GÉNESIS 12

Roeping van Abram. Hy kom in Kanaän. Sy trek na Egipte.

1 EN dieHerehet aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.

2 En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.

3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek;en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

4 Toe het Abram weggetrek soos dieHerehom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.

5 En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hullein Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.

6 En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by dieterpentynboom More.Die Kanaäniete was toe in die land.

7 Daarop verskyn dieHereaan Abram en sê:Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ’n altaar vir dieHerewat aan hom verskyn het.

8 En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir dieHere’n altaar gebou endie Naam van dieHereaangeroep.

9 Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek.

10 En daar washongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood wasswaar in die land.

11 En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy ’n vrou is mooi van aansien.

12 As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou — en hullesal my doodmaak en jou laat lewe.

13 Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.

14 Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.

15 Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.

16 En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het.

17 Maar dieHerehetFarao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.

18 Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?

19 Waarom het jy gesê: Sy is my suster — sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neemhaaren gaan weg.

20 En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.

GÉNESIS 13

Abram en Lot skei van mekaar.

1 SO het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.

2 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.

3 En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai,

4 na dieplek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van dieHereaangeroep.

5 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.

6 Endie land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.

7 En daar hettwis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot.Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.

8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.

9 Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.

10 Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat dieHereSodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting vanSoar soosdie tuin van dieHere, soos Egipteland.

11 En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.

12 Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van dieJordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.

13 En die manne van Sodomwas sleg en groot sondaars voor dieHere.

14 En dieHeresê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;

15 want die hele land wat jy sien,sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.

16 EnEk sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

17 Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.

18 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir dieHere’n altaar gebou.

GÉNESIS 14

Abram verlos Lot. Melgisédek.

1 EN in die dae van Ámrafel, die koning vanSínear, Áriog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning vanElam, en Tídeal, die koning van die nasies,

2 het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning vanAdma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit isSoar.

3 Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim,dit is die Soutsee.

4 Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al gedien, maar in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.

5 Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan dieRefaïete inÁsterot-Karnaim en dieSusiete in Hamen die Emiete in die vlakte van Kirjatáim

6 en dieHoriete op hulle gebergte Seïr, tot by El-Paran wat aan die woestyn lê.

7 Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat inHáseson-Tamar woon.

8 Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,

9 teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Ámrafel, die koning van Sínear, en Áriog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.

10 Maar die laagte Siddim was volgate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, hetna die gebergte gevlug.

11 En hulle hetal die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.

12 Hulle het ook Lot, Abramse broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek — want hy was in Sodom woonagtig.

13 Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by dieterpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner;en hulle was bondgenote van Abram.

14 Toe Abram hoor dat sybroer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat insy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agtien, en hulle tot by Dan agtervolg —

15 hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.

16 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.

17 Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe,dit is die Koningslaagte.

18 EnMelgisédek, die koning van Salem, wat ’npriestervan God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste,die Skepper van hemel en aarde.

20 En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom dietiende van alles.

21 En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.

22 Toe antwoord Abram die koning van Sodom:Ek hef my hand op tot dieHere, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

23 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.

24 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die mannewat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.

GÉNESIS 15

Verbond van God met Abram.

1 NÁ hierdie dinge het die woord van dieHeretot Abram gekom in ’n gesig en gesê:Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’nskild en jouloon is baie groot.

2 Toe vra Abram: HereHere, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?

3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dandie bediende van my huis my erfgenaam wees.

4 Toe kom die woord van dieHeretot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die eenwat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.

5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel entel diesterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom:So sal jou nageslag wees.

6 En hyhet in dieHeregeglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is dieHerewat jou uitgelei het uitUr van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.

8 En hy sê: HereHere,waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?

9 En Hy antwoord hom: Neem vir My ’n driejaaroud vers en ’n driejaaroud bokooi en ’n driejaaroud ram en ’n tortelduif en ’n jong duif.

10 En hy het dit alles vir Hom gebring en ditmiddeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maardie voëls het hy nie verdeel nie.

11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.

12 En toe die son wou ondergaan, val daar ’n diepe slaap op Abram, en kyk, skrikengroot duisternis het hom oorval.

13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet versekerdat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk wordvierhonderd jaar lank.

14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarnasal hulle uittrek met baie goed.

15 Maarjý salna jouvaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.

16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van dieAmorieteis tot nog toe nie vol nie.

17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ’n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.

18 Op dié dag het dieHeremet Abram ’n verbond gesluit en gesê:Aan jou nageslag gee Ek hierdie land,van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete

20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete

21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.

GÉNESIS 16

Hagar en Ismael.

1 MAAR Sarai, die vrou van Abram,het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het ’nEgiptiese slavin gehad met die naam vanHagar.

2 En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, dieHerehet my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.

3 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin — nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het — en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.

4 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteresveragtelik in haar oë geword.

5 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword.Laat dieHereoordeel tussen my en jou.

6 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand — doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.

7 En die Engel van dieHerehet haar by ’n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad naSur,

8 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.

