GÉNESIS 32

Jakob worstel met die Engel, word versoen met Esau en kom in Sigem aan.

1 JAKOB het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet.

2 Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is ’nleër van God! En hy het die plek Mahanáim genoem.

3 En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom uit na sy broer Esau in die landSeïr, die landstreek van Edom,

4 en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan my heer, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar — ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe;

5 en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë.

6 En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vierhonderd man saam met hom.

7 Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel;

8 want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak.

9 En Jakob het gesê:o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, oHere,wat my beveel het: Gaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen —

10 ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword.

11 Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders.

12 U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.

13 En hy het die nag daar oorgebly en van wat in sy besit was,’n geskenk geneem vir sy broer Esau:

14 tweehonderd bokooie en twintig bokke, tweehonderd skaapooie en twintig ramme,

15 dertig kameelkoeie wat in die melk was, met hulle kalfies, veertig koeie en tien bulle, twintig eselinne en tien jong esels;

16 en hy het hulle aan sy dienaars afgegee, elke trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit, en laat ’n plek oop tussen trop en trop.

17 Daarop gee hy aan die eerste een bevel en sê: As my broer Esau jou teëkom en jou vra: Aan wie behoort jy, en waarheen gaan jy, en wie s’n is die goed daar voor jou?

18 dan moet jy antwoord: U dienaar Jakob s’n. Dit is ’n geskenk wat hy aan my heer Esau stuur; en kyk, hy self kom ook agter ons aan.

19 En hy het ook bevel gegee aan die tweede en aan die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het, en gesê: Net so moet julle Esau antwoord as julle hom kry —

20 julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom agter ons aan. Want hy het gedink: Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien — miskien sal hy my in guns aanneem.

21 So het die geskenk dan voor hom uit gegaan, maar hy self het dié nag in die laer gebly.

22 En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van dieJabbok getrek:

23 hy het hulle geneem en hulle deur die rivier laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het.

24 Maar Jakob het alleen agtergebly, en ’n Man het met homgeworstel tot dagbreek.

25 En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.

26 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.

27 En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.

28 Toe sê Hy:Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en metdie mense en het oorwin.

29 Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord:Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën.

30 Toe noem Jakob die plek Pniël; want,het hy gesê,ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.

31 En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pniël verby was; en hy was mank aan sy heup.

32 Daarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het.

GÉNESIS 33

1 EN Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vierhonderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.

2 En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en Josef laaste opgestel;

3 maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die aardegebuig, totdat hy by sy broer gekom het.

4 Toe loop Esau hom tegemoet en omhels homen val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.

5 Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinderswat God uit genade aan u dienaar geskenk het.

6 En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig.

7 En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig.

8 Daarop sê hy: Wat is jou bedoelingmet daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord:Om guns te vind in die oë van my heer.

9 Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joue is, laat dit joue bly!

10 Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan.Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos ’n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.

11 Neem togmy begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.

12 Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal langs jou trek.

13 Maar hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as ’n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee.

14 My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer inSeïr aankom.

15 Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die oë van my heer vind!

16 So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe.

17 Maar Jakob het naSukkot weggetrek en vir hom ’n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.

18 En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die land Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het — hy het sy laer voor die stad opgeslaan

19 endie stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke.

20 Daar het hy ook ’n altaar opgerig endit genoem: Die God van Israel is God.

GÉNESIS 34

Dina en die Sigemiete.

1 ENDina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken.

2 ToeSigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.

3 En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek.

4 Sigemhet ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou.

5 Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.

6 En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek.

7 En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief enbaie kwaad, omdat hy ’n skanddaad in Israel begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hou: so iets mag nie gebeur het nie.

8 Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou

9 en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters.

10 Bly maar by ons woon, endie land sal voor julle oop lê; woon entrek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin.

11 En Sigem sê vir haar vader en haar broers:Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.

12 Vra my ’n baie grootkoopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou.

13 Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader,met bedrog — hulle hetsogespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het —

14 en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons suster aan ’n man te gee wat die voorhuid het nie, wantdit sou ’n skande vir ons wees.

15 Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word.

16 Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word.

17 Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg.

18 En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor.

19 En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader.

20 Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:

21 Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die land woon en daarin rondtrek: die land lê mos alkante toe wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee.

22 Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder ons, besny word soos hulle besny is.

