MIGA 1

Oordeel oor Samaría en Jerusalem.

1 DIE woord van dieHerewat totMiga, die Morastiet, gekom het,in die dae van Jotam, Agas, Hiskía, konings van Juda; wat hy gesien het aangaandeSamaría en Jerusalem.

2 oVolke, luister almal saam!oAarde en sy volheid, let op! Sodat die HereHeregetuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.

3 Want kyk, dieHeregaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.

4 Endie berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop,soos was voor die vuur, soos water wat langs ’n helling afstroom!

5 Dit alles vanweë die oortreding van Jakob en vanweë die sondes van die huis van Israel. Wie isdie oorsaak vandie oortreding van Jakob? Is dit nieSamaría nie? En wie isdie oorsaak vandie hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie?

6 Daarom sal Ek Samaría ’n puinhoop maak op die veld, ’n plek om wingerdstokke te plant; en Ek sal haar klippe in die dal laat afrol enhaar fondamente blootlê.

7 En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan enal wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot ’n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer.

8 Daaroor wil ek rouklaag en huil, kaalvoet en naak loop. Ek wil klae soos die jakkalse en treur soos die volstruise.

9 Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda,dit reik tot aan die poort van my volk, tot by Jerusalem.

10 Moet dit nie inGat vertel nie, weendaarganselik nie! In Bet-Ofra het ek my in die stof gewentel!

11 Trek weg in smadelike naaktheid, o inwoners van Safir! Die inwoners van Saänan trek nie uit nie. Die weeklagte van Bet-Haësel sal julle daar die verblyf ontneem.

12 Want die inwoners van Marot wag in pyn op iets goeds, omdat onheil neerdaal van dieHerena die poort van Jerusalem.

13 Span die perde voor die wa, o inwoners van Lagis! Dit was die begin van sonde vir die dogter van Sion, dat die oortredinge van Israel in jou gevind is.

14 Daarom moet jy ’n afskeidsgeskenk gee aanMoréset-Gat; die huise van Agsib sal ’n teleurstelling wees vir die konings van Israel.

15 Nogmaals sal Ek jou ’n veroweraar bring, o inwoner van Marésa; die adel van Israel sal tot by Adúllam kom.

16 Maak ’n kaalte op jou hoof en skeer jou weens jou troetelkinders; maak die kaalplek groot soos dié van ’n aasvoël, omdat hulle van jou af weggevoer is in ballingskap.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

six − four =