9 Toe sê die Engel van dieHerevir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.

10 Verder sê die Engel van dieHerevir haar:Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.

11 Ook sê die Engel van dieHerevir haar: Kyk, jy is swanger en sal ’n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want dieHerehet jou in jou ellende verhoor.

12 En hý sal ’n wilde-esel van ’n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom!En hy sal teenoor al sy broers woon.

13 Toe noem sy die Naam van dieHerewat met haar gespreek het: U is ’n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?

14 Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roï. Dit lê daar tussenKades en Bered.

15 En Hagar het vir Abram ’n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het,Ismael genoem.

16 En Abram was ses-en-tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.

GÉNESIS 17

God verander die naam van Abram en stel die besnydenis in.

1 TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het dieHereaan Abram verskyn en vir hom gesê:Ek is God, die Almagtige;wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.

2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en joubuitengewoon vermeerder.

3 Toe val Abramop sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:

4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, enjy sal die vader van ’n menigte van nasies word.

5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jounaam sal wees Abraham,want Ek maak jou ’n vader van ’n menigte van nasies.

6 En Ek sal jou buitengewoonvrugbaar maak: Ek sal jou totnasies maak, en konings sal uit jou voortkom.

7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ’n ewige verbond,om vir jou ’n God te wees en vir jou nageslag ná jou.

8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ’n ewige besitting; enEk sal vir hulle ’n God wees.

9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jý moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.

10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word —

11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ’nteken wees van die verbond tussen My en julle.

12 ’n Seuntjie van agt dae danmoet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie —

13 die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ’n ewige verbond.

14 En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie — dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.

15 Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees.

16 En Ek sal haar seën enjou uit haar ook ’n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodatsy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.

17 Toe val Abraham op sy aangesig,en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ’n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar?

18 En Abraham sê aan God: Ag, magIsmael lewe voor u aangesig!

19 Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ’n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.

20 Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar envermeerder hom buitengewoon.Twaalf vorste sal hy verwek, enEk sal hom ’n groot nasie maak.

21 Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.

22 En nadat Hy klaar met hom gespreek het,het God van Abraham af opgevaar.

23 Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.

24 En Abraham was negen-en-negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.

25 En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.

26 Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny

27 en al die manne van sy huis — die wat in sy huis gebore en die wat van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam met hom besny.

GÉNESIS 18

Abraham tree op as voorbidder vir Sodom.

1 DAARNA het dieHereaan hom verskyn by dieterpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

2 Toe hy sy oë opslaan en kyk,staan daar drie manne voor hom.En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.

3 En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.

4 Laat hulle tog ’n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom.

5 Enlaat ek ’n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart — daarna kan u verder gaan — want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het.

6 Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.

7 Daarop loop Abraham na die beeste en vang ’n jong, mooi kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het.

8 En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet.

9 Toe sê hulle vir hom: Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent.

10 En Hy sê: Ek sal oor ’n jaar sekerlik weer na jou toe kom — dansal jou vrou Sara ’n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.

11 MaarAbraham en Sara was oud, ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie.

12 En Sarahet by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en myheer oud is?

13 Toe sê dieHerevir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?

14 Sou iets vir dieHerete wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor ’n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal ’n seun hê.

15 Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie — want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.

16 Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaanom hulle weg te bring.

17 Daarop sê dieHere:Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,

18 terwyl Abraham tog sekerlik ’n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseën sal word?

19 Want Ek het hom verkies,dat hy aan sy kinders ensy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van dieHeremoet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat dieHereoor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.

20 Verder het dieHeregesê:Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.

21 Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie,Ek wil dit weet.

22 Toe het die manne daarvandaan weggedraai enna Sodom gegaan, maar Abrahamhet nog bly staan voor die aangesig van dieHere.

23 En Abraham hetnader gekom en gesê:Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?

24 Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?

25 Laat dit ver van U wees om so iets te doen:om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees!Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie?

26 Toe sê dieHere:As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.

27 En Abraham antwoord en sê:Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ekstof en as is.

28 Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf-en-veertig vind nie.

29 En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie.

30 Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.

31 Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie.

32 Toe sê hy:Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.

33 En dieHerehet weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.

GÉNESIS 19

Verwoesting van Sodom. Vertrek van Lot.

1 EN dietwee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; entoe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe

2 en gesê: Kyk tog, my here,draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor enwas u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag.

3 Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ’n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet.

4 Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam.

5 En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het?Bring hulle na ons toe uit,dat ons hulle kan beken.

6 Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe

7 en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie.

8 Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie,want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.

9 Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê:Hierdie een het gekom omhieras vreemdeling te vertoef enwil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.

10 Maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit.

11 Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, metblindheid, sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het.

12 Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? ’n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad —bring hulle uit die plek uit;

13 want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van dieHere, en dieHerehet ons gestuur om dit te verwoes.

14 Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê:Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want dieHeregaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer.

15 En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.

16 Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat dieHerehom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.