23 Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere — sal dit nie ons s’n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon.

24 En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem — almalwat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het.

25 Maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was, neem die twee seuns van Jakob,Símeon en Levi,broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.

26 Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek.

27 Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster onteer het.

28 Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels — wat in die stad en in die veld was — het hulle weggeneem.

29 En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was.

30 Toe sê Jakob vir Símeon en Levi:Julle het my ontroerdat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die land,die Kanaäniete en Feresiete, terwyl ek ’nklein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis.

31 Toe antwoord hulle: Hoe durf hy dan ons suster as ’n hoer behandel!

GÉNESIS 35

Jakob by Bet-el. Dood van Ragel en Isak.

1 DAARNA het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op naBet-el en woon daar; en bou daar ’n altaar vir die God wat aan jou verskyn hettoe jy op die vlug was vir jou broer Esau.

2 Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder dievreemde gode wat onder julle is, enreinig julle en trek ander klere aan;

3 en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ’n altaar bou vir die Godwat my geantwoord het op die dag van my benoudheiden by my was op die weg wat ek gegaan het.

4 Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en dieringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder dieterpentynboom wat by Sigem is.

5 En toe hulle weggetrek het, kom daar’n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.

6 So het Jakob dan inLus aangekom wat in die land Kanaän is — dit is Bet-el — hy en al die mense wat by hom was,

7 en hy het daar ’n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.

8 EnDebóra, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder dieeikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.

9 Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;

10 en God sê vir hom: Jou naam is Jakob;jy sal verder nie Jakob genoem word nie,maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.

11 Verder sê God vir hom:Ek is God, die Almagtige. Weesvrugbaar en vermeerder.’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.

12 En die landwat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.

13 Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.

14 En Jakobhet ’n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ’n gedenksteen van klip, en daarop ’ndrankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.

15 En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het,Bet-el genoem.

16 Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ’n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.

17 En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie,want dit is ook ’n seun vir u.

18 En toe haar siel uitgaan — want sy het gesterwe — noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.

19 So hetRagel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad naEfrat, dit is Betlehem.

20 En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is diegedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.

21 En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.

22 En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou,gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.

23 Die seuns van Lea was:Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon.

24 Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.

25 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.

26 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

27 En Jakob het by sy vader Isak gekom inMamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.

28 En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar.

29 En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenoteversamel, oud en afgeleef. Ensy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.

GÉNESIS 36

Esau se nakomelinge.

1 EN dit is die geskiedenis van Esau,dit is Edom.

2 Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, enOholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;

3 enBasmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.

4 En Ada het vir Esau gebaarÉlifas, en Basmat het gebaar Réhuel.

5 En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.

6 Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na ’n land, wég van sy broer Jakob af;

7 want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die landvan hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.

8 En Esau het gaan woon indie gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.

9 Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.

10 Dit is die name van die seuns van Esau:Élifas, die seun vanAda, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.

11 En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.

12 En Timna was ’n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaarÁmalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.

13 En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.

14 En dit was die seuns vanOholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau — sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.

15 Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,

16 die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Ámalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.

17 En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.

18 En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.

19 Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.

20 Dit is die seuns van Seïr,die Horiet, dieeersteinwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana

21 en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom.

22 En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.

23 En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam.

24 En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.

25 En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.

26 En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.

27 Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan.

28 Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.

29 Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,

30 die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr.

31 Endit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar ’n koning geregeer het oor die kinders van Israel:

32 Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.

33 En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.

34 En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.

35 En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.

36 En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.

37 En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.

38 En ná die dood van Saul het Baäl-Hánan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.

39 En ná die dood van Baäl-Hánan, die seun van Akbor, hetHadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.

40 Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet,

41 die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,

42 die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar,

43 die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.

GÉNESIS 37

Josef word deur sy broers verkoop.

1 EN Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän.

2 Dit is diegeskiedenis van Jakob. Josef het as seunvan sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers — hy was nog jonk — met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het dieslegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.

3 En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns; want hy was vir hom’n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ’n lang rok met moue gemaak.

4 Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.

5 Ook het Josef ’n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.

6 Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het.

7 Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop blý staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom enhulle voor my gerf neerbuig.

8 Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde.

9 Daarna het hy nog ’n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ’n droom gehad — die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.

10 Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ’n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek enjou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?

