ’n puinhoop maak op die veld, ’n plek om wingerdstokke te plant; en Ek sal haar klippe in die dal laat afrol enhaar fondamente blootlê.

7 En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan enal wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot ’n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer.

8 Daaroor wil ek rouklaag en huil, kaalvoet en naak loop. Ek wil klae soos die jakkalse en treur soos die volstruise.

9 Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda,dit reik tot aan die poort van my volk, tot by Jerusalem.

10 Moet dit nie inGat vertel nie, weendaarganselik nie! In Bet-Ofra het ek my in die stof gewentel!

11 Trek weg in smadelike naaktheid, o inwoners van Safir! Die inwoners van Saänan trek nie uit nie. Die weeklagte van Bet-Haësel sal julle daar die verblyf ontneem.

12 Want die inwoners van Marot wag in pyn op iets goeds, omdat onheil neerdaal van dieHerena die poort van Jerusalem.

13 Span die perde voor die wa, o inwoners van Lagis! Dit was die begin van sonde vir die dogter van Sion, dat die oortredinge van Israel in jou gevind is.

14 Daarom moet jy ’n afskeidsgeskenk gee aanMoréset-Gat; die huise van Agsib sal ’n teleurstelling wees vir die konings van Israel.

15 Nogmaals sal Ek jou ’n veroweraar bring, o inwoner van Marésa; die adel van Israel sal tot by Adúllam kom.

16 Maak ’n kaalte op jou hoof en skeer jou weens jou troetelkinders; maak die kaalplek groot soos dié van ’n aasvoël, omdat hulle van jou af weggevoer is in ballingskap.