17 En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe!Moenie omkyk nie, en moenie êrens in dieJordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!

18 Daarop antwoord Lot hulle: Ag nee, my Here!

19 Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie.

20 Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug — is dit nie klein nie? — dat ek kan lewe!

21 En Hy sê vir hom: Kyk,Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie.

22 Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie.Daarom noem hulle die stad Soar.

23 Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.

24 En dieHerehet swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van dieHereuit die hemel,

25 en Hy het hierdie stede omgekeer en die heleJordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.

26 En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het ’nsoutpilaar geword.

27 En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hyvoor die aangesig van dieHeregestaan het.

28 Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van dieJordaanstreek, sien hy dat dierook van die land optrek soos die rook van ’n smeltoond.

29 En onderwyl God die stede van dieJordaanstreek verwoes, het Godaan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was.

30 En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op diegebergte, want hy was bang om in Soar te bly; daarom het hy saam met sy twee dogters in ’n spelonk gaan woon.

31 En die oudste het aan die jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man in die land om, na die reël van die ganse aarde, by ons in te gaan nie.

32 Kom, laat ons aan ons vader wyn gee om te drink en met hom gemeenskap hou, sodat ons deur ons vader ’n geslag in die lewe kan hou.

33 Hulle gee toe dié nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.

34 Die volgende dag sê die oudste aan die jongste: Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons vader ’n geslag in die lewe kan hou.

35 Hulle gee toe dié nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.

36 So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword,

37 en die oudste het ’n seun gebaar en hom Moab genoem.Hy is die vader van die hedendaagse Moabiete.

38 En die jongste het ook ’n seun gebaar en hom Ben-Ammi genoem.Hy is die vader van die hedendaagse Ammoniete.

GÉNESIS 20

Abraham kom in Gerar. Hy ontken dat Sara sy vrou is.

1 EN Abraham hetdaarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussenKades en Sur en inGerar as vreemdeling vertoef.

2 En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê:Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.

3 MaarGod het in die nag by Abiméleg gekomin ’n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is ’n getroude vrou.

4 Maar Abiméleg het nog nie naby haar gekom nie; daarom het hy gevra: Here,sal U ook ’n regverdige nasie ombring?

5 Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer. In die onskuld van my hart en in die reinheid van my hande het ek dit gedoen.

6 Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.

7 Gee dan nou die man se vrou terug,want hy is ’n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jyen almal wat aan jou behoort.

8 Abiméleg is toe die môre vroeg op en het al sy dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel. Toe was die manne baie bang.

9 En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk ’n groot sonde gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen.

10 Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het?

11 En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtiggeen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak.

12 En sy is ook werklikmy suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.

13 Entoe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys — op elke plek waar ons kom,moet jy van my sê: Hy is my broer.

14 Toeneem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee.

15 En Abiméleg sê: Daar lêmy land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë.

16 En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan joubroer duisendsikkelssilwer. Kyk, dit is vir jou ’nbedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is.

17 Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.

18 Want dieHerehet elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.

GÉNESIS 21

Geboorte van Isak. Abraham verdryf Hagar en Ismael.

1 EN dieHerehet Sara besoek soos Hy beloof het; en dieHerehet aan Sara gedoensoos Hy gespreek het:

2 Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom ’n seun gebaarop die bepaalde tyd wat God genoem het.

3 En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het,Isak genoem.

4 En Abrahamhet sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was,soos God hom beveel het.

5 EnAbraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.

6 En Sara het gesê:’n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.

7 Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog kinders?Want ek het ’n seun gebaar in sy ouderdom.

8 En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het ’n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.

9 Toe sien Sara hoe die seun van Hagar,die Egiptieseslavin,wat sy vir Abraham gebaar het,spot;

10 en sy sê aan Abraham:Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.

11 En die woord was baie verkeerd in die oë van Abrahamvanweë sy seun.

12 Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang,want deur Isak sal daar vir jou ’n nageslag genoem word.

13 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ’nnasie maak, omdat hy jou kind is.

14 Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en ’n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn vanBerséba.

15 En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp

16 en geloop en op ’n afstand gaan sit so ver as ’n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op ’n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.

17 Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.

18 Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom ’n groot nasie maak.

19 Daarop het God haar oë geopen, en sy sien ’n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.

20 En Godwas met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en ’n boogskutter geword:

21 hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder hetvir hom ’n vrou uitEgipteland geneem.

Verbond tussen Abraham en Abiméleg.

22 IN dié tyd hetAbiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê:God is met jou in alles wat jy doen.

23 Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.

24 En Abraham antwoord: Ek sweer.

25 Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor ’n put wat die dienaars van Abimélegmet geweld geneem het.

26 Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.

27 Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het ’nverbond gesluit;

28 Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.

29 Toe sê Abiméleg vir Abraham:Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?

30 En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my ’n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.

31 Daaromnoem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.

32 So het hulle dan ’n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.

33 En hy het ’n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van dieHere, dieewige God,aangeroep.

34 En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van dieFilistyne vertoef.