11 Ensy broers was afgunstig op hom, maar sy vader hetdie saak in gedagte gehou.

12 En sy broers het die kleinvee van hulle vader bySigem gaan oppas.

13 Toe sê Israel vir Josef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: Hier is ek!

14 Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal vanHebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom.

15 Daarop kry ’n man hom terwyl hy in die veld ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy?

16 En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my tog waar hulle die vee oppas.

17 Toe sê die man: Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het hulle hoor sê: Laat ons na Dotan gaan. En Josef het agter sy broers aan gegaan en hulle inDotan gevind.

18 En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak.

19 En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan!

20 Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: ’n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word.

21 ToeRuben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie.

22 Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, maar moenie die hand aan hom slaan nie —sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring.

23 En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het,

24 en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.

25 Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ’n reisgeselskapIsmaeliete wat uit Gílead kom — hulle kamele gelaai metspeserye enbalsem en gom — op pad om dit na Egipte af te bring.

26 Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sybloed verberg?

27 Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer,ons vlees. En sy broers het na hom geluister.

28 En toe dieMidianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal enJosef aan die Ismaeliete verkoop virtwintigsikkelssilwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.

29 Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daaropskeur hy sy klere,

30 en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun isnie daar nie! En ek, waar moet ek heen?

31 Toe neem hulleJosef se rok, en hulle slag ’n bok en steek die rok in die bloed,

32 en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie.

33 En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! ’nWilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!

34 Toe skeur Jakob sy klere en trek ’n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.

35 En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee,treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween.

36 En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.

GÉNESIS 38

Juda en Tamar.

1 IN dié tyd het Juda afgetrek, van sy broers af weg, enuitgedraai na ’nman van Adúllam met die naam van Hira.

2 En Juda het daar die dogter van ’n Kanaänitiese man gesien met die naam vanSua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan.

3 En sy het bevrug geword en ’n seun gebaar, en sy het hom Er genoem.

4 Daarna het sy weer bevrug geword en ’n seun gebaar en homOnan genoem.

5 En sy het nog weer ’n seun gebaar en hom Sela genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het.

6 En Juda het vir Er, sy eersgeborene,’n vrou geneem, en haar naam was Tamar.

7 Maar Er, die eersgeborene van Juda, het dieHeremishaag.Daarom het dieHerehom laat sterwe.

8 Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by dievrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer ’n nageslag.

9 Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.

10 En dit was verkeerd in die oë van dieHerewat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe.

11 Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: Bly ’n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woonin die huis van haar vader.

12 En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Judaklaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.

13 En hulle het Tamar te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer.

14 Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met ’n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie.

15 Toe Juda haar sien, het hy haar vir ’n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het;

16 en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?

17 En hy antwoord: Ek sal jou ’n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy ’n pand gee totdat jy dit stuur.

18 En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy:Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.

19 En sy het opgestaan en weggegaan enhaar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.

20 En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie.

21 Toe vra hy die mense van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.

22 Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie.

23 Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie ’n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie.

24 Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit,dat sy verbrand kan word.

25 Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdieseëlring en bandjies en staf behoort.

26 En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.

27 En toe sy sou baar, was daar ’ntweeling in haar skoot.

28 En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ’nrooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.

29 Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.

30 En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het homSerag genoem.

GÉNESIS 39

Josef bied weerstand teen die vrou van Pótifar.

1 EN Josef is afgebring na Egipte; enPótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ’n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van dieIsmaeliete wat hom daarheen afgebring het.

2 EndieHerewas met Josef, sodat hy ’n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.

3 En toe sy heer sien dat dieHeremet hom was, en dat dieHerealles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,

4 het Josefguns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee.

5 En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het dieHeredie huis van die Egiptenaar geseënter wille van Josef; ja, die seën van dieHerewas by alles wat syne was, in die huis en op die veld.

6 En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josefwas skoon van gestalte en mooi van aansien.

7 Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.

8 Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; enalles wat syne is, het hy aan my oorgegee.

9 Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen ensondig teen God?

10 En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,

11 kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.

12 Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

13 Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

14 roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ’n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;

15 en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

16 En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.

17 En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;

18 en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.

19 Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen — het hy baie kwaad geword;

20 en die heer van Josef het hom laat vang enhom in die gevangenisgesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.

21 MaardieHerewas met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys enhom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.

