GÉNESIS 15

Verbond van God met Abram.

1 NÁ hierdie dinge het die woord van dieHeretot Abram gekom in ’n gesig en gesê:Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’nskild en jouloon is baie groot.

2 Toe vra Abram: HereHere, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?

3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dandie bediende van my huis my erfgenaam wees.

4 Toe kom die woord van dieHeretot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die eenwat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.

5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel entel diesterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom:So sal jou nageslag wees.

6 En hyhet in dieHeregeglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is dieHerewat jou uitgelei het uitUr van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.

8 En hy sê: HereHere,waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?

9 En Hy antwoord hom: Neem vir My ’n driejaaroud vers en ’n driejaaroud bokooi en ’n driejaaroud ram en ’n tortelduif en ’n jong duif.

10 En hy het dit alles vir Hom gebring en ditmiddeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maardie voëls het hy nie verdeel nie.

11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.

12 En toe die son wou ondergaan, val daar ’n diepe slaap op Abram, en kyk, skrikengroot duisternis het hom oorval.

13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet versekerdat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk wordvierhonderd jaar lank.

14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarnasal hulle uittrek met baie goed.

15 Maarjý salna jouvaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.

16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van dieAmorieteis tot nog toe nie vol nie.

17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ’n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.

18 Op dié dag het dieHeremet Abram ’n verbond gesluit en gesê:Aan jou nageslag gee Ek hierdie land,van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete

20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete

21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fourteen + twenty =