NAHUM 1

Die toorn van die Here oor sy vyande en sy goedertierenheid oor sy volk.

1 GODSPRAAK oorNinevé. Die boek van die gesig van Nahum, die Élkosiet.

2 ’n Jaloerse God en ’n wreker is dieHere, ’n wreker is dieHere, en vol grimmigheid; ’n wreker is dieHerevir sy teëstanders, en Hy behoudie toornteen sy vyande.

3 DieHereis lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat dieHereongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

4 Hy dreig die see en maak dit droog en laat al die riviere opdroog; Basan en Karmel kwyn weg, en die groenigheid van die Líbanon verwelk.

5 Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.

6 Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.

7 DieHereis goed, ’n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.

8 Maar met ’n oorstromende vloed maak Hy ’n einde aan die plek van diestad,en sy vyande vervolg Hy die duisternis in.

9 Wat wil julle beraam teen dieHere? Hy maak daar ’n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

10 Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat — hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.

11 Van jou,o stad,het een uitgegaan wat kwaad teen dieHereberaam het, wat verderflike planne gemaak het.

12 So sê dieHere: Al is hulle ook in volle krag en só groot in getal, tog sal hulle net só afgemaai word en vergaan. (Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;

13 maar nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe stukkend ruk.)

14 Maar dieHeresal dit oor jóú verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou ’n graf maak, want jy is te lig bevind.

15 Kyk, op die bergedie voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jougebiedtrek nie; hy is heeltemal uitgeroei!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − 15 =