22 En die owerste van die gevangenishet almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen.

23 Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat dieHeremet hom was; en wat hy doen, het dieHerevoorspoedig laat wees.

GÉNESIS 40

Josef in die gevangenis.

1 NÁ hierdie dinge hetdie skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte,

2 sodat Farao baie kwaad geword het vir sy tweehofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers.

3 En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was.

4 En die owerste van die lyfwag het Josef by hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was ’n tyd lank in bewaring.

5 En hulle het altwee ’n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen ’n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het.

6 En Josef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle ontstemd was.

7 Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy heer, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig?

8 En hulle antwoord hom: Ons het ’n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle:Is uitlegging nie ’n saak van God nie? Vertel my tog.

9 Toe vertel die voorman van die skinkers aan Josef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar ’n wingerdstok voor my,

10 en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het hy gebot of sy bloeisel was uit, sy trosse het ryp druiwe geword.

11 En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee.

12 Toe sê Josef vir hom:Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae.

13 Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef — jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.

14 Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ’n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit;

15 want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs,en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie.

16 Toe die voorman van die bakkers sien dat hy ’n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: Ook in mý droom — toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof,

17 en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik.

18 Toe antwoord Josef en sê: Dit is die uitlegging daarvan — die drie mandjies is drie dae.

19 Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef — hy sal jou aan ’n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.

20 En op die derde dag,die verjaarsdag van Farao, het hy ’n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef —

21 hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee,

22 maar die voorman van die bakkers het hy opgehang — soos Josef dit aan hulle uitgelê het.

23 En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.

GÉNESIS 41

Josef verklaar die drome van Farao.

1 NÁ verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;

2 en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei in dierietgras.

3 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.

4 En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword.

5 En hy het weer aan die slaap geraak en nog ’n keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel;

6 en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was;

7 en die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ’n droom!

8 Dié môre wassy gees onrustig, en hy het al dietowenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.

9 Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag my sondes in gedagtenis bring.

10 Farao wasbaie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van dieowerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.

11 Enons het in dieselfde nag ’n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen ’n droom met besondere betekenis.

12 En daar was by ons ’n Hebreeuse jongman, ’n kneg van die owerste van die lyfwag — aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.

13 En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur — my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.

14 Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gouuit die gevangenisuitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.

15 Toe sê Farao vir Josef: Ek het ’n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy ’n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.

16 En Josef het Farao geantwoord en gesê:Niks vir my nie!God sal Farao ’n gunstige antwoord gee.

17 Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek hetin my droom gestaan op die wal van die Nyl,

18 en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras.

19 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.

20 En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet:

21 dié het in hulle maag ingegaan, maar ’n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.

22 Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel.

23 En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;

24 en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.

25 Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde.Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.

26 Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.

27 En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are salsewe jare van hongersnood wees.

28 Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.

29 Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland;

30 maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnoodsal die land verteer.

31 En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.

32 En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is — dit is omdat diesaak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.

33 Laat Farao dan nou uitkyk na ’n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.

34 Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.

35 En hullemoet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.

36 So sal dan die voedsel ’n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.

37 En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.

38 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie manin wie die Gees van God is?

39 En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.

40 Jý moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy.

41 Verder het Farao vir Josef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.

42 Toetrek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklerelaat aantrek en die goue ketting om sy halsgehang

43 en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor homuitgeroep: Pas op! So het hy hom danoor die hele Egipteland aangestel.

44 En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.

45 En Farao het Josef genoem Sáfenat-Panéag en aan hom Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland.

46 En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte,gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek.

47 En die land het met handvolle opgelewer in die sewe jare van oorvloed.

48 Toe het hy al die voedsel van die sewe jare versamel wat in Egipteland gekom het, en voedsel in die stede weggesit — die voedsel van die land wat rondom elke stad was, het hy daarin weggesit.

49 So het Josef dan ’n baie groot hoeveelheid koring opgehoopsoos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was ontelbaar.

50 En vir Josef is twee seuns gebore — voordat die jaar van hongersnood gekom het — wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.

51 En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want,het hy gesê,God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.

52 En die tweede het hy Efraim genoem; want,het hy gesê,God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.

53 Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in Egipteland was, ten einde gekom,

54 en die sewe jare van hongersnood het begin aankomsoos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood.

55 En toe die hele Egipteland honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê.

56 En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland.

57 En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde.