SEFÁNJA 3

Die oordeel oor Jerusalem.

1 WEE die opstandige en die besoedelde,die verdrukkende stad.

2 Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op dieHerevertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.

3 Sy vorste binne-in hom isbrullende leeus; sy regters isaandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.

4 Sy profete isligsinnig, trouelose manne, sy priestersverontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.

5 DieHereis regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

6 Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie.

7 Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem!Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie,nie plaasvindalles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.

8 Daarom,verwag My, spreek dieHere, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeelom nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Wantdie ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!

9 Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van dieHeresal aanroep en Hom met ’n eenparige skouer sal dien.

10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders,my verstrooide gemeente,my offerandebring.

11 Op dié daghoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, enjy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly’n ellendige en geringe volk wat by die Naam van dieHereskuiling soek.

13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, enin hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê,en niemand sal hulle verskrik nie.

14 Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!

15 DieHerehet jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, dieHereis by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.

16 In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion,laat jou hande nie slap hang nie!

17 DieHerejou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

18 Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.

19 Kyk,in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; endie wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ’n lof en tot ’n roem wie se skande oor die hele aarde was.

20 In dié tydsal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ’n roem en tot ’n lof onder al die volke van die aarde, wanneerEk voor julle oë julle lot verander, sê dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 − 6 =