SEFÁNJA 2

Verootmoedig julle vóór die wêreldgerig.

1 KOM tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie!

2 Voordat die besluit baar — soos kaf gaan die dag verby — voordat daar oor julle kom die toorngloed van dieHere, voordat oor julle kom die dag van die toorn van dieHere.

3 Soek dieHere,o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid —miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van dieHere.

4 WantGasa sal verlate wees en Áskelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.

5 Wee die inwoners vandie kusstreek, die nasie vandie Kretiërs! Die woord van dieHereis teen julle, Kanaän, land van die Filistyne — Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.

6 En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.

7 Endit sal wees ’n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Áskelon gaan lê, want dieHerehulle Godsal op hulle ag gee enhulle lot verander.

8 Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou hetteen sy grondgebied.

9 Daarom, so waar as Ek leef, spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Moab sal wordsoos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra — ’n veld van brandnekels en soutpanne en ’n verwoesting vir ewig;die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.

10 Dit oorkom hullevir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van dieHerevan die leërskare.

11 Vreeslik sal dieHereteen hulle wees, wantHy laat al die gode van die aarde wegkwyn;sodat hulle Hom kan aanbidelkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.

12 Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.

13 Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hysal Assur vernietig enNinevé tot ’n verwoesting maak, dor soos die woestyn.

14 Enbinne-in diestadsal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle hetdie sederwerk afgeruk.

15 Dit is die uitgelate stadwat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit ’n verwoesting geword, ’n lêplek vir wilde diere!Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

thirteen + 12 =