GÉNESIS 14

Abram verlos Lot. Melgisédek.

1 EN in die dae van Ámrafel, die koning vanSínear, Áriog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning vanElam, en Tídeal, die koning van die nasies,

2 het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning vanAdma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit isSoar.

3 Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim,dit is die Soutsee.

4 Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al gedien, maar in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.

5 Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan dieRefaïete inÁsterot-Karnaim en dieSusiete in Hamen die Emiete in die vlakte van Kirjatáim

6 en dieHoriete op hulle gebergte Seïr, tot by El-Paran wat aan die woestyn lê.

7 Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat inHáseson-Tamar woon.

8 Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,

9 teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Ámrafel, die koning van Sínear, en Áriog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.

10 Maar die laagte Siddim was volgate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, hetna die gebergte gevlug.

11 En hulle hetal die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.

12 Hulle het ook Lot, Abramse broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek — want hy was in Sodom woonagtig.

13 Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by dieterpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner;en hulle was bondgenote van Abram.

14 Toe Abram hoor dat sybroer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat insy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agtien, en hulle tot by Dan agtervolg —

15 hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.

16 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.

17 Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe,dit is die Koningslaagte.

18 EnMelgisédek, die koning van Salem, wat ’npriestervan God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste,die Skepper van hemel en aarde.

20 En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom dietiende van alles.

21 En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.

22 Toe antwoord Abram die koning van Sodom:Ek hef my hand op tot dieHere, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

23 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.

24 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die mannewat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × five =