SEFÁNJA 1

Bedreiginge teen Jerusalem en Juda.

1 DIE woord van dieHerewat gekom het tot Sefánja, die seun van Kusi, die seun van Gedálja, die seun van Amárja, die seun van Hiskía, in die dae van Josía, die seun van Amon, koning van Juda.

2 Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek dieHere.

3 Ek sal wegraapmense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see endie struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek dieHere.

4 En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem;Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam vandie afgodsdienaars saam met die priesters;

5 en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidderswat by dieHeresweer en sweer byMilkom.

6 Ook die wat van dieHereafvallig word en wat dieHerenie soek en Hom nie raadpleeg nie.

7 Swyg voor die HereHere! Wantdie dag van dieHereis naby; wantdieHerehet ’n offer berei, sy gaste geheilig.

8 En op die dag van die offer van dieHeresal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra.

9 Ek sal ook op dié dag besoeking doen oor almalwat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.

10 En op dié dag, spreek dieHere— hoor! ’n geskreeu vandie Vispoort af en ’n gehuil vandie Nuwe Stad af en ’n groot gekraak van die heuwels af!

11 Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei.

12 En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword hetop hulle afsaksel,wat in hulle hart sê: DieHeredoen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.

13 En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word;en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.

14 Naby is die groot dag van dieHere, naby en baie haastig. Hoor! die dag van dieHere!Bitterlik skreeu die held daar.

15 Dié dag is ’n dag van grimmigheid, ’n dag van benoudheid en angs, ’n dag van woestheid en verwoesting, ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag,

16 ’n dag vanbasuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.

17 En Ek sal die mense in benoudheid bring, enhulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen dieHeregesondig het; enhulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.

18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van dieHerete red nie, maar deur die vuur van sy ywer saldie hele aarde verteer word; wantHy bring vernietiging, ja, ’n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eleven − eleven =